|
Sterre kyk in die KarooNaomi MaartensTydens die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees is die lug snags lank reeds te helder verlig om enige hemelliggame te kan waarneem. As jy daar wil sterre sien, moenie in die lug opkyk nie. In 1996, toe die fees nog veel kleiner was, het n vriendin een aand met blink oë op my afgestorm: Gaan Godfathers toe, het sy gesê. Anna-Mart van der Merwe kuier vanaand daar. In die jaar 2001 is die ry buite Godfathers van so n aard dat gn siel meer daar kan in nie. Anna-Mart kuier lank reeds nie meer daar van destyds af nie, maar die skares vergader hoenderkop op die sypaadjie. Soos ook voor Saddles, die Spur, in die stegie-kroeg neffens die Boekeparadys, in die straatkafees al langs Baron van Reedestraat, tussen al die stalletjies van Parmalat se vlooimark. Die feeskoerant, Krit, praat van bekendes wat na die KKNK as n kerkbasaar met drank verwys. Jonk en oud, klein en groot, fuif in die Karoo. Dit blyk te wees dat die mentaliteit maar nog steeds bestaan dat die lekkerste gepartytjie word in die teenwoordigheid van al die bekendes en kunstenaars op die fees. Maar dan is die vraag: wat is die doel van die Kunstefees(te)? Een groot partytjie met die toevallige (handige) verskoning dat daar n week lank onder die dowwe sterrehemel uitermate baie geëet en gedrink (en gerook) word? Wat voorspel die KKNK werklik vir die kunste? Ek gooi hierdie vraag vroegoggend in die midde van n spul mense saam met my aan tafel. Ek is bekommerd oor die langtermyn-effek wat enige fees op die kunste kan hê. Dis n tydelike inspuiting, sluit ek my toesprakie af. Stilweg kyk n vriend van sy bier op. Oorblyfsels van netnou se braaivleis streep oor sy wang. Kyk, sê hy. Daar het dosyne mense uit Die Toneelstuk gestap. Tannies wat nooit by die huis moeite sal doen om hulle voete in die teater te sit nie. Hulle is geskok oor die kaal mans en hulle is geskok oor hulle dink die stuk wat hulle gehoor het, is godslasterlik. Hulle is nou net hardhandig in die dam van die kunste ingeneuk en party van hulle like dit niks. Hulle haat dit, om die waarheid te sê. Is dit nie amazing nie? Ek verstaan nie. Kyk hom aan. Hy vat nog n sluk van sy bier. Dis kuns! glimlag hy, die eerste keer vanaand. Kuns lok altyd reaksie uit. Óns sit hier en probeer elemente van die postmodernisme daaraan toeken, iemand anders sê dis banaal, iemand anders dis uit die bose en n ander vertel ons ons moet ons onderbewussyn kans gee om dit te verteer. Kuns is al met ons van die heel eerste mens af, maar nou uiteindelik kan ons dit ook hier in Suid-Afrika herken. Die kuns lewe sigbaar, al sterf dit ook as enige kunstefees eendag sou afspiraal tot niks. Die sterre in sy bier verblind my vir een wonderlike oomblik. |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |