SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wat hou die toekoms vir kuns en kultuur in Suid-Afrika in? Multi-kulturalisme, Euro- en Afrosentrisme

Johan Degenaar

Gelewer te KKNK
op 29 Maart 2000,
Die Burger se lesingreeks

Die keuse vir ’n post-moderne viering van kulturele diversiteit

Taal is nie bloot ’n toevalligheid van menswees nie, maar sentraal tot ons bestaan

I
INLEIDING

As filosoof wil ek begin deur ’n opmerking te maak oor die filosofie. Die filosofie word gekenmerk deur die feit dat dit sake nie makliker nie, maar moeiliker maak deur ’n tweede refleksie te introduseer. Filosofie is nie primęr daarop ingestel om u te help om na die węreld te kyk nie, maar wel om krities te kyk na die manier waarop u na die węreld kyk. En dit is veral belangrik wanneer ons besin oor kultuur en kultuurprodukte soos, byvoorbeeld, die taal wat ons praat. Ons praat nie net oor kultuur nie. Ons praat vanuit ’n bepaalde kultuur oor kultuur. En verder: ons praat nie net deur ’n taal nie, maar ’n taal praat ook deur ons. In Engels klink dit nog dramatieser: “Not only do we speak a language; a language also speaks us.”Dit is ’n belangrike sin wat ek u wil meegee aan die begin van ’n nuwe eeu. En ek doen dit met die doel om by u die feit in te skerp dat die taal wat ons praat — taal opgevat in letterlike én ideologiese sin — bepaal hoe ons die węreld sien en insien.

Ek wil met u praat oor die kompleksiteit van die fenomeen van multi-kulturaliteit — een van die sleutelaspekte van die nuwe eeu waarin ons die voorreg het om te lewe. My hoop is dat ek deur my analise daarin sal slaag om lig te werp op die boeiende vraag: wat beteken dit om mens te wees aan die begin van die 21ste eeu in hierdie land op die suidpunt van hierdie kontinent?

Insig in die aard van multi-kulturaliteit is ook nodig omdat dit, naas verheldering van konsepte soos kultuur, kuns en taal, ook lig werp op ’n ander fenomeen wat deel is van die mens se bestaan, naamlik die fenomeen van religie. ’n Sleutelvraag in dié verband is: hoe kan ons sin maak van die gebruik van die woord “God” in ’n post-moderne węreld waarin verskillende religieë aanspraak maak op die waarheid? Een van die opwindende aspekte van die nuwe eeu is dat ons nie meer dié pluraliteit kan ignoreer nie — hierdie verskillende, uitsluitende en botsende aansprake oor die wyse waarop die mens toegang verkry tot ’n finale realiteit. Hoe moet dié God aangespreek word? As Jahweh, as Vader in die hemele, as Allah, as Unkulunkulu? Unkulunkulu — hoor u die dreuning van Afrika in dié geluid?

Hierdie boeiende probleem word nie deur my bespreek nie. Ek noem dit hier sodat u dit in gedagte kan hou terwyl ek probleme rondom multi-kulturaliteit bespreek. En aangesien religie, soos kuns en taal, ’n produk is van kultuur, behoort ons gesprek oor “een węreld, baie kulture” ’n mate van lig te werp op die probleem van “een węreld, baie religieë”.

Voordat ek na die konsepte van kultuur en multi-kulturaliteit kyk, wil ek ’n breë onderskeid maak tussen drie maniere om na die węreld te kyk, naamlik: pre-modern, modern en post-modern.

’n Pre-moderne verstaan van die węreld word gekenmerk deur ’n sosio-mitiese leefruimte waarbinne tekens ’n vasstaande betekenis het. ’n Selfkritiese instelling is afwesig en daarom is daar ’n gebrek aan alternatiewe maniere om na die węreld te kyk. Dit is tipies van sogenaamde primitiewe kulture, maar dit kom ook voor in alle vorme van kollektiewe denke waarin die individu nie daarin slaag om krities te kyk na die (onkritiese) manier waarop hy of sy self na die węreld kyk nie.

’n Moderne verstaan van die węreld word gekenmerk deur ’n redelike insig in sake, ’n bewus wees van alternatiewe en die gee van redes waarom ’n bepaalde standpunt gehuldig word. Daar is ’n vertroue dat die mens in staat is om ’n meesterkode te ontdek wat dit moontlik maak om ’n totaalbeeld van die werklikheid te gee wat universele geldigheid het. Ideologiese denke, in soverre dit totale eise stel, hoort hier tuis. Dit is ’n vorm van imperialisme. Wat ons tema betref, is mono-kulturalisme so ’n sisteem.

Post-moderniteit bestaan in die ervaring en erkenning van die kompleksiteit van sake en in die ontkenning van ’n meesterkode wat deursigtigheid en absolute sekerheid kan waarborg. Dit is krities van pre-moderniteit omrede van ’n geslote węreldbeeld waarvolgens verskille as ’n bedreiging ervaar word. En dit is krities van moderniteit omrede van die vertroue in die heerskappy van die rede en die verpligting tot ’n totaalbeeld. In plaas van uniformiteit wat gewaarborg sou wees, of deur mite of deur rede, is die fokus op pluriformiteit. In plaas van homogeniteit word heterogeniteit primęr gestel, en in plaas van kontinuďteit diskontinuďteit.

Hierdie model van die drie benaderings kan op verskillende maniere van toepassing gemaak word. Eerstens, die drie benaderings moet nie beperk word tot ’n toepassing op bepaalde fases in die geskiedenis nie. Al drie benaderings kan teenwoordig wees in dieselfde tydperk, in dieselfde land en in dieselfde politieke situasie waar gemeenskaplike besluite geneem moet word — ’n toedrag van sake wat die kompleksiteit van die samelewingsorde vergroot. Al drie benaderings kan ook ’n rol speel in die lewe van ’n enkele persoon — ’n feit wat besluitneming in bepaalde gevalle kan bemoeilik.

Tweedens, die drie benaderings het, soos later sal blyk, ook implikasies vir ons opvatting oor kultuur. ’n Mens sou kultuur kon opvat as ’n (pre-moderne) selfingeslote sisteem van tekens waarvolgens ander kulture as bedreiging gesien word, of as (moderne) manifestasie van Wes-Europese redelikheid wat ander kulture nie na waarde skat nie. ’n Post-moderne benadering staan positief teenoor ’n pluraliteit van kulture en bevorder kruisbestuiwing. In die loop van ons gesprek moet elkeen van ons helderheid verkry oor watter benadering ons gebruik en of dit nie beter is om ons standpunt te verander indien dit nie reg laat geskied aan kulturele diversiteit nie.

II
KULTUUR

Kultuur kan in die algemeen gesien word as die lewensvorm of lewenstyl van ’n gemeenskap, dit wil sę ’n groep mense wat sekere eienskappe in gemeen het. In aansluiting hierby kan ’n verskeidenheid van kulture onderskei word.

  1. Kultuur as die lewensvorm van ’n etniese gemeenskap. Etnisiteit verwys na die karaktertrekke van ’n groep mense met ’n gemeenskaplike afstamming, geskiedenis en taal. Omdat die taal so ’n vormende rol in die lewensvorm van so ’n gemeenskap speel, word na taal soms verwys as “die merker van ’n gemeenskap se identiteit”.

  2. Kultuur as die lewensvorm van ’n nasionale gemeenskap waarin ’n homogene lewenstyl tot stand gekom het, byvoorbeeld, deur oorheersing van een etniese groep.

  3. Kultuur as lewensvorm van ’n samelewing as geheel wat daarin slaag om ’n pluraliteit van etniese gemeenskappe te akkommodeer. In hierdie konteks word gepraat van ’n demokratiese kultuur gebaseer op ’n konstitusie wat sowel die regte van individue as die regte van etniese gemeenskappe beskerm.

  4. Kultuur as die lewensvorm van ’n ruimer samelewing wat ’n pluraliteit van nasionale state en hulle diverse nasionale kulture insluit. In hierdie verband praat ons, byvoorbeeld, van ’n Europese kultuur.

  5. Kultuur, as ’n dinamiese sisteem van kennis, waardes, handelinge, artefakte en vertellinge van ’n gemeenskap in bepaalde historiese kontekste. In hierdie konteks word na kultuur verwys as simboliese vormgewing en ook as die produksie en sirkulasie van tekens. Kuns in al sy vorme hoort tuis onder hierdie betekenis.

  6. Kultuur as die geestelike ontwikkeling van die menslike geslag as geheel. In hierdie verband word na kultuur in die enkelvoud verwys en nie in die meervoud nie. Kultuur in die meervoud verwys, onder andere, na die veelheid van lewensvorme van etniese gemeenskappe, terwyl kultuur in die enkelvoud verwys na die proses van ontwikkeling en uitbouing van die menslike gees.

Al hierdie betekenisse moet in aanmerking geneem word as ons ernstig oor die woord “kultuur” besin en aandag wil skenk aan die kompleksiteit van multi-kulturele situasies. Dit is dan ook die konteks waarbinne die vraag na die toekoms van kultuur en kuns in al sy vorme beantwoord moet word.

III
SPANNINGE

Gegee die verskillende vorme van kultuur wat daar bestaan en waarvan ek ’n paar onderskei het, kan ’n mens verwag dat verskillende spanninge kan ontstaan. Hierdie spanninge verdien nou ons aandag omdat hulle dui op probleme wat ernstig opgeneem moet word.

Eerstens is daar die spanning tussen kultuur in die meervoud en kultuur in die enkelvoud. Kultuur in die meervoud kan dui op enige van die partikuliere kulture wat ek onderskei het, maar in hierdie konteks fokus ek op die partikulariteit van etniese gemeenskappe. Hierdie twee vorme van kultuur verteenwoordig ’n partikularistiese en ’n universalistiese opvatting van kultuur. Albei vorme is belangrik en die spanning tussen albei moet bewaar word. Indien die menslike geslag bloot beskou word as bestaande uit onderskeie kulturele groepe, lei dit tot ’n eksklusivistiese idee van “kultuur as selfingeslote geheel” waardeur kontak tussen kulture moeilik, so nie onmoontlik, word. Indien, aan die ander kant, kultuur net universeel gedui word, lei dit tot ’n ontkenning van die ryk verskeidenheid van kulture. Ek stel voor dat albei vorme erken word sodat ons kan ervaar hoe ons begrip van kultuur verryk word deur die spanning tussen die twee betekenisse te bewaar.

Op die basis van hierdie onderskeid tussen partikularisme en universalisme kan ons nou beweer dat hoewel taal en letterkunde, byvoorbeeld, tipiese produkte van bepaalde kulture is, dit terselfdertyd die taalgebruikers betrek by kultuur in die enkelvoud waarby alle mense betrokke is. Een van die boeiendste aspekte van die skryfkuns is dat ’n skrywer onvermydelik binne ’n bepaalde kultuur staan en dat sy tog daarna strewe om dit wat tipies menslik is aan die orde te stel. Die paradoks van die taal en letterkunde is dat die universele net op ’n partikuliere manier gesę kan word. Indien die skrywer hierin slaag, word die beperking van die bepaalde kultuur deurbreek ten gunste van ’n algemene kultuur van menslikheid en sodoende word gebou aan kultuur as ’n proses van uitbouing van die menslike gees.

Een waarskuwing in hierdie verband: die algemene kultuur van menslikheid is wel ’n problematiese begrip en word met huiwering gebruik. In elk geval moet dit nie met die Wes-Europese kultuur gelyk gestel word nie. So ’n identifikasie lei tot die imperialisme van Eurosentriese denke.

Tweedens is daar ’n spanning in kulturele konteks wat in verband staan met die konsep van Eurosentrisme. In Suid-Afrika kom dit neer op ’n spanning tussen die Eurosentriese kultuur en Afrosentriese kultuur. Ek wil waarsku teen die te maklike gebruik van die terme Eurosentrisme en Afrosentrisme. Albei terme is abstraksies wat cliché-agtig gebruik word en tereg deur sommige sprekers vermy word. Hier lę egter ’n probleem wat die moeite werd is om aan te spreek.

Ons moet onthou dat Europa en Afrika albei ’n pluraliteit van kulture insluit oor ’n lang tydperk. Albei terme verteenwoordig gevolglik ’n verskeidenheid komponente wat ook negatiewe aspekte insluit en wat nie so maklik tot ’n algemene noemer herlei kan word nie. Ter wille van die gesprek veronderstel ek dat die algemene gebruik van hierdie abstraksies ’n mate van geldigheid besit wat ’n spanning verteenwoordig tussen twee maniere om die węreld te verstaan. Albei is teenwoordig in Suid-Afrika en die toekoms van kultuur en kuns hier kan nie losgedink word van dié tradisies nie.

Eurosentriese kultuur is gebaseer op 25 eeue van Griekse kultuur (filosofie), Romeinse kultuur (regsleer) en Joods-Christelike kulture (religie). Dit plaas ’n hoë waarde op individualiteit en redelikheid en is geneig om Europese waardes, insluitende kriteria vir kultuur- en kunsbeoordeling, as universeel te beskou. Dit het moderniteit tot stand gebring wat gekenmerk word deur die imperialistiese neiging tot universalisering. Afrosentriese kultuur dui op die kulturele waardes, gebruike en simboliese vorme van bepaalde gemeenskappe in Afrika wat as tipies van Afrika beskou word. Hierdie kultuuruitinge moet in eie reg erken en gerespekteer word. Ek dink hier aan ’n ryke vertelkuns van onskatbare waarde, eiendomlike kunswerke, ’n pluraliteit van religieë, ’n kleim op gemeenskaplikheid en ’n besondere mensbeskouing vervat in die stelling umuntu ngumuntu ngabantu — “’n mens is ’n mens deur mense”.

Indien dié verskille wel dui op Europese en Afrika-kulture wat die węreld verskillend ervaar, verstaan en artikuleer, moet die spanning erken word. Hierdie erkenning is vrywel maklik. Wat moeilik is, is om dié verskeidenheid te akkommodeer binne dieselfde samelewingsverband. Wanneer dié verskille ’n rol speel in ’n politieke stryd om mag, is die aangewese weg die demokrasie met ’n grondwet, pluraliteit, onderhandeling en kompromie as sleutelwaardes.

In sommige gevalle kan die verskille beskryf word in terme van ’n spanning tussen pre-moderne en moderne kulture. Post-modernisme stel ons in staat om dié kompleksiteit van ’n samelewing te erken waarin, saam met ander konflikte, ook die konflik tussen pre-moderniteit en moderniteit voorkom en om dan dienooreenkomstig te handel. Dit is juis in hierdie verband dat demokrasie van belang is met dien verstande dat al drie vorme van demokrasie geld, naamlik: liberaal, pluraal en sosiaal.

Derdens is daar die spanning wat ontstaan tussen etniese kulture in ’n bepaalde samelewing en die nasionale kultuur. Dit is belangrik dat hierdie spanning lewend gehou word aangesien die neiging bestaan dat nasiebou-programme ’n algemene kultuur afdruk op die afsonderlike gemeenskapskulture. Binne die idioom van nasionalisme is dit onvermydelik. Nasionalisme werk op die beginsel van die saamvloei van kultuur en staatsmag — ’n beginsel wat ’n pluraliteit van etniese kulture nie kan waardeer nie omdat die staatsmag prioriteit aan een kultuur moet gee. Ek wil waarsku teen hierdie imperialisme van kultuur wat tipies is van nasionalisme. Teenoor nasionalisme moet ons meewerk aan die skep van ’n demokratiese kultuur wat ’n pluraliteit van gemeenskapskulture kan akkommodeer en aan menseregte in groepsverband reg kan laat geskied.

Die ideaal van ’n demokratiese kultuur is ’n buitengewoon moeilike opdrag vir die Suid-Afrikaanse samelewing. Daar bestaan ook verskillende vorme van demokrasie en duidelike keuses sal gemaak moet word. ’n Regverdige samelewing vereis relevante bestanddele van liberale demokrasie, sosiale demokrasie en plurale demokrasie. Liberale demokrasie verteenwoordig konstitusionalisme — in duidelike opposisie tot nasionalisme — en ’n handves van menseregte. Sosiale demokrasie betrek burgers by besluitnemingsprosesse en hou die staat verantwoordelik vir die voorsiening van ’n materiële infrastruktuur wat alle burgers in staat sal stel om inderdaad deel van ’n demokratiese bestel te word. Plurale demokrasie dring aan op ’n veelparty politieke sisteem en kweek respek vir ’n pluraliteit van outonome organisasies en van kultuurgroepe binne die burgerlike samelewing. Die beginsel van regte aan kultuurgemeenskappe is nie vreemd aan plurale demokrasie nie. Hierdie kulturele pluralisme is van groot belang, nie net in Suid-Afrika nie, maar in alle gevalle van multi-kulturele saambestaan in alle dele van die węreld. Die demokratiese beginsel van pluralisme in sulke gevalle staan bekend as negotiation of difference — die onderhandeling van verskille op die grondslag van respek vir die andersheid van ander kulture.

Walzer (1993:19) beweer dat dit wat die menslike geslag gemeenskaplik besit juis hierdie partikulariteit is wat op pluralistiese grondslag van respek hanteer moet word. Hy formuleer sy standpunt soos volg:

    “Since the nature and the number of our identities will be different, even characteristically different for whole populations, a great variety of arrangements ought to be expected and welcomed. Each of them will have its usefulness and its irritations: none of them will be permanent; the negotiation of difference will never produce a final settlement. What this also means is that our common humanity will never make us a single universal tribe. The crucial communality of the human race is particularism. With the end of imperial and totalitarian rule, we can at last recognise this commonality and begin the difficult negotiations it requires.”

IV
KUNS

In die afdeling oor kultuur het ek reeds verwys na die nou band tussen kuns en kultuur. Dit is in die konteks waarin na kultuur verwys is as simboliese vormgewing en as die produksie en sirkulasie van tekens. Kuns in al sy vorme hoort tuis onder hierdie betekenis. Dit kan gesien word in terme van die produksie en sirkulasie van estetiese objekte wat slaan op daardie objekte wat die mens ontroer deur die wyse waarop die verbeelding betrek word — veral die vermoë van die verbeelding om metafories skeppend met die węreld om te gaan. Omrede van hierdie kreatiewe dimensie van kuns staan dit sentraal in die lewe van die mens en moet dit nooit, om watter rede ook al, tot die periferie van die lewe verskuif word nie. Kuns is een van die asemhalingsorgane van ’n kultuur en geen kultuur behoort dit af te skeep of tweedehands daarmee om te gaan of instansies soos die staat en kerk toe te laat om daarmee in te meng nie.

Wat die verhouding tussen kuns en kultuur betref, is daar ’n paar sake wat ons aandag verdien.

Ek het reeds daarop gewys dat daar drie benaderingswyses is tot die węreld en dat dit ’n invloed het op die aard van die kultuur waarby ons betrokke is. Dit geld ook vir ons siening van kuns. Ons ervaring van kuns en kultuur in die huidige Suid-Afrika is ’n komplekse aangeleentheid wat nie losgedink moet word van pre-moderniteit, moderniteit en post-moderniteit nie. In ons gesprekke oor kuns is dit belangrik dat ons hierdie verskille moet erken en ons telkens afvra watter rol hulle speel in ons skepping en waardering van kuns.

Indien ons kultuur verbind met die lewensvorm van ’n etniese gemeenskap, dan val die klem op ’n diversiteit van kulture wat elkeen sy eie bydrae tot die kuns lewer. Dit is dus ’n boeiende toekoms wat ons tegemoet gaan in Suid-Afrika omrede van die kruis-bestuiwing wat plaasvind. Die belangrike vraag is of ons voldoende bewus is hiervan en of ons in staat is om kreatief en verbeeldingryk hiermee om te gaan.

’n Ander saak wat ons aandag verdien, is die feit dat ’n keuse vir kuns as ’n sentrale komponent van die lewe van ’n individu en ’n gemeenskap ook ’n keuse is vir sekere waardes wat implikasies het vir die skep van kuns. Hierdie waardes is die volgende: vryheid van spraak, sensitiwiteit vir die nuanses van menslike ervaring, respek vir die vrye spel van die verbeelding, ’n kritiese houding teenoor alle gode — metafisies, religieus, polities — wat die verbeelding inbind, en betrokkenheid in die vraag wat dit beteken om mens te wees. Een van die gevolge van so ’n benadering is voortdurende waaksaamheid teen alle vorme van imperialisme in die sfeer van kuns.

Daar is natuurlik baie vorme van imperialisme. Ek dink hier aan die imperialisme opgesluit in die proses van kolonialisering wat daarop neerkom dat ’n Westerse kultuur- en magstruktuur ’n nie-Westerse samelewing opgelę word. ’n Sagter vorm hiervan is wanneer Wes-Europese maatstawwe vanselfsprekend van toepassing gemaak word in ’n mens se beoordeling van sake, ook wanneer kunswaardering ter sake is.

Nog ’n voorbeeld van imperialisme in die sfeer van kuns is nasionalisme wat eis dat die hoogste lojaliteit van ’n burger aan die nasie en nasionale staat toekom. Dit vorm die agtergrond vir die eis van politieke korrektheid met die oproep tot die skepping van ’n nasionale kultuur, nasionale kuns, nasionale letterkunde. Soos reeds aangetoon, dui die begrip “nasie” op die saamvloei van kultuur en politieke mag — ’n benadering wat kultuurimperialisme impliseer. Soos gewone burgers moet kunstenaars ook waaksaam wees en ’n kritiese houding aanneem teenoor die verslawing van die verbeelding deur die konsep van die nasie. In ons waaksaamheid teen die bedreiging van kultuurimperialisme is dit moontlik dat ons die rykdom van die diversiteit van kulture as bronne van waardes ontdek en die dinamiek van interkulturele kontak ervaar.

V
TAAL EN LETTERKUNDE

Wanneer dit gaan om besinning oor kultuur en kuns neem die kunsvorm van die letterkunde ’n besondere plek in. Een rede hiervoor is omdat letterkunde bestaan danksy die skeppende vermoë van taal wat ook gesien word as sentrale merker van ’n kultuur. En as daar een saak is wat ek as filosoof graag onder u aandag wil bring, is dit die uiters belangrike rol van die taal in die lewe van die mens. Taal is nie bloot ’n toevalligheid van menswees nie, maar sentraal tot ons daaglikse bestaan. Die mens se intieme verhouding tot die taal stel ons nie net in staat om ’n kultuur tot stand te bring nie, maar om ons eie ervaring te artikuleer en iets van die kompleksiteit van die lewe te verstaan.

Ons kan sę dat dit die taal is wat ons in staat stel om van natuur kultuur te maak. En dit is veral die woordkunstenaar wat ons bewus maak van hoe intiem die taal met, byvoorbeeld, die natuur verbind is in ’n kultuur. Luister net hoe Annette Snyman (1981) die mite van die uitstorting van die Heilige Gees gebruik om aan ons te vertel hoe die Afrikaanse taal haar in staat stel om haar eie stem in die geluide van die natuur te ontdek. Hierdie mite van die Heilige Taal vertel nie van ’n vreemde taal nie, maar van die taal wie se skeppende vermoë ervaar word op so ’n wyse dat dit beskryf word as ’n viering van die eie taal asof die taalgebruikers dronk is van wyn en asof hulle hul eie taal vir die eerste keer werklik hoor. Annette Snyman vier die Afrikaanse taal soos volg:

    Gee my net één dag soos toenterjare,
    ’n dag vol soetwyn uit Jerusalem,
    g’n drome droom — gesigte sien -
    ’n dag wat van wind en vlamme sing!
    Maak van my so ’n nuwe Pinksterling
    dat ek die taal waarin ek gebore is,
    my eie klank, in elke geelvink en kanarie hoor;
    by tortels en by kokkewiet se kind
    Die ABC van duisend warm woorde vind!

Omrede van die nou verbondenheid tussen kultuur en taal is dit die taak van ’n kultuurgemeenskap om te stry vir die vrye beoefening van sy taal. Die staat kan ’n belangrike rol speel om tale te beskerm, maar dit kan nie alles doen nie. ’n Groot verantwoordelikheid rus op die burgerlike samelewing, dit wil sę u en ek, om ons deel te doen. Dit is die taak van ’n kultuur self om te sorg dat dit skeppend, bruikbaar en onontbeerlik is vir die samelewing. Die bestaan van ’n vrye ruimte om dit te doen, kan nie sonder meer aanvaar word nie. Dit moet voortdurend met ’n volgehoue stryd verower word. Binne ’n multi-kulturele situasie soos in Suid-Afrika is hierdie taak des te dringender. Kultuurimperialisme is ’n konstante bedreiging vir ’n pluraliteit van kulture en tale. Dit is dan ook in hierdie verband dat die letterkunde ’n bydrae kan lewer om sensitiwiteit te kweek vir hierdie aangeleenthede.

Die letterkunde is ook om ’n ander rede van belang. Dit hang saam met die noodsaak vir die mens om die geskiedenis ernstig op te neem. Ons behoort in elk geval nie oor die toekoms te praat sonder om oor die geskiedenis te praat nie. Dit is juis in hierdie verband dat letterkunde ’n belangrike rol kan speel. Ek het veral in gedagte die kuns om stories te vertel. Gebeurtenisse in die verlede moet geďnterpreteer word op ’n verbeeldingryke wyse en die vertel van verhale is ’n paslike manier om dit te doen. Elke kultuur het sy eie verhale en dit is belangrik om daarna te luister. Deur na mekaar se verhale te luister, leer ons nie net meer oor mekaar se kulture nie, maar is ons besig om saam ’n gemeenskaplike toekoms te skep. Verhale dra by tot die produksie en konsumpsie van ’n geďnformeerde kultuur omdat dit deur die kuns van vertelling is dat ’n kultuur verryk word met intertekstuele betekenis.

Verhale met ’n historiese resonansie is van groot belang vir ons in Suid-Afrika, want dit stel ook aan ons bekend dit wat onbewus in die Suid-Afrikaanse samelewing voortlewe. En indien dit onbewus bly, speel dit ’n negatiewe in plaas van ’n positiewe rol. In hierdie verband wil ek verwys na ’n uitspraak van Jesus in die evangelie van Thomas wat ek hier in Engels aanhaal: “If you bring forth what is within you, what you bring forth will save you. If you do not bring forth what is within you, what you do not bring forth will destroy you.” Hierdie uitspraak kan individueel of kollektief verstaan word. Indien kollektief verstaan, kan dit slaan op afsonderlike kulture of op die Suid-Afrikaanse gemeenskap in sy geheel. Wat kollektiewe begrip betref, is die vertel van verhale van uiterste belang omdat verhale, wat die historiese geheue van gemeenskappe afsonderlik en van die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die geheel ontgin, ons in staat stel om deur ’n beter verstaan van die verlede ’n sinvolle toekoms tot stand te bring. Dit sal vreemd wees indien die letterkunde nie daarin slaag om die sogenaamde “unfinished business” van ons verlede aan die orde te stel nie.

Om af te sluit, wil ek u net daaraan herinner dat die mens ’n historiese wese is en dat hy gedurig betrokke is by ’n spanning tussen die magte van onderdrukking en magte van bevryding. Dit beteken dat kultuur en kuns as historiese verskynsels ook betrokke is by hierdie spanning. Daarom is dit nodig dat ons in die besinning oor die toekoms van kultuur en kuns nie net mekaar oproep tot die viering van kulturele diversiteit nie, maar ook die vraag stel: waar staan ons wat betref die stryd tussen onderdrukking en bevryding?


Hierdie opstel maak gebruik van sommige gedagtes wat reeds uitgespreek is in my artikel “Kultuur in ’n veranderende Suid-Afrika” — die teks van ’n voordrag in 1994 gelewer by ’n kongres in Amsterdam.

BIBLIOGRAFIE

  • Breytenbach, B. 1993 “SA is niemandsland waar geur van revolusie weggewaai het”, Die Burger, 17 November 1993.

  • Degenaar, J. 1987 “Afrikaans die taal van bevryding.” Pp. 205-209 in H. du Plessis en T. du Plessis (reds.): Afrikaans en Taalpolitiek. Pretoria: HAUM.

  • Degenaar, J. 1992 “Taal, kultuur, ideologie”, Communicatio, 16/1, 2-9.

  • Degenaar, J. 1993 “Art and culture in a changing South Africa”, South African Journal of Philosophy, 10/3, 11-16.

  • Degenaar, J. 1995 “Kultuur in ’n veranderende Suid-Afrika”. Pp. 15-36 in H. Ester en A. van Leuvensteijn (reds.): Afrikaans in een veranderende context. Amsterdam: Suid-Afrikaanse Instituut.

  • Snyman, A. 1981 Klein Rondreis. Durbanville: Uitgewery Boschendal.

  • Walzer, M. 1993 “Modern tribalism”, Dialogue, 99, 14-19.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.