SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die Internet: hoe raak dit werklik ons kinders se lewens? Maak dit van hulle amorfe węreldburgers? En wat is ’n Afrikaanse węreldburger in ieder geval?

Stefanie Hefer

Die Burger-lesingreeks, KKNK, April 2002

Gebruik die Internet en praat saam!


Die konteks waaruit ek praat
Ek werk in ’n sentrum in Kaapstad saam met ’n span opvoedkundiges wat opvoedkundige (huiswerk-) steun in Afrikaans en Engels vir Suid-Afrikaanse leerders skep en verpak vir die Internet. Maar tweedens, en toenemend belangrik, leer ons vir skoolgroepe en onderwysers hoe om sin te maak van die oorweldigende aanslag van die Internet: hoe om dit veilig, sinvol en kurrikulęr gefokus in hul klaskamer en lewens in te bring.

Ek is nie ’n opvoedkundige nie, en sou myself as tegnologies huiwerig beskryf, maar ek is onbeskaamd oor my inligtingafhanklikheid. En met die koms van die Internet — die grootste markplein van inligting en die uitruil daarvan — het ek onvermydelik ’n Internet-evangelis geword. (Dis hoe ek vanoggend op dié straathoek in Oudtshoorn beland het ...) En ek glo dat ’n kind wat gewapen is met inligting en inligtingsvaardighede, ’n ingeligte besluitnemer word wat die węreld in die oë kan kyk en ’n waardevolle bydrae tot die samelewing kan maak ...

Ek en my span fokus dus, soos ek sę, al hoe meer op fasilitering van die ontmoetingsproses tussen die kind en die inligtingsbank wat die Internet in ons almal se voorhuise kom deponeer het. Ek wil juis die gesprek afbring aarde toe en die medium en ons omgang daarmee prakties bespreek. Ek grond my opmerkings, aanmerkings en vrae vir die doeleindes van hierdie gesprek dus op my daaglikse ervaring van hierdie bemagtigingswonderwerk wat voor ons afspeel in ons Internet-sentra.


Wat is ’n Afrikaanse węreldburger?

  • Dis iemand wat sy plek in die lewe kan inneem en ’n bydrae op soveel fronte moontlik kan maak.

  • Dis iemand wat nie sukkel met ’n onderrok van “agterstand” wat uithang nie. Inteendeel, dis iemand wie se agtergrond hom telkens na die voorgrond dwing.

  • Dis ’n tegnologies onverskrokke persoon.

  • Dis iemand wat intelligente en ingeligte besluite kan neem.

  • Dis ’n inligtingsgeletterde persoon, dws iemand wat erken dat hy ’n behoefte aan inligting het.

  • Dis iemand wat krities kan dink.

  • Dis iemand wat boekekennis prakties kan toepas, dws wat uit inligting vaardighede en lewensvaardighede kan ontgin.

  • Dis iemand wat probleemoplossingsituasies kan gebruik (ervaring dus kan herbenut).

  • Dis ’n onafhanklike, selfversekerde deelnemer aan en bydraer tot die land- en węreldekonomie.

    En die verwysings wat gemaak word na die gevare dat węreldburgerskap jou identiteitsloos sou maak?
    In ’n mate bestaan hierdie gevaar tog maar altyd, afhangende van die individu, die konteks, die keuses, die omgewingsdruk. Ek dink hier aan die frustrerende identiteitsverlies wat soveel mense ondergaan met die Amerikanisering van hul klere- en musieksmaak, die rolprenthelde, die stokperdjies, die lingo.

    Maar vir die doeleindes van hierdie gesprek wil ek die Internet meer vergelyk met die mulitvlakkige verruiming en verryking wat ’n buitelandse reis of stimulerende kontak met ’n totaal onbekende invloed van buite op ’n mens se lewe het.

    Hier dui alles vir my daarop dat hoe meer kontak jy met ander kulture en intellektuele standpunte het, hoe beter leer jy jou eie verstaan en begrens en beskryf. Hoe meer jy jou in volksvreemde omstandighede bevind, hoe meer begin jy voel: maar ek wil ook my stem laat hoor; ek wil verduidelik waaroor ek en my unieke węreld gaan.

    Kontak met ander kulture — op die Net of op reis — erodeer nie jou gevoel van nasionalisme nie. Inteendeel. Dit laat jou skielik jou menswees begrens en definieer en verdedig en prosaďes verduidelik. Trouens, niks versterk jou sluimerende nasionalisme soos kontak met “ander” nie; maak jou meer vasberade om jou herkoms en kultuur te verteenwoordig nie.

    Net ’n terloopse gedagte hier: Vir ’n kind om van die platteland stad toe te trek of universiteit toe te gaan verg dieselfde oorlewingsvaardighede as dit waarmee hy gekonfronteer word wanneer hy ’n oorsese reis aandurf of die Internet-hoofweg begin platry. Dit bedreig nie sy burgerskap en identiteit nie — dit gee hom bloot ’n groter platform vanwaar hy sy burgerskap kan laat geld.


    Wat doen die internet vir kinders? En wat KAN dit vir kinders doen?
    Hier moet ons net let op die klemverskille tussen rekenaars en die Internet: rekenaargeletterdheid leun swaar na die tegniese-vaardigheidskant, waar Internet-vaardigheid ’n baie sterker klem op inligtingsbenutting plaas. ’n Kind wat rekenaarwetenskap as vak neem of wat rekenaargesteunde onderrig ontvang mbv kurrikulum-gebaseerde steun op CD-Rom, is nie ’n Internet-bemagtigde kind nie.

    Hierdie verwarring lei myns insiens tot ’n ongelukkige situasie waar skole, ouers en onderwysers glo dat deur ’n rekenaar voor ’n kind neer te sit en hom te leer om dit te bedryf, jy hom genoegsaam toerus vir wat voorlę. Inderdaad nie, soos Gretha Bosiers van Integrated Educational Technology Support die afgelope week by ’n konferensie in Potch aangevoer het.

    Sy het by die pas afgelope International Conference of Technology and Education wat hierdie week in Potchefstroom plaasgevind het, die volgende baie insiggewende nuwe betekenis aan “haves” en die “have nots” gegee, met oorgenoeg gevaarligte:

  • Sy wys daarop dat die “buzz word” van vandag die digitale skeidslyn of digitale gaping is (“digital divide”) tussen dié wat “het” en dié wat “nie het nie”.

  • Om te kwalifiseer as ’n “have” mbt die digitale skeidslyn bedoel sy nie of jy ’n rekenaar en tegnologie het of nie; dit gaan uitsluitlik oor wat jy met daardie masjien DOEN.

  • Uit 40 skole in SA wat almal rekenaars en deftige rekenaarlokale het, het net een dit (volgens haar maatstaf vir “haves”) korrek gebruik.

  • Met “korrek gebruik” bedoel sy: ’n skool waar ’n paradigmaverskuiwing gemaak is, waar leerders danksy Internet-gekoppelde rekenaars aktiewe, lewenslange leerders word wat by ’n globale intelligensie inprop en aansluit as en wanneer hulle die behoefte het. Dis leerders wat, die oomblik wanneer die ligte aangaan mbt ’n ingewikkelde konsep in hul leerplan, die konsep kan weeg, nagaan, toets, bespreek. Daardie skool skep dus leerders wat vir hulself kan dink, vs passiewe leerders wat eenrigting-, geslotebaan-inligting ontvang. Dit terwyl die kurrikulęre verskuiwing in ons onderwysstelsel juis daarop gemik is om, dmv aktiewe, volgehoue leer, onafhanklike, selfversekerde, lewenslange leerders te skep.

  • Waar op hierdie digitale skeidslyn bevind die Afrikaanse ouer hom of haar? Hier kan ek net opmerk dat Afrikaanse huisgesinne volgens ’n Internet-navorsingspeiling verreweg die meeste rekenaars in hul huise het. Maar dit is ook die taalgroep in die land wat die laagste Internet-koppeling het.

  • Afrikaanse huishoudings en skole bevind hulle dus nog grootliks aan die “have not”-kant van die digitale skeidslyn. En die gevaarlike deel van hierdie feit is dat ons in die waan verkeer dat ons heel voor is en dat ons kinders met die bestes ter węreld sal kan meeding. Hier wag dus iewers langs die pad ’n grusame skok.

    Ek het vroeër vlugtig verwys na geslotebaan-opvoeding. Ek wil dit stel teenoor die oopkantige, oneindige aanbod van die Internet wat ’n lewenslange leerproses in die hand werk. Die onderwyser verdwyn hoegenaamd nie uit die prent nie — sy rol verskuif bloot van dié van instrukteur na dié van fasiliteerder wat die kind moet vang as hy val of vashaak. En om dit te kan doen, moet hy natuurlik gemaklik raak met die medium, en met die oopheid en die optimale benutting daarvan.

    Leer kan eintlik net plaasvind wanneer die kind met alternatiewe gekonfronteer word, en dit is, by uitstek, wat die Internet potensieel en oneindiglik kan bied.


    Wat is die waarde van die Internet werklik ons kinders se lewe?
    Ek beantwoord dié vraag met ’n paar voorbeelde wat hulle in my lewe afgespeel het in die afgelope vier maande.

  • Die feit dat ons in ’n skoolkoerantkursus vir ’n groep skooljoernaliste hul skoolkoerant-webwerf op een skerm kan vergelyk met dié van 30 ander skoolkoerante węreldwyd (en sommer die New York Times s’n ook) en 30 ander skoolkoerante wereldwyd.

  • ’n Graad 3-kind wat die verwantskap tussen Napoleon Bonaparte en Groot Constantia Wynkelder kry.

  • ’n E-pos in perfekte Engels uit Groenland wat navraag doen oor en kontak vra met kinders van Namibië van iemand wat hulp soek met ’n skooltaak oor Kersfeesvieringe węreldwyd.

  • ’n Afrikaanse ma wat e-pos uit Richardsbaai op soek na inligting in Afrikaans oor swarttobies vir haar kind se skooltaak. Hul plaaslike bib het niks. Op die Internet? Oor die 60 artikels — in Afrikaans, vars, uit ’n betroubare bron, met foto’s, selfs met ’n plek waar jy ’n kundige daar en dan daaroor kan raadpleeg.

  • ’n 8-A kind uit ’n top-skool wat na ’n hele dag se werksessie met landbouskoolkinders uit die Noordkaap sę die waardevolste was die “networking” en om te stoei met kinders wat met dieselfde tegniese probleme as hy sukkel by die skool

    Maar dis by die toetrede tot en benutting van die medium wat die wiele afval en verwyte en vrese rondgegooi word oor die gevare van die Internet.

    Goed en wel — maar die verrassing (moontlik) vir ouers is dat hul kind se morele weerbaarheid steeds hul ouerlike plig en verantwoordelikheid bly. Jy laat jou kind in ’n winkelsentrum ronddrentel, of Hermanus toe gaan vir ’n matriekvakansie — hoekom? Omdat jy vertrou dat hy tussen goed en kwaad kan onderskei, en ingeligte besluite sal kan neem.

    Presies dieselfde beginsels geld vir die gebruik van die Internet. En ouers is nie besig om na die partytjie te kom nie. Min dinge maak ’n kind so doof as wanneer sy ouers hom waarsku teen iets wat hy voor sy heilige siel weet hulle totaal niks van weet nie. Dit enersyds. Andersyds is ons besig om ons kinders heeltemal te versaak op ’n plek in hulle lewens waar hulle regtig nodig het om te kan kom vra.

    Soos met enige ontwikkelingstap in ’n kind se lewe het hy leiding nodig om hom moreel weerbaar te maak om ingeligte besluite te maak wanneer dit nodig word op die Internet. ’n Ouer sal mos nooit ’n jong kind sonder ’n motorlisensie op ’n snelweg loslaat nie. Hoe op aarde kan ons dan verwag dat ons kinders die inligtingsautobahn van die Internet moet oorleef sonder begeleiding? Sal jy ’n negejarige buite die New Yorkse stadsbiblioteek gaan aflaai om navorsing vir sy huiswerk te doen sonder enige hulp of chaperone? Dis tog onsinnig.

    Ons het nodig om ons kinders die skopfiets reg te leer ry sonder dat hy sy nerwe afval, en hopelik só behendig en vinnig dat niemand hom ooit weer inhaal nie. Ek neem aan dat ons dit eens is dat ouers ’n opvoedingstaak het wat behels dat hulle hul kinders so goed moontlik moet voorberei om hul plek meer as vol te staan in die lands- en węreldekonomie. En dit impliseer dat kinders inligtingsgeletterd MOET raak.

    Filosofeer kan ons natuurlik vir altyd oor die voor- en nadele van hierdie golf wat oor ons breek, oor die potensiële morele korrupsie wat dit sou kon impliseer, oor hoe dit ons kinders in amorfe węreldburgers sou omskep. Maar ek vrees dat te veel mense — en hier verwys ek veral na die Afrikaanse ouers — uit onkunde nog van ver af kyk en debatteer oor of hulle daardie tree gaan gee of nie My pleidooi is: Raak betrokke by die Internet, raak ’n gestimuleerde en stimulerende ouer. Lig jou kind uit die wet van gemiddeldes.

    Slotopmerking
    Internet is die groot reddingsboei vir kulture — die Afrikaanse kultuur, taal, publikasies, kommunikasie veral. ’n Virtuele gemeenskap ken geen landsgrense nie, en publikasies wat nooit weer in druk sal wees nie, kan nou van die Internet af aangekoop en op jou eie drukker uitgedruk word.

    Engels maak maar 54 persent van die gebruikstaal op die Internet uit — kleiner tale en gemeenskappe kry JUIS hier die geleentheid om hulself passionately uit te leef, te bou en te groei. Die Net hou tale en kulture aan die lewe wat voorheen afhanklik was van geografiese kontak.


    Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SęNet by katvis22@yahoo.com

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.