ReisNet Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nou

Kobus Prinsloo, 2005

'n golf breek nou
blink op 'n strand in Natal
en trek lui terug soos vakansie

tien kilo's buite Satara
is 'n jong breekop arend
hoog in die takke van 'n droee boom
Knip-knip
sy visier nou op 'n senuagtige meerkat

'n Warm wind waai nou stof aan
Iewers in die droee Karoo
In die Drakensberge
tuimel water magtig deur 'n koel kloof
mosreuk dryf deur die skadu's

Iewers langs die weskus
'n visserman wat sy net inspekteer
bene gekruis op die sand langs sy skuit
met meeue wat hom skreeuend irriteer

En in Valsbaai sny 'n seiljag stil
en kalm deur die donker blou see
Klein en blink as jy van Kaapunt
se lighuis af kyk

In ou New York is 'n gebou
nou net gesloop
iemand het nounet verby jou
spore op Kilima Njaro geloop

Dolfyne jag teen die noordkus op
Grashalms waai in die wind by Villiers
Sonsbesies skrei langs die Olifantsrivier
'n meester oefen iewers in Pretoria klavier

Ek dink aan nou
Skilder prentjies vir jou
van 'n wereld wat draai
met of sonder ons



LitNet: 03 Oktober 2005

Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.