|
Hoog geleer en laag gedaal?Mvula YoyoGelewer tydens die KKNK Oopgesprek, 5 April 2006, Oudtshoorn Samesmeltings en “oornames” het beslis bygedra tot die uitdagings wat die universiteitswese gedurig in die gesig staar. Dit gaan hier nie slegs oor administratiewe aangeleenthede nie, maar – en veral – ook oor die soort programme wat op ons kampusse aangebied word. Alle betrokke sektore kom met agendas wat oor dekades opgestel en geďmplementeer is. Mens moet egter veral die moontlikhede wat ons hier aangebied word, beskou as ‘n geleentheid om iets positiefs daaruit te laat ontwikkel. Wat dergelike instellings betref, kan ons, hoe dit ook al sy, nie verwag dat dit “business as usual” gaan wees nie. Die rol wat universiteite speel / gaan speel, is dus vir ons – deur staatsbeleid – geherdefinieer. Dit gaan dus nie soseer daaroor of ons die veranderde rol aanvaar al dan nie, maar oor hoe ons die uitdagings daargestel hanteer. Ons kan dit nie meer bekostig om ‘n duidelike streep te trek tussen “critical engagement” en “sosiaal-maatskaplike betrokkenheid” nie. Ons het hier juis die geleentheid om daardie oppervlakkige grense te oorskry met die doel om ons ontwikkelende demokrasie vir almal ‘n werklikheid te maak. President Mbeki herinner ons telkens daaraan dat die werklikheid van hierdie land ‘n “two economies”-opset behels. Ons universiteite kan dus nie slegs konsentreer op “high level intellectual research” en brood-en-botter-aangeleenthede ignoreer nie. Ons moet ook die laer en laagste vlakke van gemeenskappe aanspreek; ons moet strukturele ongelykhede en armoede tromp-op loop in die opstel/ontwikkeling en implementering van ons akademiese programme. Positiewe en werkbare of praktiese insette kan gemaak word deur navorsingsprojekte wat op ‘n meer aktiewe wyse toegespits is op NRO’s, gemeenskapsorganisasies en plaaslikeregeringsaktiwiteite. Is sogenaamde high level research dan nou irrelevant? Inteendeel, ons wil en moet nog intellektuele produseer; daar moet en sal nog altyd plek wees vir die stimulering van die intellek – intellektuele debatvoering tot voordeel van die groter geheel – of is dit vergesog? Fokus op bogenoemde “issues” behels definitief kritiese diskoers wat tradisioneel beskou word as die domein van die universiteit. ‘n Neëntiende-eeuse beskouing van die rol van die universiteit wat die realiteite op voetsoolvlak ignoreer, moet beslis geproblematiseer word. Kan ons dit as Derde Węreld (wat die oorgrote meerderheid van ons landsburgers betref) bekostig dat ons instellings van hoër onderwys as ivoortorings beskou en ervaar word? Ons moet dit onomwonde stel dat ons geen kontradiksie sien tussen die strewe na sogenaamde “high level”-navorsing en die strewe om sosiomaatskaplike eise vanuit ‘n akademiese oogpunt onder die soeklig te plaas en sodoende ons sosio-ekonomiese uitdagings aan te spreek / op te los nie. Co-operative Education (aanvanklik slegs deur technikons aangebied) is stadigaan besig om ook in ons “tradisionele” universiteite ‘n belangrike en werkbare opsie te word. Deur co-op education word ons studente, onder andere, blootgestel aan omstandighede binne die werkplek, ‘n ervaring waardeur hulle vroeg al die geleentheid gebied word om die verhouding tussen die teorie en die praktyk vas te lę. Wat akademiese vryheid (lees ook outonomie) betref, moet ons ook daarteen waak dat dit nie slegs simbolies bestaan en dus op spreekwoordvlak ervaar word nie – dit moet uitgeleef word, op ‘n prakties-konstruktiewe wyse. Instellings moet hul personeel aanmoedig om – onder andere deur ‘n positiewe atmosfeer te skep – kritiese vakkundigheid te handhaaf, en om bestaande paradigmas te bevraagteken. Ons moet akademiese vakkundigheid besig binne die konteks van die betrekking van die gemeenskap. Akademici het ook die verantwoordelikheid en reg om staatsinstellings, werkersunies en die privaatsektor – insluitende die media – te kritiseer wanneer dergelike instellings hul rol binne die gemeenskap geringskat of op die een of ander manier nie gereg daaraan laat geskied nie. Genoemde vryheid van spraak kan egter ook misbruik word, en dan is die onus weer eens op kollegas binne die akademie om sodanige misbruik aan die kaak te stel. Standaarde, oftewel die gebrek daaraan, kan beslis nie as ‘n onveranderlike gegewe beskou word nie. “Standards are socially mediated constructs.” ‘n Liggaam soos SAQA het in hierdie verband ‘n belangrike rol te speel om te verseker dat standaarde nie slegs arbitręr gestel word nie, maar dat “mediation” wel in die proses plaasgevind het. Subjektiwiteit is ook ‘n belangrike faktor wat in ag geneem moet word wanneer standaarde aangespreek word. Dan is daar natuurlik ook “instelling-spesifieke” aangeleenthede, byvoorbeeld jou “Engelse” of “Afrikaanse” en sogenaamde “bush”-universiteite. ‘n Instelling soos SAQA behoort hier dus ‘n onpartydige rol te speel om te verseker dat reg geskied laat word aan hierdie standaarde. Dit is verder belangrik om daarop te wys dat die stel van standaarde (van watter aard ook al, en veral ook akademiese standaarde) nie as ‘n moment bestempel kan word nie, dit is ‘n proses. Die bewegings en woelinge wat tans die hoëronderwys-sektor karakteriseer, bied nie slegs soms onmoontlike uitdagings nie, maar gee ons ook die geleentheid om, onder andere, ons kurrikula opnuut onder die vergrootglas te plaas. Baie akademiese instellings is tans opnuut besig met hierdie proses en behoort daarvoor geloof te word. Op die vraag of universiteite relevante instellings is, kan ek u beslis die ja-woord gee! Die gevaar bestaan egter dat deur ‘n ivoortoring-beeld te reflekteer en dus ontoeganklik te wees vir die navorsing van eietydse sosio-ekonomiese probleme, produkte en produseerders (lees gegradueerdes en akademici) van hierdie instellings gekarakteriseer kan word as “hoog geleer, en nęrens geland”.
Dr Mvula Yoyo is verbonde aan die Universiteit van Fort Hare
Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SęNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |