SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Was Boetman nie maar tevrede met sy oom-in-wording-opleiding nie?

Marius Crous

Bestel hierBoetman en die swanesang van die verligtes
Chris Louw
Human & Rousseau
2001
ISBN: 0 7981 4145 X
Slapband
352pp.

Verhale wat vertel word

1
Tydens die tagtigerjare was my broer besig om iewers op die mitiese grens teen die een of ander gevaar te veg, terwyl ek gelukkig as wit bevoorregte man die stelsel kon omseil deur jaar in en jaar uit te studeer. My pa, wat nooit krities gestaan het teenoor die heersende orde van daardie tyd nie, het een keer opgemerk: “Hulle sê die kinders is nie in Angola nie. Hulle belieg ons mos lekker!” Op daardie oomblik het ek meer respek vir hom gekry, omdat die skille van sy oë begin afval het en hy besef het hoe die NP + NG Kerk + Weermag + Broederbond + Christelik-nasionaal Onderwys ons deur die ore naai.

2
Terwyl ons op ’n klein plattelandse dorpie gewoon het, was ons eendag die toeskouers vir ’n militêre begrafnis van iemand wat in Angola gesterf het, wat in die dorp se heldeakker te ruste gelê sou word. Iemand het later opgemerk: “Hulle sê daar was net ’n hoop klippe in daai kis!”

3
Hoekom het hulle ons so belieg? En daarmee saam, hoekom het ons toegelaat dat hulle ons so belieg? Was ons dan werklik so bang vir God met sy bliksemstrale, die dominee met sy sensuur en helse vure [die bliksems het ons al die jare met die teologie van vrees vir die hel, en skuldgevoel omdat ons nou so kwansuis in sonde gebore is, regeer — p 329], die eerste minister met sy polisiemanne, sy knuppels, sy tronke en sy kanonne, die skoolhoof met sy rottang dat ons nooit dinge bevraagteken het nie? Ten spyte daarvan was ons as nie-swartes steeds bevoorreg en het die staat ons beskerm: ons kon ordentlik skoolgaan, kon gaan swot met beurse en goedgekeurde lenings en ons kon selfs ons poste reserveer terwyl ons in diens gestaan het van die vaderland! Soos Antjie Krog dit stel in Country of my skull, ons het blindelings in die reën agter ’n trok aangery.

Hardlywiges van ’n Sies Sosiale Orde
Dit is maklik vir die verligtes om nie tot die debat te wil toetree nie. Daardie groepie wat goeie posisies beklee het, beter salarisse gekry het en van hul aftreeplasies of uit hul strandhuise kan aanhou boeke skryf [“hooi en stoppelwoorde“, p 328]en probeer om in ons postmoderne tyd waarin enige vorm van gesag bevraagteken word, steeds god te speel. Om steeds soos in die goeie ou dae te probeer om voor te skryf, want dit leer mens moeilik af.

Voorlopige vrae

  1. Beskou Willem de Klerk dit as sy Godgegewe roeping om homself as ’n nuwe leiersfiguur op almal af te dwing? Is hy dalk ’n Boerefreud of -Lacan?
  2. Beskou Boetman homself as die nuwe profeet wat diegene wat soek na stabiele strukture en vaderfigure na die Nuwe Jerusalem wil lei?

Marginale stemme tree toe tot die diskoers
Om mens se bevoorregte posisie te verleer, moet jy vanuit die sentrum na die rand beweeg en luister na die randfigure se stemme. Ek was deel daarvan en ek vra niemand daarvoor om verskoning nie, want ek voel nie skuldig nie. Die stryd het nie gegaan om sogenaamde “apartheid” in stand te hou nie, maar om bose magte wat in moordenaarsbendes oor ons grense gekom het, te stuit en die inwoners te beskerm ten einde ’n Christelike, Westers georiënteerde beskaafde samelewing in stand te hou. En wat is daarmee verkeerd? (p 321). Betrek ’n mens die stemme wat in Country of my skull aan die woord gestel word, en lees jy oor Boetman se besoek aan onder meer Eugene de Kock, dan bevraagteken mens opnuut “Christelik, Westers georiënteerde beskaafde samelewing”. Of: Ons sal maar swyg oor die arme onskuldige mense wat doodgeskiet is en in riviere vol krokodille gegooi is; van die duisende Angolese moeders en kinders wat voor sonop wakker gemaak is sodat hul huise en persoon deursoek kon word. Sal ook maar swyg oor die vroue wat verkrag is deur een van ons misleide dronk soldate. Ek wonder tot vandag of hulle nie drank as ’n skild gebruik het sodat die volle krag van die militêre regstelsel hulle nie kon bykom nie. Ek wonder ook of daardie soldate wat hierdie sinnelose dade gepleeg het, vandag leiers in ons gemeenskap is. (p 323) Of impliseer Westerse beskaafdheid onregte wat in die naam van God en die vaderland gepleeg word? Ja, dit was ook nodig dat kapelane die dinge saam met ons seuns doen, maar ons moet daarteen waak om af te breek en te vernietig, want dit lyk vir my dat ons Afrikaners die kuns van afbraak en vernietiging van ons eie mense vervolmaak het. (p 324) Maar om alles net so te wil vergewe en vergeet, is seer sekerlik ’n té maklike uitweg? Of van swart mense te verwag om alles net so te vergeet en net voort te gaan, asof niks gebeur het nie? Deur dit alles was dit mos maar so al of die wittes die enigste mense en MENSE was wat in hierdie land woon — lokasies, aparte woonbuurte en geriewe  ... tot busse en parkbanke  ... het verseker dat ek swart mense / anderskleuriges  ... die HULLE  ... eintlik nooit leer ken of met hulle gemeng het nie (p 326). Het die NG Kerk werklik berou oor sy regverdiging en uitbouing van die apartheidsbeleid? Beteken belydenis sonder om gesond te word iets?(p 332) Skynheilige berou ter wille van gewetensrus? ’n Kapelaan van die weermag het ons destyds kwalik geneem dat ons ’n private begrafnis vir ons seun verkies het bo ’n militêre sirkus. Daardie jare moes ons noodgedwonge leer om nie bitter te wees nie. Vergeet kan ons egter nooit (p 334). “Vergifnis” en “berou” word uitinge om die eie bas te beskerm? “Ma, Juffrou het gesê my poniestert mag nie aan die kant van my kop wees nie” (p 335). Want Juffrou is ook deur die meul en as Juffrou nie waak teen die insypeling van die Kommunis nie, dan gaan Meneer sy fallus uithaal. Gaan vra maar vir die mense op die Kaapse vlakte wie se kinders daagliks in bendekruisvuur beland wat hulle daarvan dink: of hul kinders deur apartheid benadeel is of nie. As hulle gelyke onderwysgeleenthede gehad het soos die blanke kind in die vorige bedeling, sou hulle hier gewoon het? Sou hul kinders in sulke omstandighede grootgeword het? (p 337) Ek word nog steeds deur die ore gedinges. My velkleur is nou nog nie reg nie  ... ons mense suip liewer of pleeg selfmoord, want waar is die Moses van ouds om ons hier uit te lei? (p 339). Dit was die alledaagse gesig van daardie mag: pervers — op alle terreine. Maar ek is nog daar — danksy ander mense se ondersteuning, maar veral danksy die gewone vrou en man se wete: ons is gesond (al is ons baie armer) en julle is die hardlywiges van ’n Sies Sosiale Orde (p 341).Om namens die Ander te praat, is heiligskennis. As wit man is ek aandadig aan die stilmaak van die swart stemme, die vrouestemme, die stemme wat my bevoorregte posisie bedreig. Vir duisende matrikulante is daar nie eens die geld vir ’n buskaartjie na ’n ander provinsie nie, wat nog te sê ’n vliegkaartjie na ’n ander land! (p 337)

Vrae aan die teks
Nou ja, hy sou my sekerlik nie sommer in die pad kon steek nie, maar die Ooms het baie maniere geken van wraak neem op ongehoorsame Boetmanne. En van ons kant af, al was ons hoe rebels — ons wou darem so graag in die Ooms se goeie boekies kom, net ter wille van ’n bietjie erkenning (p 137)
. ’n Vraag wat seer sekerlik by lesers van hierdie teks gaan opkom, is hoekom Boetman nie destyds “rebels” was nie? Dit is maklik om na dese broodnodige kritiek uit te spreek, maar hoekom het Boetman nie destyds by die ANC of UDF aangesluit nie? Hoekom het Boetman nie destyds by die ECC aangesluit en in die tronk beland nie? Was Boetman nie maar tevrede met sy Oom-in-wording-opleiding nie?

Vir die jong Duitser is die kwessie waaroor hy uitsluitsel in sy gemoed moet vind, in ’n sin ’n suiwer morele vraagstuk. Minder sensitiewe mense kan in hul eie land gewoonweg voortgaan met hul lewens, sonder om te veel deur die verlede gepla te word. Dis ’n luukse wat die jong Afrikaner in Suid-Afrika na apartheid nie het nie. Anders as die Duitsers het hulle finaal die politieke beheer in hul land verloor (p 166). Impliseer Boetman hier dat die Afrikaner aan die bewind moes bly? Impliseer dit dan nie juis dat hy ’n Oom wou word nie; iemand met mag om te regeer? Iemand wat weer ’n nuwe staatsapparatuur kon instel om sy eie mag te verskans?

Maar ses jaar na die verkryging van die demokrasie is die dilemma rondom Afrikaans-wees steeds nie opgelos nie, soos blyk uit die intensiteit van die Boetman-debat. Selfs nadat op politieke vlak voldoen is aan die vereistes wat André du Toit in 1983 vir die voortbestaan van Afrikaans gestel het; selfs nadat die politieke mag volledig prysgegee is, spartel Afrikaners klaarblyklik nog met ons verlede, ons identiteit en ons rol in ’n demokratiese Suid-Afrika (p 171). Sonder om défaitisties te klink, maar suggereer dit nie juis dat ons wegbeweeg het van die bevoorregte posisie van Self nie? Dat hierdie Ander-wording juis ’n poging is om van die mag van die Ooms bevry te word? Hoekom wil die Afrikaner weer mag hê?

Die verligte Afrikaner, het De Klerk gesê, is ’n vyand, “omdat hy ons wil verlei”. Meer nog: “Ek beskuldig die verligte Afrikaner en sy leerstellings soos ons vandag die voortbrengsels van verligtheid ervaar, as skenders van ons erfenis  ... Die slot van die verhaal sal wees dat hy ons uitlewer aan die vreemde” (p 227). Gelukkig — so hoop mens — het Willem de Klerk intussen sy kritiese raamwerk gewysig en hopelik tot ander insigte gekom, al is die woord “verlig” (in opposisie met “verkramp”) verdag. Het Boetman reaksionêr geword? [In 1986 het hy om politieke redes by Perskor bedank, ’n tyd lank vryskutwerk gedoen, en hom daarna by die meningsblad Die Suid-Afrikaan aangesluit, waarvan hy mettertyd redakteur geword het. In die onderhandelingstyd was hy politieke korrespondent van die Mail & Guardian (p352).]

Ek verduidelik nie,” skryf De Klerk uit die hoogte. “Ek sê net dat ek die hoogste waardering het vir Willie Esterhuyse en ’n hoë premie plaas op ons destydse verkennende gesprekke met ANC-leiers in London [sic]. Ek dink dat daardie werk van ons twee, en ander, baie meer vir Afrikaners gedoen het as wat jy (Jaap Marais — MC) en die HNP oor jare vir die Afrikanervolk aangebied het” (p 235). Ons / julle. Verlig / verkramp. Opvallend hoe dikwels die uiting “hoog” in hierdie stukkie diskoers voorkom. Gedagtig aan De Klerk se psigologistiese inslag, moet mens seker dit as ’n Freudiaanse glips lees.

Die beskaafde peuseltjies aan goeie wit en rooi wyn in Bath het in Suid-Afrika met die mag van die sambok en die Casspir in brandende townships beslag gekry (p 254).
Anders as die Broederbonders het ons geglo dat alle Suid-Afrikaners daarop geregtig is om te weet wat die ANC se standpunt is sodat hulle ingeligte besluite kon neem (p 254)
. Ons / hulle. Poëties word die noodtoestand ingespan om kritiek te lewer op die verligtes. Dat ons “geglo” het, illustreer die goedgelowige naïwiteit van Boetman en Kie wat vir iemand wat dink vanuit ’n nihilisties-postmoderne raamwerk heeltemal vreemd voorkom. Hoekom moes die ANC oop kaarte speel? Hoekom sou hulle enigsins anders optree as die Ooms-as-maghebbers, veral aangesien hulle ses maande later die mag sou oorneem?

“Maar my God, Roelf,” was F W de Klerk se woorde, “jy het ons mos uitverkoop” (p 270). Kry Roelf Meyer die skuld vir die Afrikaner se verlies aan mag? Hoekom moes die Afrikaner noodwendig in die nuwe bedeling soveel mag hê? Word dit dan nie maar net ’n voortsetting van die verlede nie? Word Boetman se Oomwording dan nie maar net afgehandel nie?

Ek het my beywer vir ’n demokrasie waarin mense steun kan werf vir ’n saak, standpunte kan stel, eie menings mag hê, individualiste kan wees — nie een waarin ons almal maar net weer “without missing a goose-step” saam met ons Verligte Ooms moet voortmarsjeer as deel van die mitiese meerderheid nie (p 300). Boetman speel hier oop kaarte met sy leser en dit help, want na die lees van sy teks kom ek tot die gevolgtrekkings (wat oop is vir dekonstruksie): Boetman was ’n Oom-in-wording en het alles blindelings geglo en nagevolg; hy was vir ’n wyle gedisillusioneer met die ou stelsel en het by progressiewe koerante en tydskrifte gewerk. Toe hy eendag weer sien, het hy nie ’n Oom geword nie, maar die Ooms het hom verwerp en ’n ander koers ingeslaan om hulle vet gesigte vetter te stop. Toe hulle die ander koers inslaan, het hulle loodreg teen hul ideologie ingegaan en alles wat hulle al die jare voorgehou het as die Groot Waarheid, verwerp. Verward weet Boetman nou nie, moet hy huil oor die verlies aan Oomskap of moet hy huil omdat hy in die nuwe orde nie ’n alternatiewe Oomrol kan vertolk nie. Wat hom veral ontstel, is dat die Ooms namens hom oor die toekoms besluit en die nuwe magsorde hulle so geredelik in hul midde ontvang het. Diegene wat mag het, wil dit nie afstaan nie. Diegene wat nie mag het nie, wil dit afvat van diegene wat dit het [Mag is ’n vreemde ding, iets waarvan ’n mens, en veral mans, blykbaar nie genoeg kan kry nie — byna soos wellus wat wellus wek. Miskien dié dat sommige van die Ooms — een van hulle ’n eertydse persoonlike raadgewer van PW — sommer bo-oor hul verknoeide volksgenote se koppe tot in die arms van Thabo Mbeki se nuwe magselite kon spring (p 225)].

Wat doen ons nou hieraan, raak ons maar net nog ’n teedrinkklub? (p 331) Marianne de Jong praat van “’n nuwe diskoers van huisskoonmaak” (p 340) wat nodig is. Sy noem ook dat ons die verhale moet vertel van die verlede. Het dit nie nou tyd geword vir ’n regte tipe Nuerembergverhoor vir die verligtes nie? By die WVK het almal kategories ontken dat hulle aandadig was aan apartheid en dat hulle geweet het van moordbendes. Miskien moet die Afrikaner dan nou maar sy huis van binne begin skoonmaak en die Ooms een na die ander aantree. Miskien het dit tyd geword dat die Boetmanne en Susse hul stemme laat hoor en die Ooms (en die Anties) stilmaak. Of is ons nog steeds te parogiaal, patriargaal en paternalisties in ons denke?

Boetman se woede is te verstane, maar daar is ook baie Susters en Moeders en Vaders wat net so die bliksem in is. Hierdie mense moet aan die woord gestel word, tesame met die Uncles en die Aunties, die Butis en die Sisis — want almal is deur die ore gewerk deur die Ooms met die kanonne, die sambokke en die Bybel onder die blad. As deel van hierdie debat wonder mens waarteen die skoolhoofde en die dominees deesdae uitvaar — seker teen die Satan, want almal is mos deesdae nie-rassig in hul denke; gun gelyke geslagsrolle vir almal. Hulle kan ook nie meer vir elke klein misstappie die rottang oor die seuns se mooigevormde ferm boude laat neerreën, om sodoende in hul eie Jockeys met die gecheckte patrone te kom van lekkerkry nie.

Boetman laat my soms dink aan Breyten Breytenbach: Albei wou verligte Ooms in ’n verligte demokrasie wees, maar kom toe agter in die nuwe demokrasie het die Ooms plek gemaak vir die Oomalume.

[’n CD-speler in die agtergrond: die musiek sny in oor die gesprek: Every generation blames the one before.]

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.