|
Waar is die vroue?JD PrinsIn haar resensie van nuwe stemme 2 (ns2) op LitNet raak Lisbé Smuts in die doodsnikke van haar betoog iets aan wat moontlik heelwat stof tot nadenke tot gevolg kan hê:
Waar Smuts egter wonder hoekom so min bruin of swart digters bydraes voorgelê het vir oorweging, sou mens hiermee saam eenvoudig net dít kon wonder: Waar is die vroue? Neem mens ns2 as vertrekpunt, is dit opvallend dat daar heelwat meer mans opgeneem is as vroue: van die 16 nuwe digters is net ses vroue, hoewel die meeste werk as daar na titels gekyk word dié van Ilse van Staaden is. Die voorloper van ns2, te wete nuwe stemme 1 (ns1) wat in 1997 verskyn het, se verdeling lyk effens beter: van die 11 debutante is 5 vroue! Die meerderheid van die vroue van ns2 het van meet af aan gemeen die ondersoek na die bydraes van vroue in poësie het meriete. Ek dink jou idee is great, skryf die jongste nuwe digter Yolandi Woest, waar Elsibe Loubser die ondersoek as n waardevolle benadering beskryf.
het Loubser gesê. Sy sê sy is nie een vir demografie of statistiek nie, en het dus nie eers getel of die verdeling 50/50 is nie.
het Loubser gesê. Haar vrae is egter dít: Hoekom is daar nie bruin vroue nie? Stel hulle nie in die digkuns belang nie? Was daar bruin vroue onder die 200 wat manuskripte voorgelê het? En waaroor het hulle gedig? Wie is die bruin vroue wat in Afrikaans dig, as daar wel is? Renée Marais, nog n debutant, se reaksie is dat sy hoop dat die deurslaggewende kriterium vir opname gehalte was.
Dit blyk egter dat uitgewers te verstane nie te geneë is om hierdie vertroulike inligting sommer bekend te maak nie.
het Nèlleke de Jager, een van die samestellers, gesê. Volgens De Jager hang alles saam met meriete.
Prof. Louise Viljoen van die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch meen dit is beslis relevant om in te gaan op die onderverteenwoordiging van vroue,
Die rede vir die swak verteenwoordiging van vroue, veral swart of bruin vroue? Hieroor sê Viljoen het sy al baie gedink,
Volgens Viljoen het iemand n keer gesê dat bruin en swart vroue veral in die struggle-jare doodgewoon ander dinge gehad het om te doen verkies het om hulle gewig in te gooi by maatskaplike eerder as estetiese kwessies. Sy noem dan egter vir Dido as voorbeeld wat hierdie siening sou weerlê omdat sy die twee kombineer. Maar, helaas, sê Viljoen, dis nogal moeilik om enige van hierdie stellings te substansieer.
reageer die digter Henning Pieterse. Hy sluit in n mate by Viljoen aan deur te sê mens kan met reg vra waarom daar swart en bruin vrouens is wat prosa skryf en publiseer, maar nie poësie nie.
sê Pieterse. Volgens Pieterse het hulle dusver met hul poësievoorlesingaande heelwat (wit) vroue wat gaan voorlees,
En hoe sien die bywoning van die nou reeds bekende en gewilde Bekgevegte daaruit?
het Pieterse gesê. Die blyk dat René Bohnen, wat n ruk gelede gedebuteer het, ook gaan deelneem aan die Bekgevegte tydens die Aardklop Kunstefees in Oktober.
het Pieterse gesê. Zandra Bezuidenhout, die jongste wenner van die Ingrid Jonker-prys, sluit weer by Pieterse aan dat dit nie werklik moontlik is om klinkklare redes te gee vir die vrae rondom vroue en poësie nie.
Met verwysing na ns2 sê Bezuidenhout sy vind die poësie van die mans is lekker vars en
Dit hang net af wat die doelwit van die samestellers was. Ek is seker n mens sou ewe maklik n paar bundels poësie soos nuwe stemme kon publiseer, en die vrouens sal nie noodwendig altyd in die minderheid wees nie. |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |