SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Donker idees, maar nie splinternuut nie

Ilse Groenewald

Erika Murray-Theron
Sę Maria

Sę MariaDis ’n familie-sage met ’n twist. Sę Maria, is ’n storie oor stories. Die verhaal handel oor ses geslagte se geheime wat deur die boek aan die leser blootgelę word. Alles begin met die lees van ’n koerantberig deur die verteller Maria wat haar aanspoor om te begin vertel, so “asof die tyd om klaar te vertel min geword het”. Maar, op die ou einde, moet Maria ook haar eie geheim ontbloot.

Deur die daaglikse interaksie en gesprekke van die familie, word die verskillende karakters aan die leser bekendgestel en word die vertellinge aan die gang gesit. Aanvanklik word die leser meegesleur deur die verskillende stories, totdat jy skielik besef dat alles nie is soos dit voorkom nie. Na mate Maria se verhaal ontwikkel, word die leser al verder in die familie geskiedenis teruggeneem en die leser raak partymaal verstring in die verskillende verhale en moet jy konsentreer om by te bly met al die spronge tussen hede en verlede.

Op die oog af is Maria en haar man, Ernst, ’n tipiese, hegte Pretoriase gesin. Hulle is lief vir mekaar en hul twee kinders, Vera en Theodor. Stadig maar seker, begin daar egter ’n polities-korrekte (of onkorrekte?) spel wat al die geraamtes van hierdie gesin met ’n gekletter uit die kas laat val. Omtrent alles wat in een familie kan verkeerd loop, loop met hierdie gesin op die een of ander manier op die ou einde verkeerd.

Die Nasionaal, Patriargale, Christelike waardes van die karakters word uitgedaag as die skandes al van so ver terug as die Anglo-boereoorlog begin kop uitsteek. Dit word verder gevoer deur die grense wat oorskrei word as ons agterkom dat Vera se man, Amaal, nie wit is nie en die verhouding tussen Theodor en die ouer, węreldwyser Brenda, nie net vriendskap is nie. Gooi dan nog ’n paar buite-egtelike kinders in en ’n goeie dosis bloedskande en die melodrama ontwikkel.

Sę Maria, sę op die ou einde niks nuuts nie. Die Afrikaanse leser is lank reeds nie meer naïef nie en is al telkemale blootgetel aan bloedskande en verhoudings oor die kleurgrens. Niks skok die hedendaagse leser meer nie en teen die einde van die verhaal wil ’n mens amper sę, “so what”. Sę Maria word slegs ’n herhaling van wat Elsa Joubert, onder meer, in Die Reise van Isobel en André Brink in Sandkastele gesę het.

Die boek bied beslis nie komplekse, literęre moontlikhede nie, maar as een van die finaliste in die Insig roman-wedstryd is dit ook nie ’n vodde-verhaal nie. Met al die dramas wat deurentyd plaasvind en die redelik donker einde, moet jy nie verwag om goed te voel na die lees van hierdie boek nie!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.