SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Stop press: Nog verdagtes aangekeer in Kerkorrel-dood

Charl-Pierre Naudé

Elvis Presley. Jim Morrison. Jim Reeves. ’n Hele optog ander name. Wie het hulle vermoor? Watter komplot skuil daaragter?

Dis nou as hulle regtig dood is … Veral in Kerkorrel se geval. Sy lyk is mos weer opgegrawe en elders herbegrawe, nie waar nie? Dat niemand nog ’n dokumentęr gemaak het oor “Is Kerkorrel regtig dood?” nie, het dalk slegs te doen met die gebrek aan tydsverloop sedert sy dood, die gebrek aan wasem ...

’n Opvallende kenmerk van populęre kultuur is die histerie en moontlikhede vir fetisjering wat dit kan opwek. Dit gaan gewoon nie oor feite in die eerste plek nie, of oor die mense en kunstenaars wat die fokus is nie, maar oor die kapasiteit vir populistiese projeksie wat gebied word.

Dit gaan hier oor die roman wat Jan Alleman besig is om te skryf. Oor Sarie Marais se movie. Inderdaad oor Deon Maas se dokumentęr.

Fetisjering is ’n interessante verskynsel: dis gebeur wanneer die “verborge essensie” van iets opgesoek word deur middel van doelbewuste verstrooiing.

Sielkundiges sou kon redeneer dis ’n manier waarop begeerte vrye teuels kry sonder om aan bande gelę te word deur die objek van die begeerte. En daar is wesenlik niks mee verkeerd nie. Dit maak deel uit van elke lewe. Dis veral deel van populęre kultuur.

Maar wat nou as jou fetisjering ’n ander se waardigheid aantas? As dit gebeur sonder hulle toestemming of deelname? Dink aan die outjie wat aan die meisies se fietssale ruik. Wat van as ’n fetisjis moord pleeg?

Of – iets wat nie so ver verwyder is daarvan nie – as jy iemand anders as ’n moordenaar voorstel … to get your rocks off? Of dit laat lyk dat ’n persoon ’n hand had in ’n ander se dood, sonder klinkklare bewyse? Mmm? Is dit reg?

Vraag: Waarom sou enige iemand ’n moordenaar wou vind vir Johannes Kerkorrel? Antwoord: Want Suid-Afrika het hom vermoor. Ons almal saam.

Jip, Uit die Blou van Onse Hemel, homselwers. Laat ek verduidelik.

Maar eers: die “vrae” wat die dokumentęr vra, lyk myns insiens alles na dubieuse omstandigheidsgetuienis. Kerkorrel se bloed was aan albei voorste sitplekke van sy motor. Waarom? Omdat hy aan die ander kant van die kar uitgeklim het. Daar kan ’n honderd goeie redes voor wees.

Hy was ’n vredeliewende mens wat nooit so gewelddadig sy eie lewe sou neem nie … Maar hy was ook volgens getuienis ’n musikant wat aan wordende doofheid gely het. Voeg daarby ’n geneigdheid tot depressie en die opkropping van woede – wat duidelik uit die dokumentęr blyk – en jy het ’n resep vir ekstreme frustrasie. Voeg nou daarby die tienpondhamer van finansiële frustrasie, wat volgens ingeligte bronne ’n onbetwisbare feit is. Vir sy laaste optrede in Stellenbosch het hy na bewering slegs R780 gemaak.

Die getuienis rondom die selfmoordnotas, die rekenaars en die testament mag hoogstens daarop dui dat die moontlikheid van bedrog deur iemand na aan hom ondersoek sou kon word. Sy minnaar is iemand wat deur die dokumentęr verdag voorgestel word in die dood van Kerkorrel. Daar kan wat betref die vrae rondom Kerkorrel se dood goeie redes vir die moontlikheid van bedrog (met die testament) bestaan. Die persoon sou kon bewus gewees het van Kerkorrel se selfmoordagtigheid. So iets kan geweldige angs by ’n naasbestaande skep. Maar dan moet dit nog bewys word dat sodanige “bedrog” wél plaasgevind het en dat dit ook kwaadwillig was.

In Engels praat mens van “casting aspersions” – om iemand anders se reputasie te beklad, of om ’n persoon te beswadder sonder voldoende bewyse. Dit gebeur daagliks hier. A day in the life of South Africa sou in ’n land soos Amerika tot ’n bottelnek van siviele klagstate lei.

My eie ingeligte bron wou my vraag nie beantwoord oor die bewering – deur ’n ander ingeligte bron – dat Ralph Rabie Vigs gehad het nie. Bron nr 1 was absoluut oortuig daarvan dat finansiële druk die enigste rede vir selfmoord was.

Maar mens sou dink dat ’n verantwoordelike dokumentęr meer pertinent sou ingegaan het op die Vigs-bewering. Wat het van die verdwene bloedmonsters geword wat by die nadoodse ondersoek geneem is? Rabie se naasbestaandes had – vanuit my eie (relatief oningeligte) buitestaanderoogpunt – eng idees oor waardigheid. Sy graf is dan opgediep omdat dit na bewering te naby aan ’n plakkerskamp geleë was.

Punt is: Rabie was vir geruime tyd voor sy dood nie homself nie. Hy het siek en afgerem voorgekom vir vele mense. En dis ’n alombekende feit dat Vigs ekstreme, tydelike toestande van dementia kan skep – wat die wyse van sy dood sou kon verklaar. Helaas, dit sou geloofbaar genoeg wees om bloot depressie te noem as ’n oorsaak vir Kerkorrel se selfmoord.

Ou Bloues. Uit die Blou van Onse Bloues. Wat uit die Dieptes Antwoord gee. Kerkorrel se selfmoord hang nóú saam met die feit dat hy ’n kunstenaar was vanuit sy Suid-Afrikanerskap. ’n Suid-Afrikanerskap wat oornag oorgegaan het van ’n rewolusionęre staat na ’n postrewolusionęre staat. Wat sou dit ingehou het vir ’n kunstenaar soos Kerkorrel?

Hy was in sentiment ’n kunstenaar van die rewolusie. In sy musiek het hy “sosiale oorgang” bepleit. Hy was selfs volledig afhanklik van hierdie plasing – in Suid-Afrika het hy op grond daarvan kontrakte gekry, in die Benelux-lande roem. In die dokumentęr sę die swart promotor reguit dat hulle in Kerkorrel belang gestel het weens sy sigbare opposisie teen apartheid. Kunstenaars, selfs dié wat die oorgang nie steun nie, voel belangrik voor ’n rewolusie – die afwagting en die verwagting, dis die metier van hulle siele.

Vir die rewolusie – enige rewolusie – is kunstenaars en skrywers, veral popkunstenaars, uiters belangrik. Hulle is bo aan die eregaslys. Hulle is inderdaad die papegaaie van verandering, die buiksprekers, die extension cords.

Maar moenie glo nie.

Vir die “postrewolusie” – enige postrewolusie – is hulle (met enkele betergeplaaste uitsonderings) heel onder aan die lys. Onbetroubaar en verdag. En ’n las. En as daardie ommekeer implisiet is en nie onomwonde gesę word nie, is dit net soveel meer voelbaar. Hulle is die vorige act se handskoene in die poppekas. Tot verdere kennisgewing. ’n Kennisgewing wat nie opdaag nie.

Sommige praat van die Majakofski-sindroom. Die digter Wladimir Majakofski was die stem van die Russiese rewolusie, maar het kort daarna sy eie lewe geneem “na ’n uitval met sy beminde”. Heel waarskynlik “geknel oor geld” ook.

Die sosiale stramien verander dus radikaal vir kunstenaars, veral vir dié wat baie hoop vir hulself gekoester het. Des te meer vir “wit” kunstenaars. Nóg meer, vir dié wat kom uit ’n “NIE voormalig besonder bevoorregte” stand ...

Die oorvereenvoudigings van rewolusie is dodelik vir baie kunstenaars. Suid-Afrika het Johannes Kerkorrel vermoor, indien enige iemand.

En die media. Dit wat hom aanvanklik gevoed het. Hy wou sy skuilnaam, Kerkorrel, weer verruil vir sy eie naam – hy het. Die sentiment in “Kerkorrel” was te nou opgesluit met “verandering” en opstandigheid. Hy het gesoek na ’n herplasing binne sosiale verband.

Maar die projeksie was te sterk. Die projeksie van andere. Die projeksie van die media. Die Maas-dokumentęr is maar die jongste voorbeeld.

Rus in vrede, Ralph Rabie.

G’n kos vir sulke lelle. I’ Afrika.

LitNet: 12 September 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SęNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.