ReisNet Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Op Engelse treine

Teresa Moolman, 2005

op ons perron

'n druppeltjie dou dartel;
'n geel blaartjie kartel
teen glimmende metaal

vier stukke yster sny
vlymskerp die verte in

twee rye spore spartel
parallel in
dowwe gruis verpak en
omhul soos 'n skede

aan beide kante rys beton
'n wakende peloton;
'n deurgetrapte vlak
waar ons wag op ons kokon


Kokon I

uit
-gemergelde
-geputte
-drukkinglose oë

vas
-gevang
-gerig
-gespan
op die boek
die koerant
die sitplek in front


Kokon II

in die gange staan hul
ingeryg soos krale

skape in 'n kraal
staar en staar na
die sticker
die skrif is aan die muur:
Toilet this way


Kokon III

jou hand verslap
jou boek sak sag
jou nek knak 'n slag
jou kop wiegie-wieg
jou elmboog glip en jy
kartel -
jou kop rus
swaar
momenteel op my blad
warm asem in my nek ek
roer
jy ruk verwoed
jy gryp jou boek
en kyk verdwaas anderpad



LitNet: 08 Augustus 2005

Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.