SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Susan Samuel vra ’n ouderdomsbeperking vir Kaktus

“Jong, dit was fókken warm,” is die standaardantwoord wanneer jy vir iemand op die Karoofees uitvra oor ’n spesifieke vertoning of konsert. Dit wil voorkom asof die meeste mense deur die shows geworstel het en hoogs verlig die beswete skoolsale weer uitgestap het. Met ’n mate van sekerheid sal ’n mens kan sê die grootste sukses van die fees was die korter vertonings. Dan weer, selfs ’n halfuur in die bloedige Karoohitte toets enigeen se kultuurliefde!

Ek het ’n kaartjie vir Die Man Daaronder met Marius Weyers máánde voor die vertoning gekoop en goed daaroor opgelees. Ek was so gereed en opgewonde daaroor soos wat ’n mens kán wees.

Daardie middag is Kaktus se nagevolge goed afgeslaap en selfs die ablusieblok is voor die tyd aangedurf om seker te maak dat ek inpas in die gesofistikeerde crowd wat gaan opdaag. Frisvars en flatervry beweeg ek dus skemeraand op na die skoolsaal waar ek tot my ontsteltenis nie eers by die hek kon inkom nie, so lank is die tou. En daar is nie spesifieke plekke op die kaartjies aangedui nie.

Ek kry ’n sitplek in die middel, heel agter, net toe die vertoning begin. Die eerste ding waarvan ek bewus word, is Sonja Heroldt se stem wat vanuit die sportterrein aan die ander kant van die dorp “Skipskop” huil. Teen hierdie tyd is die gehoor ook al bewus daarvan en daar daal ’n geskokte en depressiewe stilte neer wat duur tot aan die einde van die toneelstuk.

En dit wás fokken warm. Tussen die geswetery moes Marius Weyers amper skree om hoorbaar te wees bokant die Gloria ’99 wat uit die dorp uit basuin. En ten spyte van al die moeite, die geld, die entoesiasme en die opgewondenheid, kon ek my oë nie oophou tydens die show nie! Maak nie saak hoe ongemaklik ek geprobeer sit het nie, niks het die stryd teen die slaap makliker gemaak nie. Eers toe ek sopnat opstaan ná die gedempte applous — niemand wou te lank klap nie uit vrees om ’n plek in die paadjie uit buitentoe te verloor — het my eertydse energie teruggekeer. Toe ek die koel lug buite voel, kon ek nie help om te wonder wat ek op Oudtshoorn kom soek het nie.

Dat daar nie twee ingange vir Kaktus was nie, gaan my verstand te bowe. Één ingang vir diegene mét kaartjies en een ingang vir diegene sonder kaartjies. Dis mos logies!!! Die hele invloei van mense sou ook dan beter beheer kon word.

Miskien moet daar ook in die vervolg maar ’n ouderdomsbeperking geplaas word op ’n gatskoppende konsert soos Kaktus. Die groot aantal middeljarige besnorde mans en blonde vroutjies in goue juwele en goue sandale, met coolbags en toebroodjies vir die kinders, wat vererg opgespring het toe Brasse vannie Kaap op die verhoog gespring het, is ’n aanduiding dat hul mentaliteit sowel as hul vlak van nugterheid nie ooreengestem het met die nieamptelike vlak wat aanvaarbaar was op Kaktus nie.

Dit was verreweg die hoogtepunt van die fees, maar dit kan in die toekoms al hoe meer gespoil word deur die verkrampte element wat so dikwels met die arrogansie van middeljarigheid intree!



Was dit ’n fees wat Afrikaanswees gevier het? Of was dit eerder ’n fees wat die algehele kômmengeit van die gemiddelde mens gevier het?

Die organiseerders doen elke jaar hul uiterste bes om die oppervlakkige feesganger te betrek by die “hogere kultuurverskynsels” soos uitstallings en besprekings — iets anders as Maak ’n las en Patricia Lewis en Jurie Els.

’n Mens kan die sotlike besluit om Steve Hofmeyr te laat poësie lees, beskou as ’n desperate poging om ’n groter gedeelte van die gemiddelde feesganger by poësievoorlesings te kry. ’n Besluit wat kwaai gebackfire het, aangesien die paar poësiebelangstellendes darem ook hul standaarde het en voel dat enige geleentheid waar Jan Afrika vóór Steve op die program is, nie bygewoon behoort te word nie!

Steve moes maar ’n plan B byderhand gehou het, soos ’n plekkie op Die Konsert, sodat die arme feesgangers nie so gepynig is deur ’n “Steve-lose” fees nie! Aan die ander kant lyk dit nie asof hy vreeslik gemis is nie. En dan kan hy nie eens deel word van daardie groot getal digters wat níe fees toe kom nie, hulle wat so diep oortuig is dat hulle ’n leemte laat. Die kwalifikasie daarvoor is darem digterskap en nie bundelskap nie!

Die boekefees by die CP Nel museum en die uitstekende installasie uitstallings in die hoofstraat is ander pogings om die kômmen kultuur te laat skouers skuur met die meer ontwikkelde kunsvorme. Die probleem met postmodernisme is dat dit moeilik is om vir ’n kômmen feesganger te verduidelik hoekom dit kuns is. Veral as die verduideliking nog geléés ook moet word! Nadat ek ’n paar wit jongmanne (of jong witmanne) se uiters idiotiese aanmerkings oor die uitstalling gehoor het, het my moed gedaal. Dit werk eenvoudig nie. ’n Oppervlakkige mens bly oppervlakkig, ongeag die taal waarin dit geskied.

Tog.

In watter ander kultuur is dit aanvaarbaar vir ’n oom met bierpens en oliekop om hom te vereenselwig met iets soos ’n kunstefees? Wat bereid is om sy woonwa te pak en die geld uit te ry saam met sy onuithoudbare familie na iets wat uitsluitlik gemik is op sy kunssinnige sy? Alhoewel daar vir hom voorsiening gemaak word deur Tolla en Vriende, word hy tog nou en dan gekonfronteer deur ’n soort kunsvorm; of dit RSG se musiek is of straatkinders se liedjies, iewers is die kuns tog lewend?

Dit is dalk die Karoofees se grootste waarde. Die fees kan vergelyk word met ’n kerkbasaar, ja. Dit kan ook vergelyk word met ’n landbouskou. Dit kan vergelyk word met ’n toneelfees, of dalk ’n musiekfees. Dit kan vergelyk word met ’n skoolpouse waar al die cool kinders die hele tyd saamkliek, terwyl die ander in bewondering toekyk, maar nooit deel word nie. Dit kan vergelyk word met ’n politieke byeenkoms waar almal wat afkak onder die nuwe regering bymekaarkom om hul wonde te lek.

Dit is tog maar alles deel van die Afrikaanse kultuur, nie waar nie? Is u as leser van hierdie beskrywing tog nie Afrikaans magtig nie; kom u agter dat die verwysings wel aan u bekend is ...? Dis omdat dit alles deel van u kultuur is. En dis ’n pynlike besef.

Ek staan by ’n verlate stalletjie, weggesteek van die res van die kermisagtige sale. Ek koop vir my twee pakkies van die oulike Drukkersduiwel-kondome. Die een is Pollie ons gaan Pêrel toe met die Taalmonument op die pakkie, terwyl die ander een Aspoestertjie heet met ’n heksie voorop. Toe ek wegstap, verby twee middeljarige mans, sê die een vir die ander een: “Nou wie sal háár wil naai?”

Ons mag miskien nie meer die mag hê in die land nie, maar in hierdie dorp sal ons steeds besluit wie genaai mag word en wie níe.



Niemand moet tog onder die illusie verkeer dat die onverligtes “verlig” kan word op die Kunstefees nie. Selfs al is ’n mens gewoond aan die verkrampte kliekerigheid van Stellenbosch, word jy verbyster deur die outoritêre chauvinistiese kinderagtigheid van ’n groot groep Afrikaners op die fees. Soos ’n kind wat raas gekry het oor hy met ’n plug speel en nou aanhou potlode in die gaatjies bly druk. Ek moet erken dat ek vergeet het dat daar nog sulke mense bestaan. Miskien het ek net gehoop dat hulle almal al uit die land is. Sommige is blatant rassisties, so asof die fees ’n verbygaande era herdenk en daarom al die taboes van alledaagse lewe toelaat. (Dít, terwyl so baie van die Afrikaners geprobeer het om Afrikaans van Apartheid te skei.)

Kan ’n mens ’n fees vir Afrikaans hou en daarmee al die rassistiese etters in die land uitsluit? Helaas, nee.

Die kaartjies vir die lesing oor die Anglo-Boereoorlog is uitverkoop toe ons by die Starlight Cinema opdaag. My boyfriend roep oor die skares se koppe dat hy bereid is om dubbeld te betaal vir ’n kaartjie. Geen reaksie. Diegene met kaartjies hou wat hulle het.

Deur die ingang ontplof Kannemeyer met ’n kortbroek aan. (Dis vreeslik warm.) By die toonbank hoor hy alles is uitverkoop en ’n oomblik wonder ek hoekom hy nie so devastated lyk soos die res van ons nie. Binne ’n paar sekondes sien hy egter ’n (ander) bekende en sonder seremonie word hy die volgepakte cinema ingelei.

Daar was net 120 plekke. Na aanleiding van die talle intellektuele, kunstenaars, bekendes, slimmes en oulikes wat opgedaag het, was die saal vol “spesiale mense”, diegene wat in elk geval rondom koffietafels met mekaar praat. Ons honderde gewone mense — wat kon doen met ’n intelligente gesprek of twee — het toe maar gaan drink êrens waar Worsie Visser oor die speakers loei ... en skouers geskuur met die ware mede-Afrikaanses.



[Dit is ’n totaal subjektiewe vertelling van die skrywer se onbelangrike ervaringe by die KKK hierdie. Enige emosionele uitsprake is gemaak in die hitte van die oomblik en diegene wat verskil oor onbelangrike feite in ’n onbelangrike paragraaf kan so doen in die ruimte van hul eie onbelangrike lewens.]

Geskryf en deurgemaak deur Susan Samuel

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.