SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Akademie bekroon teoloë

Die Pieter van Drimmelenprys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word vir 2006 aan prof Adrio König toegeken. Die Akademie se keurkomitee het in sy aanbeveling gewag gemaak van prof König se “eerlike omgang met die Bybel gepaardgaande met ’n sensitiwiteit teenoor die situasie van sy dag … [waarin] hy nie geskroom het om selfs sekere heilige koeie van die tradisie te bevraagteken nie”. Die toekenning word gemaak vir prof König se teologiese handboeke in Afrikaans. Sy bydrae word veral gewaardeer in terme van die reikwydte en diepte van sy publikasies met besondere verwysing na Gelowig nagedink, Stof jou doop af en Fokus op 300 geloofsvrae. Sy insigte oor die eskatologie en die doop word as verfrissend in die Suid-Afrikaanse gereformeerde teologie bestempel. Prof König was lank verbonde aan die Teologiese Fakulteit van UNISA en is tans as Bedieningsleier betrokke by die Kerk Sonder Mure-bedienings (NG Gemeente Verwoerdburgstad).

Die SA Akademie se Totiusprys is toegeken aan prof Jan van der Watt vir sy “hoogstaande en omvattende publikasies in Afrikaans oor die Christelike Teologie en die studie van die grondtale van die Bybel”.

Prof Van der Watt se hele akademiese oeuvre is by die toekenning in ag geneem. Hy is hoof van die Departement Nieu-Testamentiese studies van die Universiteit van Pretoria. Hy was vir korter of langer tye gasprofessor by universiteite in België, Duitsland, Indië, Nederland, Roemenië, Rusland, Suid-Korea en die VSA.

Sy jongste publikasie, wat hy saam met prof Francois Tolmie geskryf het, is Apokriewe. Ou en Nuwe Testament. Verlore boeke uit die Bybelse tyd, wat opnuut uit die grondtale in Afrikaans vertaal is.


LitNet: 23 Mei 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.