|
Harry Potter laat Afrikaanse lesers saam toorSuzette KotzéHarry Potter en die towenaar se steen (pp 195) en Harry Potter en die kamer van geheimenisse (pp 219) deur J K Rowling. Daar is Moggels en daar is mense. Moggels is ook mense, maar hulle kan nie toor nie. Aldus die węreld van Harry Potter, die elfjarige kinderboekheld wat lesers węreldwyd stormenderhand verower het. Die eerste twee Harry Potter-boeke, Harry Potter en die Towenaar se Steen en Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse, is nou danksy die uitgewer Human & Rousseau ook in Afrikaans beskikbaar, en watter wonderlike wins is dit nie vir alle Afrikaanse lesers nie! Die verhaal oor hoe Harry Potter ontstaan het, is eintlik al oorbekend: hoe die skrywer, Joanne Rowling (volgens n bemarkingsbesluit word die boeke gepubliseer onder J K Rowling), as geskeide enkelma van Portugal teruggekeer het na Skotland, waar haar geld so skraps was dat sy nie eens verhitting in haar woonstelletjie kon bekostig nie. Sy het daagliks gaan sit en skryf in n koffiewinkel daar naby, haar babadogtertjie in n stootwaentjie langs haar, en kon uiteindelik met behulp van n toekenning deur die Scottish Arts Council haar eerste boek voltooi. Wat toe eers afgewys is deur drie uitgewers, maar nadat dit deur Bloomsbury uitgegee is, het Harry Potter van krag tot krag gegaan en vandag is Joanne Rowling die derde rykste vrou in Brittanje. Dis die tipe suksesverhaal wat maar skaars is in die uitgewerswęreld: van die eerste drie Harry Potter-titels is meer as 27 miljoen eksemplare węreldwyd verkoop (die gesamentlike verkope het eiehandig Bloomsbury se aandeleprys laat klim), die boeke is reeds in 32 tale vertaal, het die top-tien-lys gehaal in lande soos Frankryk, Italië, Spanje en Duitsland, en die toekennings en bekronings rol steeds in. En anders as wat dikwels die geval is met modegebonde speelgoed of selfs films, is dié sukses nie bloot te danke aan aggressiewe bemarking en media hype nie: die boeke is so gewild omdat hulle werklik goed is. En nie net kinders verslind die Harry Potters nie; hulle is so gewild onder volwassenes dat daar selfs n grootmensuitgawe met n minder kinderlike omslag is sodat belangrike grootmense ongemerk ook Harry en vriende se avonture kan geniet. Wat vir my die mees uitsonderlike van die boeke is, is die besonderse mengsel van fantasie en alledaagse werklikheid wat die skrywer gebruik. Harry se storie speel in die moderne tyd af, met telefone en TVs en rekenaarspeletjies dis nou in die Moggelwęreld. Maar in die sogenaamde mensewęreld, waar Harry na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery gaan, is dit pure Middeleeue met n kasteel vol wenteltrappe en wapenrusting, flikkerende kerse en kaggelvure, kabouters en huiselwe, heksebesems en towerdrankies en die pos word deur uile afgelewer! Nog n interessante aspek van die verhale is dat die held Harry Potter, die skraal, bebrilde weeskind met die bos swart krulhare en helder groen oë, terselfdertyd n anti-held is. In die Moggelwęreld, waar hy vanaf eenjarige ouderdom saam met sy tante Petunia, oom Vernon en aaklige vet nefie Dudley in die vervelige Ligusterlaan 4 in n grys voorstad van Londen woon, is Harry die uitgestotene, die frats. Sy ma se suster, tante Petunia Dursley, wat gedwing was om Harry in te neem na sy ouers se skielike dood, het n bitterlike vrees en afkeer van mense wat toorkragte besit Harry se ma was volgens haar die skande van die familie. Daarom het die Dursleys Harry nooit vertel dat sy ouers eintlik towenaars was nie en het hulle alles in hulle vermoë gedoen om Harry se abnormaliteit uit hom te slaan Moenie vrae vra nie is so ongeveer die inslag van die opvoeding wat Harry by hulle gekry het. Hy kon nooit saamgaan op gesinsuitstappies nie, sy slaapplek was die besemkas onder die trap en by die skool het almal hom vermy om in sy boelienefie Dudley se goeie boekies te bly. Maar toe Harry op sy elfde verjaardag uit die bloute n brief kry wat hom meedeel dat hy toegelaat is tot die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery, word hy ingelei in die węreld van hekse en towenaars. Hier is hy n held, die beroemde Harry Potter van wie almal weet en vir wie almal herken aan die weerligstraalteken op sy voorkop. Want tien jaar gelede, toe die boosste van alle towenaars, Heer Woldemort (wat so gevrees is dat daar net na hom verwys word as Jy-Weet-Wie), Harry se ouers vermoor het, kon hy niks aan die baba Harry doen nie. Al wat Harry van die verskriklike geveg oorgehou het, is die teken op sy voorkop, maar Woldemort sy kragte is gebreek. Gelukkig gaan sy bekendheid glad nie na Harry se kop nie vir hom voel dit net soos die hemel om uiteindelik op n plek te wees waar hy aanvaar word, en verder bekommer hy hom oor sy towerhuiswerk en Kwiddiek-oefeninge (die towenaars se gunstelingsport, en nog n vernuftige skepping van die skrywer). n Groot deel van die stories is pure kosskoolavontuur. Sommer op sy eerste skooldag, toe Harry by Kings Cross-stasie die Hogwarts Express by perron nege en n driekwart moet haal, leer ken hy die Weasleys, n egte towenaarfamilie bestaande uit Percy die prefek, die tweeling Fred en George, en die jongste seun, Ron. Op die trein raak Ron en Harry gou vriende oor n pakkie sjokoladepaddas, en Ron, wie se ouers en ouer broers ook almal by Hogwarts was, kan darem die belangrikste agtergrondsinligting aan Harry, wat natuurlik grasgroen is oor enigiets van die towerwęreld aangesien hy by Moggels grootgeword het, verskaf. Dié tweemanskap word later aangevul deur Hermien la Grange, nadat hulle drie saam die allervreeslikste bergtrol moes oorwin. Hermien is baie voorbeeldig en staan altyd eerste in die klas, sodat sy nie so ten gunste is van skoolreëls verbreek soos Harry en Ron nie, maar haar uitstekende kennis van toorkunsies kom baie goed te pas op nagtelike avonture. Nadat ek die eerste boek met groot plesier deurgelees het, het ek onwillekeurig gewonder of die skrywer dit sal kan nadoen in die tweede boek. Groot geluk: sy kon, en as mens kyk na die slim manier waarop sy nuwe wendings en karakters ingebring het, behoort die volgende Harry Potters net sulke treffers te wees. (Die skrywer beplan sewe boeke, elk waarin Harry n jaar ouer word tot hy Hogwarts op agtien verlaat, en later gaan Harry nog n meisie ook kry my geld is op Ginny, Ron se rooikopsussie vir wie Harry in die tweede boek van Heer Woldemort moet red.) Vir Afrikaanse lesers is hierdie boeke (sprankelend vertaal deur Janie Oosthuysen, wat die CP Hoogenhoutprys ontvang het vir haar vermaaklike Ouma Hester-boeke) net n wins. Want daar is n erbarmlike skaarste aan goeie fantasie in Afrikaans, ook by kinderboeke, en as die Harry Potters daartoe kan bydra om die lees én skryf van Afrikaanse fantasie te stimuleer, kan dit net goed doen. En dink net watter besparing dit is om die Harry Potter-reeks te koop, want die hele gesin kan dit lees! |
|||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |