SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Wisselwerking tussen feit en fiksie

Gerrit Brand

Anthony Brink
Debating AZT: Mbeki and the AIDS drug controversy
Pietermaritzburg
Open Books
2000
ISBN 0 620 26177 3

Wat vir ’n boek is Debating AZT?

Laat ek dit met ’n omweg probeer verduidelik.

In The Constant Gardener vertel John le Carré die verhaal van die vrou van ’n Britse diplomaat in Kenia wat vermoor word omdat sy ’n farmaseutiese firma se gewetenlose misbruik van Afrikane as proefkonyne wil ontmasker. In die naskrif tot die boek merk Le Carré op: “By comparison with the reality, my novel was as tame as a holiday postcard”. In ’n onderhoud met Robert McCrum in die Mail & Guardian laat Le Carré val dat hy aanvanklik oor die oliebedryf wou skryf, maar dat gesprekke met mense in die farmaseutiese bedryf en met diegene wat probeer om hulle aktiwiteite te ontmasker, hom van gedagte laat verander het.

Hierdie wisselwerking tussen fiksie en werklikheid in Le Carré se oeuvre laat my dink aan ’n opmerking van David Michie in sy onlangse LitNet-onderhoud. Izak de Vries gee dit soos volg weer:

    David knew ... that fiction would provide a far more accurate platform to sketch the shenanigans of the high and mighty, since a more complete factual account would be dogged, and possibly gagged, by lawsuits. Besides, he wanted to be a novelist ...

In Debating AZT word die grens tussen feit en fiksie verder geproblematiseer.

Anthony Brink deins nie terug vir “lawsuits” nie. Hy bied ’n “complete factual account”, maar in die styl van meeslepende fiksie. Die boek is ’n taboebreker — nie in die eerste plek omdat dit die taboe-gelaaide tema van VIGS in Suid-Afrika aanvat nie — maar ook en veral omdat dit alle genre-matige grense verontagsaam. Volgens die antropoloog Mary Douglas het taboe te make met verskynsels wat dreig om gevestigde klassifikasieskemas te ontwrig. Ook die outeur van hierdie boek is in dié sin ’n taboeverskynsel: ’n advokaat uit KwaZulu-Natal wat met innemende hubris die heilige teoretiese grond van die mediese wetenskap betree.

Wat vir ’n boek is dit?

’n Bekende Suid-Afrikaanse skrywer (wat graag in hierdie verband anoniem wil bly tot en met die verskyning van ’n nuwe publikasie van sy hand) het dit te sê:

    Absolutely amazing ... he writes really well.

Donald Woods, die joernalis wat bekendheid verwerf het met sy boekstawing van Steve Biko se verhaal, stem saam:

    Deserves serious treatment.

Die boek het kennelik literêre waarde.

Tog het die boek ook wetenskaplike meriete. Die bekroonde molekulêre bioloog Peter Duesberg:

    I still can’t believe he wrote that. He’s really a molecular biologist pretending to be a lawyer.

Etienne de Harven, vroeër van die Pasteur Instituut stem saam:

    The best, most comprehensive review of AZT currently available.

Historiese roman? Exposé? Wetenskaplike publikasie?

Debating AZT wil maar nie netjies in enige van hierdie kategorieë inpas nie. Wat in elk geval duidelik is, is dat die titel misleidend is.

Die kontroversiële VIGS-medikasie AZT is wel die aanleiding tot en vertrekpunt van die boek. Uiteindelik gaan dit egter oor veel meer. Nie net die donker kant van “VIGS-wetenskap” in die algemeen nie, maar ook die weinig vertroue-inboesemende geskiedenis van die mediese wetenskap — veral in onlangse dekades — kom aan die orde. Die een taamlik steurende besef waarmee die leser bly sit, is dat groteske flaters deur die ganse mediese establishment geen skaarse gebeurtenis in die geskiedenis van hierdie bedryf is nie.

Anthony Brink lap in sy boek ’n verskeidenheid geskrifte aanmekaar. Koerantartikels, oorsigte oor wetenskaplike studies, briewe aan leidende VIGS-navorsers, historiese sketse en nog baie meer. Wat dit veral interessant maak, is die vryheid waarmee hy ook aan sy teenstanders die woord gee. Daarmee kry sy boek ’n sterk dialogiese karakter. Brink se uitgangspunt is dat gewone lesers intellektueel daartoe in staat is om die gesprek te volg en tot ’n eie oordeel te kom. In dié sin ondergrawe hy die soms onaantasbare gesag van die mediese magisterium. Dit is ’n ou tema, al deur Kant verwoord: Mondigheid — die moed om vir jouself te dink.

As amateur-wetenskaplike — hy noem homself ’n “science geek” — het Brink eintlik toevallig in die VIGS-kontroversie vasgestrompel:

    In the David Lynch movie Blue Velvet, Geoffrey Beaumont returns to visit his friendly middle-American hometown Lumberville. Dawdling around in a field he comes across a severed human ear. He finds himself drawn into investigating a surreal criminal netherworld, and is propelled towards dreadful discoveries. For me, stumbling onto AZT has been a bit like that, and my enquiry into the history and pharmacology of AZT has been a Carollian tour through a chamber of horrors ... it was like finding a grave in my garden, and then more the deeper I dug. Or watching good neighbours carted off by the secret police, never to be seen again. Not the kind of thing one can look away from.

Niks beskryf die leeservaring van hierdie resensent beter nie.

Die kersie op die koek — wat van Debating AZT ’n meesterstuk maak — is die humor waarvan elke reël, asook die spasies tussenin, deurtrek is. Een leser, ’n onderwyser, vertel dat daar gedurende die lees van die boek onophoudelik trane van lag by sy wange afgestroom het. Hoe kan dit nou met ’n boek wat met sulke ernstige sake besig is — in die laaste instansie wat die skrywer noem “iatrogenocide”: massamoord deur medikasie? Brink verduidelik homself so:

    Concerning my polemical style and sardonic tone, I should explain that I wrote with politicking in mind. (It’s a trick I picked up from Galileo. Unable to sell his dicovery of the moons of Jupiter to his peers (“demonic visions” they said), he took to pamphleteering to the lay public instead.)

Humor kan soms ’n politieke daad van die ernstigste aard wees. Niks is gevaarliker as om onaantasbare persone en instansies belaglik te maak nie.

Wees gewaarsku — die boek het ’n vreemde uitwerking op die leser. Enersyds laai dit iets ondraaglik swaar — grotesk eintlik — op jou skouers, iets waarvan jy nie meer met integriteit kan afkom nie. Andersyds moet jy nie verbaas wees as daar na dese ’n glimlag aan jou lippe kom pluk elke keer as jy die woord “AIDS expert” hoor nie. Dit is bevestig: Die keiser het nie ’n draad klere aan nie.

As teoloog het ek natuurlik ’n bepaalde manier van lees. Brink se styl — die samespel van ligsinnige humor en dodelike erns — laat my byvoorbeeld onwillekeurig dink aan die profetiese literatuur in die Bybel. Meer nog was ek geïnteresseerd in die visie op godsdiens wat sydelings in sy boek aan die orde kom — dit is immers dikwels die stukkies tussen die reëls wat die interessantste is. Op hierdie punt het ek ’n paar kritiese voorbehoude, wat ek in die volgende brief aan die outeur self oorgedra het:

    One point of criticism I would like to raise against your book (and the writings of many so-called “dissidents”) is the way in which you handle the topic of religion. For the most part you seem to treat it as a sort of irrationalism par excellence, with which you can compare AIDS science in order to discredit the latter.

    Although it is of course true that obscurantism, fanaticism and irrationality have often been features of religious discourse and practice (as of any other field of human endeavour), it is unreasonable to suggest that these are the defining characteristics of the religious mind-set. After all, there are those who argue that the scientific method has its roots in medieval scholasticism. Moreover, ever since the Enlightenment, Christian theologians have tended to be highly self-critical in their quest for a rational, scientific exposition of their faith. For instance, no respectable academic theologian would accept the kind of simplistic, conversation-stopping appeal to authoritative texts that seem to have become customary among medical scientists. For some years now, I have been researching models of theology that seek to satisfy the demands arising from discussions in the philosophy of science. Like so many others I have been concerned to show that theology can be practised in such a way as to earn its time-honoured place in the academy, only to stumble to my surprise on the disconcerting fact that contemporary “medical science” — arguably the most highly regarded science in modern society — does not seem to earn the epithet of “science” at all: Modern (and pre-modern) theology seems to be much more “scientific” than what has come to be known as “modern medical science”!

    Outside the sphere of Christianity, one could also point to the traditional religions of Africa. In Africa, religion and science were never as sharply demarcated as in the West. This cultural arrangement has its own drawbacks (as does the Western model). However, I think you would agree that, on the whole, African traditional healers (who are often both herbalists and diviners — doctors and priests/prophets, so to speak) have probably done more good in addressing “AIDS” than have the representatives of the Western medical establishment, and they have certainly done less harm. They prescribe mostly non-toxic herbs that have in their experience proven effective as remedies for specific ills, and at the same time try to reintegrate sick, isolated individuals into supportive communities, and to instill in them the conviction that healing is possible. If only the AIDS industry had followed their example! Moreover, the so-called “superstitions” of the African people have often been pointed out as the main culprit in their stubborn scepticism regarding Western claims concerning AIDS. As such it may turn out to be their only salvation. Therefore I do not think it wise to try to discredit AIDS scientists by calling them “witchdoctors”. If only they had behaved more like “witchdoctors”!

    You are of course right that religion and science, insofar as they are distinct, each has its own unique criteria of judgement, and that medical scientists should therefore guard against peculiarly religious modes of discourse and practice in their field — i.e. AIDS scientists are wrong to imbue their provisional hypotheses with the sacred authority of religious beliefs and dogmas. But that is not to say that there is no place in our lives for sacred authority, religious beliefs and dogmas.

    Therefore you would do well in future writings to refrain from such completely unfounded and unscientific claims as: “Scholars of religious thinking have long known that the more horrible and improbable the founding superstitions of a new faith, the greater its capacity to mobilise the popular imagination and the stronger the force of its revolutionary engine.”

    Surely an original and incisive thinker such as yourself can do better than this kind of modernist sloganeering!

Die outeur se antwoord? “Guilty as charged!” Hy maak geen verskoning vir sy rabiate ateïsme nie. Ateïsme was nog altyd ’n noodsaaklike meeloper van die teologie. Goeie teologie word gedoen met die ateïstiese kritiek in gedagte.

Die vraag is of skeptisisme jeens heersende wetenskaplike paradigmas — myns insiens ’n kripto-vorm van geloof — ook na waarde geskat word in ons tyd. (Een van die karakters in C.S. Lewis se wetenskapsfiksieroman That hideous strength is ’n agnostiese wetenskaplike wat desnieteenstaande saam met ’n groep (semi-) gelowiges veg teen ’n totalitêre wetenskaplike instituut.)

Die verhale in Debating AZT oor die reaksies van vooraanstaande navorsers (in Suid-Afrika en daarbuite) wanneer hulle met kritiek op hulle geliefkoosde hipoteses gekonfronteer word, gee nie veel hoop in dié verband nie. Die vrymoedigheid tot selfs harde kritiek op die outeur waartoe Debating AZT aanleiding gee (asook lg. se vriendelike reaksie op daardie kritiek) kom uit ’n ander wêreld — ’n wêreld wat miskien ’n kans staan om — van alle plekke — in Suid-Afrika ’n voet in die deur te kry.

Om saam te vat: Ek kan nie Debating AZT sterk genoeg aanbeveel nie — of jy nou ’n literêre ervaring wil hê, boeiende geskiedenis wil lees, meer te wete wil kom oor die VIGS-polemiek, tot teologiese en filosofiese besinning gebring wil word, of sommer net lekker wil lag. As ek die pous was (of ’n leidende VIGS-navorser) sou ek die stempel van goedkeuring op hierdie boek aangebring het: nihil obstat. Dit staan geskrywe. Niemand sal ooit kan sê: “Ek het nie geweet nie ...”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.