SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die vermensliking van ’n sluipmoordenaar. Die blootlę van ’n ontmenslikende stelsel


Harald Pakendorf

DOMEIN VAN GLAS
Henk van Woerden
Queillerie

’n Kalahari.net-resensie

Domein van glas
Koop nou!
Die vermensliking van ’n sluipmoordenaar. Die blootlę van ’n ontmenslikende stelsel. Daaroor gaan Henk van Woerden se Domein van glas, die soort leeservaring wat ’n mens bybly. As jy eers begin lees, sit jy nie die boek neer nie. En maklik lees dit daarby. Moontlik is dit die vloeiende vertaling van Antjie Krog uit die Nederlands, en die styfgespande belangstellingslyn plus die afspeel van verskillende ervaringe teenoor mekaar.

Oor die letterkundige waarde van die boek — werk? — kan ek nie oordeel nie. Maar dat dit insigte bied wat mens weer laat dink oor ons eie verlede en ons aandeel daarin, is gewis.

Net eers ’n persoonlike vertelling. Hendrik Verwoerd het ek geken in die sin dat ek oor sy toesprake verslag moes doen en sy perskonferensies moes bywoon. Anders as wat Van Woerden skryf oor hom, was hy nie ’n gemaklike spreker nie. Die stemtoon was net te hoog, die sinne te ingewikkeld.

Hy het die hele politieke toneel oorheers. Wat begin het as ’n plan om vir die Afrikaner ’n eie plek in die son te verseker, het uitgeloop op ’n stelsel wat mense hulle menslikheid ontneem het. Maar moenie dink dat dit iets is wat vroeg al ingesien is nie. Dit het eers later gekom. Eers met Vorster waar aanvanklik gepoog is om groot apartheid — die politieke skeiding — te behou maar die klein apartheid in werk, openbare gerief, skool weg te neem. Nog later het eers die insig gekom dat die Grote die fout is wat weggevee moet word.

Daar is Van Woerden reg — die sluipmoord op Verwoerd het ’n nuwe tydperk ingelui, een wat 24 jaar later sy formele einde begin bereik het. Die aanloop gaan natuurlik verder terug en lę waarskynlik by die opstande van 1976.

Dit is gewis ’n klag teen ons almal — almal van daardie dae, in elk geval — dat ons so behep was met die eie dat ons nooit die mens in diegene om ons raakgesien het nie.Van Woerden toon baie duidelik aan wat ons nie gesien en beleef het nie — en moes.

Daardie ons is hier die bewindhebbende Afrikaner. Deel van die Groot Debat onder Afrikaners op die oomblik gaan onder meer daaroor of daar steeds ’n ons en hulle is en of ons nie nou maar vir eens en altyd moet insien dat die ons almal insluit nie. En ons is nie die ANC of enige politieke groep nie. Dit is die hele Suid-Afrika en al sy mense.
En die tweede persoonlike vertelling: ook vir Tsafendas het ek geken. Hy was bode in die persgalery en ’n swak een. Bestel jy koffie, bring hy tee. Wil jy brandewyn hę, kry jy whisky. Hy het die verkeerde dokumente aangedra en in jou kantoor agter jou rug deur jou dokumente gekrap.

Die Persgaleryvereniging het dit oorweeg om die parlementęre owerhede te versoek om hom af te dank. Daar is daarteen besluit, want is geredeneer, waar kry so iemand weer werk.

En ek was in die persgalery toe die sluipmoord plaasgevind het. Om dit te beskryf sou hier geen doel dien nie. Die gevolg was egter dat mense in die algemeen — ek meen dit het die meeste Suid-Afrikaners ingesluit — deur ’n tydperk van groot onsekerheid gegaan het. Die land was rigtingloos.

Dit was Vorster wat met ’n harde hand die ou weë voortgesit het — en al die verskriklikhede wat daarop gevolg het.

Toe bevind is dat Tsafendas nie toerekeningsvatbaar was nie, was daar ’n gevoel dat dit gedoen is om te voorkom dat hy ’n martelaar word. Dat hy nooit as held beskou is nie, ook nie deur die massas namens wie hy dan die daad sou gepleeg het, is vreemd. Moontlik is dit omdat die meerderheid nie aanvaar het dat hy die daad namens hulle gepleeg het nie.

Terug na die boek
Van Woerden het knap speurwerk gedoen om die lewe van Tsafendas voor ons te laat ontrafel en aan te toon hoe sy lewe van sy geboorte skeefgeloop het. ’n Bruin ma en ’n Griekse pa, buite die eg gebore, sy stryd met sy half-broer en -susters loop soos ’n refrein. So ook sy onvermoë om op enige plek in die węreld aan te pas, van sy besoeke aan gestigte in Duitsland en die VSA, sy gedurige drang om tog na Suid-Afrika terug te keer — daar waar hy sy ongelukkige skooljare op Middelburg deurgebring het.

’n Rustelose gees wat net nooit ęrens tot rus kon kom nie.

Sou dit anders kon gewees het indien hy in Suid-Afrika as mens aanvaar is en nie as verstoteling weens sy agtergrond nie? Ook elders het hy nie tereggekom nie. Maar Suid-Afrika het gewis nie die pad vir hom makliker gemaak nie.

Van Woerden — wat self lank in Suid-Afrika gewoon het — skets ook sy eie terugkeer en sy sterk afkeur van wat in die besonder met bruinmense gebeur het. Ook dit behoort vir almal nuwe insigte te bied.

’n Boek om te lees. En uit te leer. So ongeveer soos Van Woerden dit stel — die mag van waansin teenoor die waansin van mag.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.