|
Die hele węreld se wondHerman Wasserman... And that land that I live in But now we got weapons If Gods on our side Dié woorde van Bob Dylan word tereg aangehaal deur n briefskrywer op SęNet tydens n bespreking van die huidige krisis wat volg op die aanvalle op die World Trade Center en die Pentagon. Want in die retoriek waarin die oorlogsvlamme aangeblaas word, is God alweer, net soos in hoeveel oorloë vantevore, opgeroep as eerste metafoor in die stryd. (Of dalk, indien God een van die woorde is wat ons gebruik as sinoniem vir daardie ewe ontwykende begrip Waarheid, die eerste slagoffer: When war is declared, Truth is the first casualty, het Arthur Ponsonby glo gesę.) Godsdiens is reeds sentraal geplaas in die konflik. Al het volskaalse oorlog nog nie in Afghanistan uitgebreek nie, was daar al węreldwyd, ook in Suid-Afrika, talle berigte gewees van geweld teenoor Moslems. En dit alles op grond van bewerings deur die Amerikaanse regering dat die Moslem-fundamentalis Osama bin Laden verantwoordelik is vir die aanvalle. En al het president George W Bush in sy toespraak aan die Amerikaanse bevolking beklemtoon dat hy die Islam-geloof respekteer, weerspreek sy eie retoriek hom. Dalk onbedoeld want Dubya is, ondanks die aanduidings volgens meningspeilings dat hy nou skielik die gewildste president van alle tye geword het, reeds legendaries daarvoor dat hy deur sy eie woorde gepootjie word. Maar as hy woorde soos kruistog (crusade) gebruik, of praat van n stryd tussen die goeie en die bose, of dreig dat wie nie vir Amerika is nie, teen Amerika is, bedien hy hom van n Christelike metaforiek. En in die diskoers waarby hierdie praatjies inskakel, is die term Moslem nie onskuldig nie. En die media, wat dikwels kritiekloos hierdie retoriek herhaal, se gebruik van woorde soos apokalips of Armageddon, dra by om die godsdienstige terme te laai met n eskatologiese onheil. Seepglad word daar gegly tussen Christelike beelde en woorde soos beskawing, wat ysingwekkend herinner aan koloniale diskoerse. Jy kan nie die Amerikaanse manier van lewe vernietig nie, het die voorsitter van die New Yorkse Aandelebeurs gespog voor die heropening van die beurs ná die aanvalle. En nie verpoos om te vra of daar dalk iets in hierdie manier van lewe, in die vryemarksisteem en die geglobaliseerde kapitalisme is wat ooreenstem met die imperialisme waaraan woorde soos beskawing of die heilige geweld waaraan terme soos kruistog n mens herinner nie. Daar is egter maniere waarop daar gepraat kan word oor die tragiese gebeure in New York en Washington sonder dat daar godsdienstige binariteite tussen ons en hulle opgeroep word. Dit behels die besef dat die węreld nie netjies in twee gedeel kan word nie, dat die węreld op komplekse maniere interverbind is en nie uiteen val in begrensde entiteite soos nasiestate en gelowe nie. Jy kan dit sien binne die konteks van globalisering, wat meegebring het dat die węreld al meer interverbind is, en dat juis hierdie interverbindings ironies genoeg sentraal staan in die hele beriggewing oor die ramp, soos David Beresford onlangs knap in die Mail and Guardian aangetoon het: die vliegtuie wat in die geboue vasgevlieg het, die selfone waarmee mense uit die puin gebel het, die gekodeerde e-pos waarmee die terroriste na bewering vir mekaar boodskappe stuur dit is alles bekende tekens van die hoogs geglobaliseerde era waarin ons leef, waarin die węreld op komplekse maniere interverbind is. Binne so n węreld maak dit nie sin om te praat van binęre opposisies nie; binne so n ingewikkelde netwerk verbindings gaan die probleem van terrorisme nie opgelos word deur jou te beroep op uitgediende retorika van die nasiestaat of n land uit sy geloof uit te gaan bombardeer nie. Dan is daar nie so n duidelike onderskeid tussen hulle en ons nie, maar is ons almal deel van dieselfde liggaam, n liggaam wat siek geword het. Dan moet daar indringende vrae gevra word wat nie te make het met n vyand wat n Ander is vir die Amerikaanse Self nie, maar wat juis ook selfondersoek verg. Die soort vrae wat die New Age-ghoeroe Deepak Chopra [1] vra:
Die wond van 11 September is nie net die Amerikaners sn of die beskaafde węreld sn of die Christendom of watter onse daar ook al in Bush se pond is nie. Dis die hele węreld se wond. Die gapende krater waar die WTC gestaan het, is ons almal se leegheid, ons almal se letsel. Dan moet ons vra hoekom daar dele van die liggaam is wat teen die res van die liggaam rebelleer, soos kanker. Maar God-gesanksioneerde sekerhede behoef geen vrae nie: One push of the button/ And a shot the world wide/ And you never ask questions/ When Gods on your side. Dit is ontnugterend om agter te kom dat daar in die hoofstroom-media bitter min vrae gevra word met die opregte oogmerk om agter te kom waarom die aanval plaasgevind het, en die mate waartoe daar in fasiele polariserings verval word. Ter verdediging moet daar darem ook opgemerk word dat verskeie media-moniteringsorganisasies, akademici en besadigdes al pogings aangewend het om teenstemme te laat opklink, al word hulle grootliks verswelg deur die vlaggieswaaiery en jingoďstiese sentimente wat aangeblaas word. Verskeie petisies is al gesirkuleer, waaronder een wat gestuur sal word aan netwerke soos CNN en Fox om beswaar te maak teen die krete van oorlog wat hulle goedsmoeds laat opklink het en daarmee gemoedere in Amerika opgesweep het. Optogte is al gereël en gedenkdienste gehou. Maar moontlik het die gemak waarmee Amerika sy vyand geďdentifiseer het, juis te make met die onkunde oor die rol wat Amerika se buitelandse beleid en die heersende diskoerse wat hy ondersteun, in die globale arena speel. Amerikaners, berig Laura Miller in n onlangse artikel op salon.com, kom nou agter dat hulle n grootskaalse onkunde oor die Islam onder lede gehad het, en probeer nou skielik inligting inwin. Amerikaners het, volgens die kenners wat sy aanhaal, n totale apatie oor wat in die res van die węreld aangaan en verlang ook nie van hul media om hulle daaroor in te lig nie (onthou iemand nog die liedjie We are the World waarmee Amerikaanse popsangers op Bob Geldof se Band Aid-poging geantwoord het?) Die media het Amerikaners in die steek gelaat, omdat lesers gekry het waarvoor hulle gevra het en nie uitgedaag is om hul grense te verskuif nie. Miller haal n joernalis, Eric Ransdell, wat vir jare as buitelandse korrespondent gewerk het, hieroor aan:
Hierdie onkunde is eintlik verrassend, gesien die geskiedenis van Amerika as n immigranteland. En een van die resultate van hierdie onkunde is veralgemening. Dis die oerrassistiese oor-dieselfde-kam-skeerdery: die boosaardige (gewoonlik donkerder) Ander lyk almal dieselfde, dink almal dieselfde en is gevaarlik. En veralgemening beteken dat jy mense wat anders as jy lyk of aantrek, voor die voet kan stereotipeer omdat jy vanuit jou eie gesentreerdheid die norm bepaal. In die dae kort na die aanval, het CNN gewys hoe Amerikaners met kopdoeke of Islamitiese gewade in die strate voorgekeer en deursoek is. Wat die polisie eerste gedoen het, is kort daarna deur die algemene publiek gevolg. Aanvalle op sogenaamde Arab-Americans het węreldwyd plaasgevind. Weer eens was die media nie onskuldig nie. Tussendeur herhalings van dieselfde tonele van die vliegtuie wat in die WTC vasvlieg (wallpaper is die term in TV-taal ), is dieselfde klein groepie Palestynse Arabiere, meesal kinders, getoon waar hulle vreugdesdanse uitvoer. Dit ondanks die feit dat die een na die ander Palestynse organisasie die aanvalle veroordeel het. George Bush se aankondiging dat Amerika n kruistog teen terrorisme gaan voer, was kenmerkend van hierdie onsensitiwiteit. Dit was nie bloot n polities inkorrekte opmerking nie, maar waarskynlik eerder n aanduiding van juis die mate waarin hy onkundig is oor die diskoerse waarby sy retoriek aansluit en oor hoe taalgebruik nie bloot deskriptief is nie, maar ook konstruktief. Of is dit dalk bedoeld? Want deur die ontploffings van 11 September te verpak in woorde soos oorlog, kruistog en beskawing, is daar n verhaal rondom hulle gebou wat die beoogde weerwraak van Amerika nie net antisipeer nie, maar ook vanuit n Christelik-georiënteerde raamwerk gaan legitimeer en as onafwendbaar gaan konstrueer. Die kenmerkende kitsch operasienaam wat Bush kort daarna aangekondig het, Operation Infinite Justice, het eweneens kritiek ontlok vanuit Moslem-kringe. Dit is toe intussen verander na Operation Enduring Freedom. (Dit klink soos die slagspreuk in n deodorantadvertensie, maar nou ja.) Die reaksie op hierdie kodename is n aanduiding dat oorloë nie net met wapens nie, maar ook met woorde geveg word, dat woorde wapens is. Woorde is gelaaide pistole, het Jean-Paul Sartre gesę. Bush het skynbaar probeer walgooi teen wat duidelik n anti-Islam-sentiment geword het in sy land. In sy toespraak aan die Amerikaanse Kongres het hy Moslems regdeur die węreld direk aangespreek en gesę dat Amerika die Moslem-geloof respekteer en dat diegene wat in die naam van Islam booshede pleeg, teen die naam van Allah laster. Maar in dieselfde toespraak het hy hom as sulks uitgelaat oor Afghanistan:
Hierdie soort eksotiserings dra net by daartoe om die stereotiperinge te bevestig. Hierdie stereotiperinge is n soort kennis waarmee verseker word dat die Ander n onderdanige posisie in die dominante diskoers behou, want daar word nou die indruk geskep dat hulle wel geken word, en wat die Weste van hulle weet, is genoeg om hulle as minderwaardig te bly sien en nie bestaande opvattings te bevraagteken nie. Oppervlakkige kwalifikasies dat die Moslem-geloof gerespekteer word, kan nie die krag van die diskoerse wat deur sulke opmerkings geaktiveer word, teenwerk nie. Maar terselfdertyd is Westerlinge besig om self hul toevlug te neem tot presies die fundamentalisme en irrasionaliteit waarvan Islam beskuldig word. Boeke oor Nostradamus, wat glo die aanvalle sou voorspel het, het volgens berigte in die dae na die aanvalle skielik onder die topverkopers beland. En e-posse met allerlei uitlegte van numerologiese verklarings tot n kamtige vlugnommer wat, as dit oorgesit word na n sekere lettertipe, onder meer n skedel en n vliegtuig vertoon vlieg die węreld vol. Is dit nou die rasionele Westerse kultuur? They hate what they see right here in this chamber: a democratically elected government, sę Bush, wat kort vantevore weens n skuiwergat in die kiesstelsel aan bewind gekom het en begroet is met die slagspreuk Hail to the Thief, aan die Kongres. They want to overthrow existing governments in many Muslim countries such as Egypt, Saudi Arabia and Jordan. They want to drive Israel out of the Middle East. They want to drive Christians and Jews out of vast regions of Asia and Africa, sę die leier van die land wat in die geskiedenis self al talle regerings omvergewerp en terreur op geďnstitusionaliseerde vlak gepleeg het. Every nation in every region now has a decision to make: Either you are with us, or you are with the terrorists. Geen tussenruimtes nie die węreld word verdeel in opposisies, gepolariseerde helftes eerder as n siek geheel. n Mens wil nie die wond wat die węreld toegedien is op 11 September, goedpraat nie. Dis n gebeurtenis wat, juis danksy die globaliserende uitwerking van die massamedia, in die węreld se geheue ingebrand is. Maar laat daar nie in die proses nog groter wonde toegedien word nie. En laat daar nie vergeet word nie dat, om Hennie Aucamp se boektitel van jare gelede te parafraseer, woorde ook kan wond. |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |