|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Skakels:
www.jamesjoyce.ie James
Joyce se Ulysses is in 1922 gepubliseer en daar is deesdae 'n Bloomsday-fees
in Dublin waar die hoofkarakter, Leopold Bloom, se voetstappe op 16 Junie 1904
in Dublin nageloop word. Joyce-fanatici trek hul beste Eduaardiaanse uitvatte
aan en wandel deur Dublin se middestad, wat skynbaar nie veel verander het sedert
1904 nie, terwyl hulle Gorgonzola-toebroodjies eet en (baie) Guinness en rooiwyn
gebruik. Die Davy Burns-pub, wat sedert 1873 skrywers en digters lok, vorm deel
van die feesvieringe.
www.tcd.ie Die Book of Kells,
'n pragtige kunswerk wat in die 13de eeu deur monnike van die Kells klooster
geskryf is, is in bewaring in die Dublinse Trinity College, in die ou biblioteek.
Die boek bestaan uit die vier Evangelies, wat noukeurig deur die monnike gekopieer
is en elke bladsy is boonop ryklik versier met mitiese diere, en die wonderlik-swaaiende,
krullende Keltiese kunswerk van die tyd. Die dag toe ek my beurt in die tou
staan ek afwag om die boek te beskou, kla 'n luide Amerikaanse vrou die heeltyd
dat sy onder die indruk was 'that you could touch it' en nou is dit toegesluit
in 'n glaskas. Haar man het stil voor hom uitgestaar.
www.montreauxjazz.com Webwerf
van die Montreaux Jazz-fees wat elke jaar in Julie op die walle van Lake Geneva
plaasvind.
www.jumeirahinternational.com
As jy wil weet hoe lyk 'n hotel wat ontwerp is om ziljoenêr-Sheiks
te beindruk, gaan kyk gerus na die werf van die Dubaise Burj Al Arab-hotel.
www.nojazzfest.com Webwerf
van die jaarlikse New Orleans Jazz and Heritage Festival. 4000 musikante tree
op gedurende hierdie tien dae in die begin van April. Dit sluit jazz, zydeco,
R&B, country and western, rock en gospel in. Louisiana-geregte; shrimp, jambalaja
en sweet potato pone vorm deel van die kulinêre spyskaart.
www.iufomrc.com Rondom
die 4de Julie vind 'n vier-dae UFO-fees in Roswell, waar 'n unidentified flying
object in 1947 neergestort het, plaas. Die fees is 'n mengsel van pret, fantasie
en die absurde, met lesings deur "spesialiste" oor goed soos alien-wegvoerings.
www.memphisinmay.org Gedurende
Mei word die Memphis Barbecue Cooking Contest gehou. "Hog barbecue" is lank
sielekos vir die mense van Memphis en het 'n band met die stad se blues-geskiedenis.
As ek die woorde "hog barbecue" lees, kom spring Fannie Flagg se Fried Green
Tomatoes voor my op; sal derhalwe die kompetisie 'n mis gee hierdie jaar…
www.bluebirdcafe.com, www.lovelesscafe.com,
www.countrymusichalloffame.com
Kyk na hierdie webwerwe as jy oppad Nashville toe is om na
goeie country musiek te gaan luister. Musiek in die stad sluit in tradisionele
country, bluegrass, gospel, honky-tonk en rockabilly. Die Bluebird Café is een
van die stad se bekendste bestemmings.
www.psvresort.com Miskien
wen jy die lotery, of nog beter; die UK lotery, hierdie naweek. Eerste ding
wat jy moet doen is om na hierdie eilandhotel se webwerf te gaan kyk. Die Petit
St. Vincent eilandhotel is 'n plek waar mense heen gaan om regtig weg van dit
alles te kom. Die Karribiese eiland word privaat besit en mens bereik dit slegs
per huurvlug. Die veertig gaste woon afgesonderd van mekaar en kamerdiens werk
só: hang 'n rooi vlag uit as jy glad nie gesteur wil word nie, 'n geel een as
jy 'n versoek in jou posbus gesit het … vir ekstra sonbrandolie, aandete op
jou patio ens. Daar word binne rekordtyd aan jou wense voldoen.
www.reggaesumfest.com Die
fees vind elke jaar aan die begin Augustus plaas in Montego Bay, Jamaica. Die
warm someraande lewe dan behoorlik met die klanke van calypso, hip-hop en soca
op straat.
www.hostelworld.com Die
liewe Webvoet het hierdie werf aanbeveel vir hulp met relatief goedkoop verblyf
in Europa.
www.londontheatre.co.uk Teaters
in die Londense West End.
www.scotch-whisky.org.uk Skotse
werf vir diegene wat meer oor whiskey wil weet.
www.braemargathering.org Die
Braemar Games met sy kleurryke tartan kilts en luide doedelsakke het sy oorsprong
in die Middeleeue en is die bekendste van al die Highland Games-byeenkomste
(daar is ongeveer veertig van hulle).
www.theritzlondon.com Vir
diegene wat beplan om Tea at the Ritz, in die bekende Palm Court, te beleef.
Teetye is 15:30 en 17:00.
www.edinburgh-festivals.com
Die fees vind elke jaar gedurende Augustus plaas.
www.royalscotsman.com Daar
is dalk geen beter manier om deur die Skotse Hooglande te toer as op hierdie
trein met sy romantiese Eduardiaanse elegansie nie.
www.corkjazzfestival.com Hierdie
jazzfees in Ierland se tweede grootste stad vind elke Oktober plaas.
www.louvre.fr Die webwerf
van die grootste kunsmuseum in die wêreld.
www.marmottan.com In
hierdie museum word meer as 130 werke van Claude Monet uitgestal.
www.romantischestrasse.de Vir
inligting oor die Romantiese Roete, of Romantische Strasse, 'n 180 myl lange
pad op die Duitsland-Oostenryk-grens wat spog met dosyne Middeleeuse dorpe en
kastele. Vergeet van gaan in 'n propvol toerbus; doen dit stadig en op jou eie.
www.berlin-philharmonic.com
Moontlik die wêreld se beste simfonie-orkes. Die dirigent
was vir lank Herbert von Karajan, maar deesdae is dit sir Simon Rattle. Die
beste tyd om die orkes te sien is gedurende September.
www.narodni.divadlo.cz Hierdie
Praagse teater is deur Milos Forman in die rolprent Amadeus gebruik.
Geld gegenereer deur die film is aangewend om die agt jaar lange renovasie te
befonds, en diegene wat weet, sê Mozart se gees is tasbaar. Die konsert- en
operaseisoen duur van September tot Junie. Die Prague Spring Music Festival
gebeur vroeg Mei.
www.ufleku.cz U fleku is
'n biersaal in Praag wat sy eie bier brou en oor 'n lisensie beskik wat terugstrek
tot 1499. Daar is ses groot sale en tuine met groot bome, wat meehelp dat die
skares mense nie so oorweldigend voorkom nie.
www.raffles.com Dié hotel
in Singapoer is een van Asië se bekende bakens. Ruim suites, kiaathoutvloere,
veertien voet hoë plafonne en dakwaaiers dra by tot die koloniale gevoel. Die
hotel se Writers' Bar het op sy dag skrywers van die statuur van Somerset Maugham,
Joseph Conrad en Rudyard Kipling gesien.
www.hotels.prague.cz 'n
Versameling van skakels na Tseggiese hotelle en gastehuise. Skakels na akkommodasie
in Praag, Cesky Krumlov, Brno en Karlovy Vary word hier gelys, tesame met foto's
wat jou verseker sal inspireer om op die eerste beste vliegtuig soontoe te spring
www.lonelyplanetimages.com Meer
as 150,000 reisfoto's geneem deur van die beste reisfotograwe. Dis werklik 'n
pragtige werf, ideaal vir leunstoelreise. Registreer vandag nog en … lekker
droom (dis verniet, vir in geval jy gewonder het)
www.imj.org.il Werf van
die Israelse Museum in Jerusalem. The Shrine of the Book is die ondergrondse
huis van 'n aantal van die fassinerende Dead Sea Scrolls van die 1ste eeu na
Christus
www.bh.org.il Webwerf van
die museum vir Israelse geskiedenis en erfenis in Tel Aviv.
www.nomadicexpeditions.com Webwerf van 'n toeroperateur
met 'n verskil; hulle bied ondere andere perdry-ekspedisies na Mongolië aan.
Jy kan nie verder wegkom van dit alles, as hier nie
www.sitaindia.com Hierdie
reisagent reël toere met die Paleis op Wiele deur Indië. Daar is veertien waens
aan die trein gehaak, elk met ryk houtpanele en spesiaal-ontwerpte meubels.
Die trein ry hoofsaaklik deur die woestynhoeke van Rajasthan, gewoonlik in die
nag, wat besigtiging in stede soos Jaipur, Udaipur, Jaisalmer en Jodhpur, moontlik
maak. Musikante en ryklik-versierde olifante wag die trein op stasies in en
middagetes word bedien in paleise van gewese maharajahs
www.grandcentralterminal.com
As die blote gedagte aan besige treinstasies jou kop van lekkerkry
laat spin, besoek gerus die webwerf van Grand Central Terminal in New York
www.marktwainhouse.org Mark
Twain het van sy bekendste werk, soos Tom Sawyer en Huckleberry Finn, in hierdie
Viktoriaanse huis in Hartford, Connecticut, geskryf.
www.fla-keys.com Hemingway
het na Key West gekom in die 1930's en vir 'n dekade hier gebly om te skryf,
te drink en vis te vang
www.boraboraisland.com 'n
Kollega, so wel-berese dat sy derde passpoortboekie onlangs vol getjap is, sê
Bora Bora is die mooiste plek in die wêreld. Kaptein Cook het ook so gereken
en James Michener stem saam. Kyk solank na die webwerf en besluit vir jouself.
Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za
om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.
boontoe / to the top
|