![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]()
Moedertjie is pragtig maar sy praat nie Engels! (Praag)Estie Reynecke, 2003
Praag is 'n gunsteling-bestemming, dis duidelik - daar is baie, bitter baie, toeriste wat oral ronddwaal. Ek het egter nie een keer gevoel ek gaan crowd rage kry nie, en dit is veelseggend, want my persoonlike borrel is maar groot. Die stad het 'n byna gewyde atmosfeer - al is die persentasie gelowiges maar klein, iets soos dertig persent - en die toeriste is half-gedemp in hul waardering vir alles wat hulle om hulle sien. En daar ís baie te sien, amper honderd en vyftig bestemmings wat wissel van museums en galerye tot katedrale, paleise en tuine.
Al hierdie prag en praal om jou is mooi en maak pragtige foto's en bring soms 'n stilte in jou hart, maar reisigers sal met my saamstem dat dit die menslike element is wat vir die meer blywende herinneringe sorg. Mense en hulle dinge en die tale wat hulle praat. Engels is maar skraps in Praag. By die toeristeburo's en winkels in die historiese sentrum (die "ou stad'), is die taal nie 'n probleem nie - en sorg die Tsjeggies op trems en die Metro vir pret en 'n gevoel van outentisiteit, omdat mens mos voorberei het voor jy hierheen gekom het, en byvoorbeeld weet as die aankondiger sê "Hlavni Nadrazi", moet jy spring, want hier klim jy af om die bus en dan die trem nommer vyf en dertig te kry na jou pension toe. Die hemel help jou egter as jy verdwaal en al hoe verder weggevoer word deur die verkeerde trem, diep in die bleek, industriële voorstede in. In hierdie stedelike woesteny verkoop elke tweede winkel elektriese huisware en word 'n verdwaalde toeris sommer deur 'n verskeidenheid platinum blondes van agter toonbanke verwilder met "no English!" Die gebrek aan Engels het ook vir snaakse oomblikke gesorg. Ek was in 'n supermark en het by die kassiere oorgeleun om na 'n plastieksak by haar oop kasregister te wys - wat ek baie graag wou koop om my kruideniersware in te pak - toe sy my hand driftig wegklap. Ek was heeltemal oorbluf en toe my reismaat begin lag, het ek ook begin. Onbedaarlik en so lekker dat die kassiere later saamlag en ek verbete moes begin knyp.
Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |