SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Gesprekke oor ’n distopie

Herman Wasserman

Donkermaan
Koop nou!
Donkermaan
Brink, André P
Human & Rousseau
Kaapstad
2000

Dit is al voorheen opgemerk, en daar sal waarskynlik nog in die toekoms telkens weer na verwys word: André P Brink se nuwe roman toon ooglopende ooreenkomste met J M Coetzee se Disgrace. Of dit uit die staanspoor die intensie van die outeur van Donkermaan was om ’n dialoog met Coetzee se roman aan te gaan of nie (hy het dit in onderhoude ontken), die twee romans sal na alle waarskynlikheid saam gelees word. Die motto van Brink se roman is gehaal uit Disgrace, en die titel van die Engelse vertaling, Rights of Desire, speel op dieselfde passasie in. Maar tematies is daar ook ooreenkomste, waarvan twee uitstaan: die konfrontasie tussen ’n ouer man en jonger vroue en die ingrype van geweld op persoonlike verhoudings. Die postapartheid Suid-Afrika is in beide die romans ’n ontnugterende distopie, hoewel Brink se roman op die oog af ’n meer hoopvolle boodskap het — sy dit dan in elk geval omdat “boodskappe” meer ooglopend in die toeganklike Donkermaan is in vergelyking met die meer geslote teks van Coetzee. Daar is ander intertekste ook uit Brink se eie werk, wat met interessante gevolge ondersoek sou kon word, byvoorbeeld wat betref die manier waarop ’n liefdesverhouding iets van die uitbuiting en magsuitoefening tussen geslagte, kulture of “rasse” uitbeeld.

’n Mens sou die verhaaltema kon opsom as die konfrontasie tussen twee wêrelde in ’n tydperk waarvan daar van die een na die ander oorgegaan word. Die oue is nog nie heeltemal dood nie, maar amper, die nuwe is reeds gebore maar strompel nog onvas op sy voete rond. Gister is verby, die nuwe môre het nog nie aangebreek soos beloof nie, en die karakters bevind hulle in ’n skemer tussenin, waar hulle van hulself moet sin maak in die skamel lig van ’n donker maan. Ruben is ’n afgetrede, ietwat wêreldvreemde bibliotekaris wat op aandrang van sy kinders ’n loseerder inneem — hy woon alleen in ’n groot huis, sy buurman is onlangs vermoor, sy vrou is dood. Sy huishulp van baie jare, Magrieta, is ’n steunpilaar, maar sy kan net toesien hoe die loseerder sy lewe omkeer. Tessa, die loseerder, is ’n aanvallige, misterieuse jong vrou op wie Ruben versot raak. Die verhaal word dan ook grotendeels gewy aan die komplekse en gedoemde verhouding tussen hulle, aangevuur deur Ruben se ietwat patetiese seksuele drif wat tot dusver na sy vrou se dood gereserveer is vir prostitute. En dan is daar ook nog Antje van Bengale, ’n slaaf wat onder die vloerplanke begrawe is, en wat by Ruben, Magrieta en Tessa kom spook en sodoende haar goed- of afkeuring te kenne gee oor wat besig is om in die huis te gebeur.

Donkermaan is vloeiend en onderhoudend geskryf — dit is immers die werk van ’n groot romansier. Maar dit is nie so goed soos Brink se vorige werk, Duiwelskloof, nie en by tye steek dit nogal taamlik af. Die flapteks meen dit is Brink se intiemste roman nog, maar die intimiteit kom plek-plek naby aan sentimentaliteit. Die procedé van die slaaf oortuig ook nie — hoewel Antje ’n potensieel sterk metafoor kan wees vir eeue van uitbuiting en misbruik van vroue, word haar teenwoordigheid in die roman nie bevredigend verantwoord nie. Dié bonatuurlike gegewe wil maar net nie as magiese realisme werk nie — dit is byvoorbeeld moeilik om te glo dat die nugtere Tessa goedsmoeds en taamlik onskepties die teenwoordigheid van die gees in die huis aanvaar. Kwessies soos skuld en blanke manlike bevoorregting word soms onsubtiel aan die bod gebring, heelwat minder intrigrerend as die baldadig oorspronklike allegorie van Duiwelskloof, selfs in ag genome laasgenoemde se andersoortige toonaard en fokus.

Donkermaan, met al sy bewustheid van aktuele kwessies en problematiek, met al sy sensitiwiteit vir die oudwordproses en die gevoeligheid vir die problematiek van menslike verhoudinge, vervul nie die verwagting nie. Juis omdat dit uit die pen kom van ’n skrywer wat in ander, donkerder tye al soveel meer lig gebring het.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.