SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

LitNet hou koers met “Diskoers” tydens Aardklop-kunstefees!

LitNet gaan volgende week saamklop by die Aardklop-kunstefees op Potchefstroom. Wees gerus op die uitkyk vir LitNet en die Taalsekretariaat se plakkers, wat vroeër vanjaar amok gesaai het by die KKNK! Lesers kan ook daarna uitsien om die toesprake en gesprekke by die Sol Plaatje-Diskoersreeks hier op LitNet te lees. Hier volg meer inligting oor die reeks, wat wissel van godsdiens tot geld.

In die gees van die skrywer, politikus, filosoof en dramaturg Sol Plaatje, wat in die Potchefstroom-omgewing gebly het, word daar jaarliks by die Aardklop Nasionale Kunstefees op onderwerpe gefokus wat debat uitlok. Daar word ook gesprekke gevoer as ’n bydrae tot beter begrip onder Suid-Afrikaners.

  • Daar is nog lank nie klaar gepraat oor die voortbestaan van Afrikaans nie. Maar die magtige dreuning is hoofsaaklik onder die sogenaamde “manne in suits” — hetsy Praag of die Groep van 63. “Waar is die jong ridders?” word daar in hoofartikels en briewerubrieke van Afrikaanse koerante gevra. Is die dae verby van berede bonde en het die era van die individu aangebreek, of is hulle bloot apaties? Moet Afrikaans nie dalk juis gered word van diegene wat dit so verbete probeer red nie? Kom luister wat sê die jonger geslag (almal onder 30) in Die stem van jong Suid-Afrika, Dinsdag 24 September. Die deelnemers is rocker Karen Zoid, skrywer-joernalis Toast Coetzer, Adriaan Basson, student en redakteur van Die Matie, en Mandy Rossouw, redaksielid van die dagblad Beeld, met prof Hein Willemse, hoof van die Departement Afrikaans aan Tukkies, as die voorsitter.

  • Woensdag 25 September kom die gespreksforum Ek, Suid-Afrikaner aan die beurt. Buiten dat die benaming “Suid-Afrikaner” ’n geografiese verbintenis aandui, is dit ook ’n gedeelde beskrywing van die veelsydige groep mense wat hier op die mees suidelike punt van Afrika aangetref word. Aardklop het verskillende mense met uiteenlopende agtergronde genooi om uit ’n persoonlike perspektief toeligting te bied oor wat hulle onder hul eie Suid-Afrikanerskap verstaan. Die deelnemers is die skrywer-joernalis Denis Beckett; dr Christa van Louw, wat onlangs aangestel is as koördineerder van diversiteit aan die Universiteit van Stellenbosch; dr Theuns Eloff, sedert die begin van die jaar die rektor van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys; mnr Satish Roopa, eertydse inwoner van Potchefstroom en nou die uitvoerende burgemeester; en mnr Sandile Dikeni, joernalis, digter en aktivis en nou direkteur van inhoud by die regering se kommunikasie-agentskap GCIS. Willemse tree ook hier op as voorsitter.

  • Met die Wêreldberaad vir Volhoubare Ontwikkeling wat so pas afgeloop het en wat uiteenlopende reaksie oor die sukses, al dan nie, daarvan uitgelok het, kom die ernstige kwessie van armoede Donderdag 26 September aan die beurt in Kan geld alleen regmaak wat krom is? Is ’n “beter lewe vir almal” ’n bereikbare ideaal in Suid-Afrika, en hoe word die toenemende armoede op die vasteland van Afrika - vererger deur stygende werkloosheid - hokgeslaan? Prof Servaas van der Berg, hoogleraar in ekonomie aan die US en onder meer lid van die advieskomitee oor armoede van die African Economic Research Consortium; mnr Dirk Hermann, direkteur van die Solidariteit-Navorsingsinstituut en inligting- en strategiese hoof van die vakbond MWU-Solidariteit; en mnr Salie Manie, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir arbeid en ANC-LP, neem deel aan die gesprek. Mnr Henry Jeffreys, adjunkredakteur van Beeld, tree op as voorsitter.

  • Die Sol Plaatje-Diskoersreeks word Vrydag 27 September afgesluit met Die Nuwe Hervorming, ’n onderwerp wat ongelooflike emosionele reaksie uitlok. In sekere kringe word daar vrae gevra rondom aspekte soos die maagdelike geboorte, die opstanding en die hemelvaart. Ander kap terug en sê die diepste wese van die Christelike geloof word aangetas en daar is selfs beskuldigings van kettery. Waar staan die gewone mens binne dié debat, vir wie moet hy sy ore uitleen? Die deelnemers is dr Piet Muller, skrywer, joernalis, toekomskundige en kreatiwiteitskonsultant; prof Hansie Wolmarans, hoof van die departement Griekse en Latynse Studies aan die RAU en stigterslid van die Nuwe Reformasie Gespreksgroep; prof Koos Vorster, hoogleraar in etiek aan die Teologiese Skool by die PU vir CHO; en prof Christina Landman, direkteur (navorsing) van die Navorsingsinstituut vir Teologie en Religie aan Unisa; met regter Eberhard Bertelsmann as die voorsitter.

    Al die Sol Plaatje-besprekings begin op die betrokke dae om 09h30 in die Cachet-Kleinteater. Kaartjies kos ’n skamele R15, wat koffie en beskuit insluit, en daar is plek vir net 80 mense in die intieme teater. Bespreek dus vroegtydig.

    Ook onder die Diskoers-vaandel val Te moer met ubuntu! en Skep ’n slagspreuk. Johann Broodryk en Hanneke du Preez se gesprekke oor ubuntu (respek, waardigheid en medemenslikheid) is nou al ’n instelling by Aardklop. Die gatvol Afrikaanses blameer die wêreldbeskouing van ubuntu vir hul ongemaklike politieke verduringe, terwyl ander gatvol is van gatvol wees. Wat nou gemaak? Op 26, 27 en 28 September om 17h00 in die Totiushuis-museum teen R35 per kaartjie.

    Met Skep ’n slagspreuk kry lede van die publiek daagliks kans om prysgeld ter waarde van R500 te wen deur hul eie skeppendheid ten toon te stel. ’n Slypskool vir Jan en Alleman, onder leiding van die bekende reklameskrywers Madelet du Plessis en Marc Hörsten, kunshoof van die AAA-reklameskool in Johannesburg, en met ondersteuning van die Pendoring-reklamewedstryd. Dit word gratis op 24, 25, 26, 27 en 28 September om 09h30 in die Kommunikasie-ouditorium aangebied.

    Aardklop word van 24 tot 28 September op Potchefstroom aangebied.

    Besprekings kan landwyd by Computicket gedoen word.

    Vir inligting oor verblyf, kontak (018) 294 7508 of besoek die webwerf by www.aardklop.co.za vir algemene inligting.

    Vir daaglikse bustoere van Pretoria en Johannesburg na Potchefstroom, bel (011) 792 0609.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.