SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Gedenklesing

Gunther Pakendorf

Hy het toe vir ons gewys, nè? Ons wat tóé vir hom gekyk het as hy eenkant staan, vinger gewys en gefluister het as hy in die hoek sit en ’n boek lees terwyl ons ’n bal rondskop. En toe dit eers bekend word dat hy liewer saam met die meisies speel, het sommige van ons lekker gelag, ander het stilletjies gegiggel. En dan het ons hom ook skelm gestamp, met die elmboog gepomp, sy boud geknyp as Meneer nie kyk nie. In die middae, wanneer ons rugby speel of op ons fietse rondjaag, was hy by die huis, waar hy glo Engelse en Hollandse boeke sit en lees het. Eendag het ’n paar ouens in hom en sy ma vasgeloop; hulle wou êrens appelkose steel en moes haastig oor die draad klouter toe die mense se hond op hulle afstorm. Daar kom hy toe hand aan hand met sy mammie op pad winkel toe of iets. Maak ook of hy hulle nie raaksien nie. Hy’s ’n sissie, man, het ons gesê, mammie se seuntjie, en lelike woorde gebruik wat ons nie eers verstaan het nie.

Maar nou het hy vir ons gewys. Hy gaan optree en ons moet luister. Maar net ’n beperkte aantal, ’n kastige uitgelese gehoor. En ons het gekom! Ek dink hy moes hom verkneukel het in die voorstelling van hoe ons, die paaiboelies van destyds, gescramble het om na hom te kom luister — en al was dit brom-brom, sy voorwaardes aanvaar het: 19:45 vir 20:00 uur stiptelik, informele drag, geen foto’s, geen vrae, geen handtekeninge nie. En toe ons almal, onrustig-stil soos skoolseuns wanneer die dominee met skriflesing begin, afwagtend in die bedompige ou kerkie sit, toe gaan neem hy gemaak-ontspanne sy plek op en kyk nie eers na ons nie, sy gesig afgewend, sy stem flouerig.

Die geleentheid was die tradisionele gedenklesing ter ere van die opper-man van die Afrikaanse letterkunde. Maar hy het eintlik gekom om oor homself en oor die letterkunde te praat. Hier voor die uitgelese akademici en kritici en resensente wat altyd alles weet en altyd alles verkeerd verstaan. In gesprek met twee spesiaal verkose en beproefde — dus aanvaarbare — kenners.

Maar moet hom tog nie lastige vrae vra nie; hy is ’n skrywer, en wanneer die ingewing kom, dan skryf hy. Dis al. Hy splits nie die wêreld op nie, wat nog van homself. Dis nou Boeddhisme en Jung daai. Hoekom verkies hy Jung bo Freud? kom die vraag. Dit is onverklaarbaar — jy kan net so goed vra hoekom verkies hy Goethe bo Schiller of Van Wyk Louw bo Opperman. En die Afrikaanse letterkunde? Og, hy lees Vergilius en Goethe en ook oor die geskiedenis van die VOC, dis al wat hy nodig het. Maar hoe kon hy sê hy het die laaste Afrikaanse boek geskryf? Gmf, diegene wat dìt vra, het nie eens die inleiding tot sy boek gelees nie — hier lê dit, lees dit vir hulle voor, dan kan hulle dit tog eindelik hoor. En die hedendaagse Suid-Afrika, wie se koms hy immers jare gelede al self voorspel het, hoe voel hy daaroor? Nee wat, hy bly daar op die Vrystaatse vlaktes en kyk hoe die dorpskoeie die gras en die blomme (het hy gesê “blomme”?) op die sypaadjie kom vreet, dan weet hy wat in die land aangaan. Hy lees in elk geval nie koerante nie, weet nie eers wie die president van Amerika is nie. En Afrikaans … Ag, nou ja, hy staan buitekant, sy verwysingsveld is Europees, sy kultuur is Nederlands, hy verkies eintlik die negentiende eeu. Tog glo hy hy het die Afrikaners leer lees.

Agterna moes ons eers bly sit tot die eregaste die saal verlaat het. En toe die onthaal. Weer staan hy eenkant, maar nou nie meer die sissie en mammie se seuntjie nie, nou die gevierde en groot skrywer. Ek dink hy het lekker by homself gelag — indien hy hoegenaamd lekker kan lag — by die gedagte dat die luidrugtige manne, die vleiseters en bierdrinkers, hier net die keuse gehad het tussen òf vonkelwyn òf vrugtesap. Odi profanum volgus et arceo, soos Horatius sou gesê het, of was dit nou Vergilius? En die meeste gaste dink nog hulle drink sjampanje! En dié wat wéét, moet dit maar aanvaar. Hy, connoisseur wat hy is, drink natuurlik net die ware Jakob. Dis hoe hy vir ons gewys het, ons wat destyds so vir hom gelag het.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.