![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
![]() |
![]() Vir oulaas iets oor laasjaar se boekeEttie Williams![]() Die jaar 2000 het meer titels gelewer as wat mens in n skamele 12 maande kon laat resenseer. Voordat die ware nuwe millennium se stroom nuwe publikasies dus begin verskyn, wil ek vir oulaas n klompie boeke van verlede jaar onder die lesers se aandag bring. Vir J K Rowling-aanhangers is dit al vergete se ou nuus dat Harry Potter en die gevangene van Azkaban ook in 2000 verskyn het en teen n billike R69,95 te koop is. Maar indien daar nog oningewydes in ons midde is, maak ek hulle graag nuuskierig met dié brokkie inligting: Harry en sy beste vriende Ron en Hermien keer na die lang somervakansie terug vir hul derde jaar aan die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. Maar die atmosfeer by die skool is hoogs gespanne. Daar is n ontsnapte massamoordenaar op vrye voet en die sinistere wagte van die Azkaban word ingeroep om Hogwarts te beskerm ... Human & Rousseau, die uitgewers van die Afrikaanse vertalings, beloof dat die vierde titel, Harry Potter en die Beker vol Vuur, teen einde Maart vanjaar sal verskyn. Die Afrikaanse goue- en silwerpryswenners van die tweejaarlikse Sanlam-kompetisie vir Jeugliteratuur is onderskeidelik Geraamtes dra nie klere nie deur Jan Vermeulen (Goud) en Die somervakansie wat te lank was deur Rena Schüler (Silwer). Volgens die beoordelaars van die kompetisie lewer Jan Vermeulen n kragtoer met hierdie skokkend eerlike jeugroman oor n Oos-Kaapse gesin wat steeds in die jaar 2000 swaar dra aan die bagasie van apartheid en die ongeregtigheid van die ou Suid-Afrika. Ook Rena Schüler se agste jeugroman word as n waardige silwerpryswenner beskou met dié dat sy hoewel die roman oor n tiener met n persoonlike probleem handel daarin slaag om die balans tussen die probleem en die dartelende, uitnodigende lewe fyn te bewaar. Albei hierdie titels wat spog met buitengewoon aantreklike omslae ontwerp deur Tertia du Toit, is beskikbaar teen n uiters billike R44,95.
|
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |