SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Moedswil en doodsveragtende eerlikheid

Nanette van Rooyen

Nou ja toe
André le Roux
Human & Rousseau
R59,95
158 bladsye

Vanuit André le Roux se Dinsdag-rubriek in Beeld is ’n keur van 50 saamgevat in Nou ja toe. Van hierdie skrywer wat al met moedswil in die verlede sy stoel nadergesleep het, verwag jy niks minder as doodsveragtende eerlikheid nie. Hy het immers al gekom met die Sarie se Op die man af.

In hierdie boek kry ’n mens onder andere te lese van Eugene Terre’Blanche se passie vir sy perd, ’n sekswerker se misnoeë met sy twee-weke-oue ereksie, ’n Rastafariër in die hof, twee regstudente wat die landswapen gesteel het en die inbreker van Thabo Mbeki se ampswoning. Ons hoor ook hoe Hillary Clinton haar man se kaperjolle regverdig deur te verwys na sy slegte kinderjare. En dan kom ook Valli Moosa (“die Rambo van die Toerismebedryf”) se posterieur aan bod met verwysing na ’n omgewingskamp in Noord-Maputaland. In “Moenie dat ek my vir jou skaam nie, Flip” word die Hertog van Edinburgh deur die Koningin kortgevat. En hierdie keer is dit Allan Boesak wat die bliksem in is vir Boetman.

Ongeveer vyf keer is Mara (’n dikvellige boorling van die Noorde wat haar Bertus-man verwar met die Brutus-hond) aan die lamenteer in die oor van die Kaapse Antie Edna. Ek het die gevoel gekry dat Le Roux ’n hele boek sou kon wy aan sosiale kommentaar deur middel van Mara se naïewe stem.

Le Roux gebruik die eerstepersoonsverteller om onmiddellikheid aan sy kommentaar-stories te gee. Dit werk myns insiens heel goed, omdat die spotskrif dan ’n ironiese klank kry. Hier en daar sypel die skrywer se eie mening tog deur, soos in “Sy staan op die hawe voor die Cape Grace”:

      Hei, wie was eerste hier, ons of die Cape Grace, hè? En teen R2 400 ’n nag vir ’n dubbelkamer, R3 575 vir ’n suite, wat darem brekfis en BTW insluit, maar nog steeds: wie gee die plek ’n slegte naam, hè?

Om waarde uit die boek te haal moet die leser haar vergewis van die aktualiteit waarna verwys word. ’n Mens wonder net hoe lank is so ’n boek se lewensduur? Omgewingsministers word vervang, rugbyspelers se bier/buur-kwessies is relatief gou vergete. Nietemin, wanneer die stuk in konteks gelees word, word dit in fyn detail duidelik dat die skrywer sy mes in het vir verskeie indiwidue se ondeugde en heelwat Suid-Afrikaanse wantoestande.

Sommige rubrieke strek verby ’n geestige draakstekery en word dan ’n sterk hekelskrif soos in “Eers ’n diplomaat nou Jackie Selebrity”. Dit is in hierdie afkeurende stem dat Le Roux op sy beste vertoon. Dis met hierdie skerp aanklagte en bespotlike voorstellings van onbekwaamhede dat die leser voel dat ’n satirikus aan die woord is.

Die humor in Nou ja toe wissel tussen seksgrappies en swart humor. En tussendeur word die leser soms gekonfronteer met veralgemenings omtrent die vrou wat die bloeddruk opjaag. Hierdie leser kon nie altyd ’n vinger presies op ’n patroniserende toon druk nie, maar die nekhare het orent gestaan …

Die naskrif, en by tye ’n na-naskrif, is meestal oorbodig en ’n onderskatting van die leser se insig, behalwe in die storie “Hier’s ons vir Bhuti Nonja se pensjin” waar die addisionele inligting die ironie verder strek.

Vir diegene wat ’n voorliefde het vir statistiek, kom geniet julself. Die skrywer is ’n bedrewe man as dit kom by syfers en inligting wat met behulp van ’n muis uit die buitenste kennissfeer aangekeer word.

’n Mens kan net gaan kyk na die agterblad van die boek om te besef dat Le Roux beslis trefkrag het met sy rubrieke:

      Ek hou nie baie van jou nie, maar jou rubriek in Beeld vanoggend het my eindeloos geamuseer. — Chiristina Landman

      Daar is min mense in Afrikaans wie se skryfsels my tone laat krul (vergeef die cliché) van lekkerte. — Elfra Erasmus

      Dis soos chips of popcorn, hoe meer jy eet hoe meer wil jy hê! Dis nou jou skryfwerk wat ek bedoel.— Hanlie Sonnekus

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.