SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Puik bundel verwoord die lewe in al sy fasette helder en oortuigend

Joan Hambidge

Klik op boekomslag en koop dit nou by Kalahari.net

Klik en koop!Jerusalem tot Johannesburg
deur IL de Villiers
Uitgegee deur Tafelberg
ISBN: 062404341X
Prys: R89,95
84 bladsye

Wen 'n IL de Villiers digbundel


IL de Villiers is ‘n besonderse digter in Afrikaans. Hy dig, soos sy voorgangers, Totius en Sheila Cussons, oor die religieuse dimensie. Op ‘n konkrete wyse versoen hy die metafisiese en aardse, die kenmerkende paradoks van hierdie besinnende vers. Dit bly nie net by praat, wonder of filosofeer nie, maar dit word ‘n belangrike ervaring van die lewe se wonders, ontnugteringe en, natuurlik, die dood. Reeds die titel Jerusalem tot Johannesburg vang iets op van die paradoks in sy digkuns: van behoort tot sowel die religieuse as die aardse. In 1981 is sy werk met die Credo-prys bekroon en De Villiers is ‘n digter wat imponeer, veral met hierdie bundel waarin ons blyke vind van ‘n vakman wat knap met tegniese middele omgaan, soos halfryme, woordspelings en vorme (soos oa die moeilike distigon).

Die openingsgedig “Gouepoort Jerusalem” wys op die spanning tussen verskillende godsdienste en oorlog:

Die roep van imams raas ‘n swerm spreeus op.
Vier vaalgroen tenks rusper verby die poort, en stop.
Die huidige politieke ongerymdhede word verwoord in die ironiese “Klein ballade van Oom Dawid Liefie-hulle”. Die nostalgiese aanslag, kenmerkend van die digter, word in “My straat” verbeeld waar die digter besef:
My straat, jy’s aards en heilig, maak my bang.
Ek is van ruimtes, iewers, en verlang.
In die tweede afdeling word die ervaring van Johannesburg beskryf: enersyds nostalgies, waarderend; andersyds afwysend met die verwysings na die mens se ervaring van die droogte en hoe plante verlep in hierdie genadelose hitte waar, ironies genoeg, net die stapelia uit Afrika kan oorleef. Die blomme – soos beskryf in “Stadsdroogte” met Totius se “Trekkerswee” as interteks – vergestalt die mens se onbehae met ‘n lewe wat uitmergel en beproef.

Die wêreld is beslis ons woning nie, word daar saam met Totius gepraat in ‘n bundel waarin die melancholiese aanslag ook opval. In hierdie verband is die lykdigte in die bundel pynlik: die uitkenning van ‘n lyk en die vraag na hoekom Anne Fitzgerald Jones in Wallis gesterf het aan ‘n gebroke hart, som sy mymerende toon op. “Graf in Wallis” praat met oa Dylan Thomas saam en herskep iemand se lewe deur ‘n gedig oor die persoon, selfs onbekend, te maak. By die begrafnis van Cussons het hierdie digter as predikant opgetree en dis dan duidelik hoe waarderend hy was vir haar werk, en op ‘n speelse wyse is daar ‘n vlieg wat oor sy boek loop!

Die gesprek met Cussons se gedig word uitgebrei in ‘n ander vers waar hy vra dat die geliefde digter, wie se eensaamheid hy so begeer het, veilig by God sal aankom.

Die aktuele laat die digter ironies en sinies reageer: in “Hierdie huis” en “Vreemdelinge verby Highveld, Londen” wys hy op hoe pynlik ontheemding is vir mense wat steeds verbonde bly aan die Afrikaanse kultuur en leefwyse.

Behalwe Totius en Cussons (oa die gesprek tussen Abélard en Héloise!) se aanwesigheid, is daar verwysings na Olga Kirsch:

“Hoe het dit skielik laat geword?”

Hoe het dit skielik laat geword?
Die oggend was so lank en stil,
die middag ruim en warm en gul.
Die afdraand van die dag is kil.
Hoe het dit skielik laat geword?

‘n Gedig soos “Op die berg” aktiveer Kirsch se voortreflike ervaring van stilte en verlange.

In “Blitsbesoek” neem die digter afskeid van die dorp en sy eie verlede; dit word ‘n pynlike kartering van hóé die verlede aan ‘n mens knaag en jou vorm tot wie jy is. Dat jy dit ironies genoeg nooit kan ontglip nie.

Hierom, waarskynlik, wil die gelouterde mens eenvoudig sterf, sonder gebaar. Net met ‘n Bybel op sy bors soos ‘n hawelose...

Daar is voortreflike satires (soos die klein reeksie oor Afrikaans), ‘n speelse analise van die oudredakteur in gesprek met skilders, en ‘n pragvers oor ‘n dominee wat ‘n (half-) Chinese kind doop en bewus word van die goddelike ...

Dit spreek vanself: dit is ‘n puik bundel waarin die lewe in al sy fasette helder en oortuigend verwoord word.

Wen 'n digbundel!

LitNet gee weg een eksemplaar van IL de Villiers se vorige werk, Leviet en Vreemdeling.
As jy dit wil hê stuur 'n e-pos aan sharon@litnet.co.za
en sê met watter prys IL de Villiers in 1981 bekroon is.



LitNet: 13 Desember 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.