SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Aardklop se Diskoersreeks kyk na ons toekoms

Vuurvreter Patricia de Lille en bobaas-detente-voerder Van Zyl Slabbert is maar twee van die groot name wat aan vanjaar se Sol Plaatjie-Diskoersreeks by die Aardklop-kunstefees gaan deelneem. LitNet sal die lesings publiseer en verdere debat in die kuberruimte aanmoedig.

Suid-Afrika staan aan die vooraand van sy tiende verjaarsdagviering van ’n demokratiese bestel. Waarheen nou? In ’n land met oneindig baie kwessies, krisisse en kantlynkykers wonder ’n mens wat die toekoms inhou.

Vier onderwerpe onder ’n oorkoepelende vooruitskouing van Suid-Afrika se volgende tien jaar van demokrasie kom onder die loep. Verskeie kundiges - sommige vurig en passievol, ander weer versigtig optimisties of selfs pessimisties - gaan elkeen iets oor die toekoms van Suid-Afrika te sê kry. Dr Slabbert gaan die reeks inlei met sy visie vir díe volgende tien jaar.

Enersyds kry jy mense wat sê rassisme in Suid-Afrika is besig om toe te neem, van welke kant ook al. Andersyds is daar dié wat glo die vreedsame oorgang en bestuurde transformasie maak van Suid-Afrika ’n model in rasseverhoudinge. Die vraag bly egter opduik: kan alle groepe gesellig om dieselfde vuur sit? Sprekers soos die voormalige redakteur van die Sunday Times, Ken Owen, prof. Hermann Giliomee, internasionaal erkende geskiedkundige, en Thami Mazwai, uitgesproke rubriekskrywer en uitvoerende direkteur van Mafube Publishing, gaan die tema: “Kan wit en swart saam ’n toekoms bou?”, sonder handskoene aanpak onder voorsitterskap van Hein Willemse.

Daar is sowat 400 000 Suid-Afrikaners in Londen en nog baie meer op ander plekke in die wêreld. Hoekom? Suid-Afrika is dan veronderstel om ’n land van geleenthede te wees, een van die uitblinkers in Afrika. Of is dit bloot ’n geval van die samestelling van die ryk elite wat verander, terwyl die aantal armes steeds groei, soos die jongste sensussyfers vir werkloosheid aandui? Tydens die gesprek “Gaan ons ryker of armer word?” sê prof. Sampie Terreblanche, voormalige hoogleraar in ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, Leon Louw van die Vryemarkstigting en Neville Gabriel van die Konferensie van Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe (SACBC)) mekaar die stryd aan. Pieter Schoombee is die voorsitter.

Suid-Afrika het een van die mees progressiewe grondwette in die wêreld en sy demokratiese bestel word voorgehou as ’n voorbeeld vir baie Afrikalande. Kan die droom van Nepad ’n werklikheid word, of is die krisis in Zimbabwe ’n voorloper van wat ons hier te wagte kan wees? Tydens die gesprek “Gaan demokrasie in Suid-Afrika oorleef?” gaan oud-PAC-LP De Lille haar stem verhef. Haar gespreks-opponente sluit in dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheisdfront en dr. Chris Landsberg, politieke kenner by die Sentrum vir Beleidstudies, met Henry Jeffreys as voorsitter.

Die Sol Plaatje-lesingreeks word gehou ter ere van die skrywer, politikus, filosoof en dramaturg wat in die Noordwes-omgewing gebly het, maar ook later in Engeland en Amerika gewoon het. Hy was ’n aktivis wat hom ten nouste met maatskaplike omstandighede en kulturele ontwikkeling bemoei het. In die gees van dié besondere mens word daar jaarliks op onderwerpe gefokus wat debat uitlok, maar daar word ook gesprekke gevoer sodat alle Suid-Afrikaners beter begrip vir mekaar sal hê.

LitNet sal die lesings publiseer en verdere debat in die kuberruimte aanmoedig.

Die Reeks word moontlik gemaak deur die Konrad Adenhauer Stiftung en ondersteun deur LitNet.

Cachet Kleinteater, 90 minute. Vanaf Dinsdag 23 tot Vry 26 September, elke dag om 09:00 behalwe Dinsdag met die loodsing van die reeks, om 19:30


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.