|
|
LitNet Eksklusief: Paulo CoelhoKlik hier vir Engelse weergawe
Paulo Coelho (PC) het onlangs ingestem tot n telefoniese onderhoud met Erns Grundling (EG). EG: Het jy Suid-Afrika al ooit besoek? PC: Nee, nog nooit, maar ek ken Suid-Afrika se presidentsvrou baie goed, madame Mbeki, ons dien op dieselfde raad, so ons het al heelwat oor Suid-Afrika gesels. Ek beplan regtig om die land een of ander tyd te besoek. EG: Dit is nogal ongelooflik dat jy reeds meer as 43 miljoen eksemplare van jou boeke verkoop het. Ons het omtrent dieselfde aantal mense hier in Suid-Afrika, wat beteken dat daar n Paulo Coelho-boek vir elke landsburger is. Dit kan n hele nasie transformeer! PC: (lag) En as jy in ag neem dat elke eksemplaar deur gemiddeld drie mense gelees word, raak die getal na aan 120 miljoen, wat die populasie van Brasilië is! EG: So jy reken ons kan amper die hele Suidelike Halfrond transformeer? PC: (lag) Ja, ja! EG: In die Dedication van jou mees onlangse roman skryf jy I knew that my new novel, Eleven Minutes, dealt with a subject that was harsh, difficult, shocking. Het jy gevrees wat jou lesers se moontlike reaksie daarop sou wees? PC: Ek sou dit nie vrees noem nie. Eerstens, wanneer n skrywer n roman voltooi, weet hy nie altyd dadelik of hy daarin kon slaag om sy siel te verduidelik nie. Maar in die geval van Eleven Minutes, waar ek skryf oor so n sensitiewe onderwerp soos seksualiteit, was ek nie altyd seker of ek myself reg verduidelik het nie. Ek skryf nie om ander tevrede te stel nie, maar om myself uit te druk. EG: Hoe was die reaksie van jou lesers, veral in hul persoonlike korrespondensie met jou? PC: Ek was beďndruk, dis die boek waaroor ek tot dusver die beste terugvoer gekry het. En nie net van vrouens nie, maar ook van mans. Dis buitengewoon, mans gebruik nie gewoonlik die internet om te skryf wat hulle van boeke dink nie, dis makliker vir vrouens om hulle gedagtes te deel. Dit wil voorkom asof die boek n universele hartsnaar roer; die gesaghebbende nuusbrief Publishing Trends het onlangs aangekondig dat Eleven Minutes tans die boek is wat węreldwyd die beste verkoop. EG: Hoekom is mans deesdae so bang vir vrouens? Ek het heelwat daarvan raakgelees in Eleven Minutes. PC: Ek dink albei geslagte is bang vir mekaar, veral wat seks betref. Ons lees so baie oor seks, ons praat openlik oor seks, ons sien rolprente en ons lees boeke, maar wanneer ons van aangesig tot aangesig met mekaar kom, vergeet ons ons individuele patrone, ons vergeet dat ons elkeen uniek is. So ons probeer ander mense se patrone herhaal, volgens wat ons gesien en gehoor het. So die meeste van ons is baie gefrustreerd, want ons besef nie elkeen ons individualiteit wat seks betref nie. Ek dink seks is n baie sterk en bevrydende krag. In Veronika Decides to Die is daar n masturbasietoneel. Die enigste slegte reaksie wat ek daarop gekry het, was van n groep onderwysers in Engeland. Hulle het gesę ek verraai hulle studente, want hulle is mal oor my boeke en ek skryf dan nou oor masturbasie. Toe het ek hulle natuurlik gevra of hulle dan nie self in Engeland masturbeer nie. Ek wag nog steeds op n antwoord. Natuurlik doen hulle dit! Seks is n belangrike kwessie in ons lewens, maar dit kon natuurlik nie voorgekom het in The Alchemist of in van my ander boeke nie, want die hooftema in van daardie boeke was nie seks nie. EG: Is daar enige onderwerp waaroor jy nooit sal skryf nie? PC: Die tipe boek wat mens skryf, hang af van jou persepsie van die węreld op daardie gegewe oomblik. Ek weier nooit om te skryf oor iets waaroor ek sterk voel nie. Maar daar is een ding waaroor ek nooit sal skryf nie, en dis die tyd wat ek gearresteer is in Brasilië en onderwerp was aan haat en marteling. Daar is al genoeg boeke daaroor geskryf, ek sal niks kan byvoeg nie. EG: Wie sal jy sę is die mees invloedryke lewende skrywer op die oomblik, n medeskrywer wie se werk jy geniet om te lees? PC: Gewoonlik ... wel, elke keer wat ek n nuwe skrywer se werk lees, hou ek óf baie óf niks daarvan nie ... EG: Wel, kom ek vra eerder watter boeke tans op jou bedkassie lę. PC: Op die oomblik lees ek n boek deur Christina Lamb, n oorlogkorrespondent uit Afganistan. Sy het n onderhoud met my gevoer vir die Sunday Times in Engeland, en het daarna vir my haar boek gestuur. Ek geniet die boek regtig. Dis tot dusver slegs in Engels gepubliseer, ek wil dit graag onder my uitgewer se aandag bring. Die boek se naam is The Sewing Circles of Herat: A Personal Voyage Through Afghanistan. Ek het ook n boek deur die Franse filosoof Pierre Teilhard de Chardin op my bedkassie. En dan het ek altyd n boek van Jorge Luis Borges langs my bed, hy is n skrywer vir wie ek baie respek het. EG: Jy skryf altyd snags. Kry jy ooit sogenaamde writers block, en indien wel, hoe hanteer jy dit? PC: Mens het eerstens dissipline nodig om dit te hanteer. Ek dink skryf is n manier om jouself toe te laat om die misterie van jou siel te ontdek. Eleven Minutes was n manier waarop ek my gevoelens rondom seks kon ontdek. Maar ek skryf nie die heeltyd nie, ek skryf n boek elke twee jaar. So ek gaan sit elke twee jaar voor my rekenaar en sę vir myself, Reg, nou is dit tyd om al hierdie emosionele energie in n fisiese plan om te sit, wat natuurlik na die rekenaar verwys. Daar is wel tye wat ek nie lus is om voor die rekenaar te sit nie. Dit het meer te doen met die sielkundige aspekte as wat dit met n gebrek aan inspirasie te doen het. Partykeer wil jy nie skryf nie omdat jy nie jouself wil herken in jou skryfwerk nie. Dit het niks te doen met n gebrek aan inspirasie nie, inspirasie is altyd daar. EG: Ons webtuiste word gereeld besoek deur jong skrywers. Watter raad sal jy gee aan n opkomende skrywer wat graag n internasionale deurbraak wil maak? PC: Ek word altyd hierdie vraag gevra, in die openbaar, sowel as in private korrespondensie. My antwoord is altyd: Skryf! Mense dink soms dat ek antwoorde het, maar ek dink nie so nie. Ek bedoel, hoe het ek my boeke gepubliseer gekry? Ek het aan verskillende deure begin klop, vir etlike jare. My enigste raad aan hulle sal wees om aan te hou met skryf.
EG: In een van jou boeke skryf jy dat as iemand sy ware roeping volg, sal die heelal saamwerk om hom te help. PC: Dis reg. EG: Maar wat van diegene wat in verbysterende armoede leef? Wat is hulle roeping? Het die heelal hulle verontagsaam, of is daar ander oplossings? PC: Die situasie is natuurlik baie meer kompleks in so n geval, wanneer mens te doen kry met politiek en ekonomie. Daar was juis vandag weer samesprekings oor wapens van massavernietiging, oor of dit verkeerd of reg was. Maar as mens regtig hoog streef, sal mens die struikelblokke oorkom. Kyk na my, ek kom van Brasilië. Ek sou nooit kon gedroom het dat ek die geringste kans sou hę om iets buite Brasilië se landsgrense te kon publiseer nie, maar hier is ek nou. Ek is n lewende bewys dat die heelal saamwerk. En mens moet natuurlik veg vir jou waardes, en dan kan jy begin om vir ander mense ook deure oop te maak. Toe ek die eerste keer werklik groot geld begin verdien het, was een van die eerste dinge wat ek gedoen het, om die Instituut te stig. Vandag kyk ons al na nagenoeg 430 kinders. So ek probeer my bes om die probleme op te los. Maar ek is nie die regering nie. Ek kan nie my land, my staat, my stad of my buurt verander nie. Maar ek kan my straat verander.
EG: Jy het al derduisende mense ontmoet in jou reise regoor die aardbol. Is daar enigiemand wat jy nog regtig graag sal wil ontmoet? PC: Ek weet nie of jy al kans gehad het om die boek deur Gurdjieff, Encounters with Remarkable Men, te lees nie. Dit is n baie interessante boek, want toe ek dit gekoop het, was ek onder die indruk dat dit oor bekendes sou gaan. Maar hierdie ontmoetings is met gewone mense, soos die persoon wat n klavier regmaak. Elke dag ontmoet mens merkwaardige mense; dit gaan alles oor die skatkis wat ons elkeen in onsself saamdra. Ek het jou al vertel dat ek vir madame Mbeki ontmoet het, ek sien haar elke jaar omdat ons aan dieselfde stigting behoort. Sy is n merkwaardige mens. Maar elke persoon is merkwaardig, mits die persoon daartoe in staat is om sy of haar vermoëns te implementeer, of dit nou is om n kelner of n skrywer te wees. EG: Dalk kan jy vir oudpresident Nelson Mandela ontmoet tydens n besoek aan Suid-Afrika? PC: O ja, natuurlik! Hy is die een persoon op aarde vir wie ek regoor die węreld erkenning gee. Ek dink Nelson Mandela is op die oomblik die belangrikste lewende persoon in die węreld, want hy is iemand wat heeltemal onafhanklik is, en hy gee om oor die noodlot van die hele mensdom. Hy is die een mens wat ek die graagste sal wil ontmoet. EG: Jy sę altyd dat inspirasie vir n nuwe boek aangekondig word deur die verskyning van n wit veer. Is daar n wit veer wat nou deur jou huis waai? Het jy enige idees vir n nuwe boek? PC: Wanneer daar n wit veer is, dink ek ek moet my mond hou (lag). Omdat ek besig is om n boek te skryf, het ek al die energie nodig, so ek kan nie daaroor praat nie. My vrou weet ek is besig om te skryf, sy sien hoe ek ure voor die rekenaar spandeer. Maar sy durf my nie vra waaroor ek skryf nie (lag). So ja, daar is n wit veer, ek het al sowat 8 000 woorde geskryf, maar dit is nou nog by die beginstadium. EG: Dink jy die węreld gaan n beter plek word? Sal die sin vir misterie weer terugkeer tot mense se lewens, of is ons in n afwaartse spiraal? PC: Ons is by n kruispad; ek weet regtig nie. n Paar jaar gelede het ek die opbloei in spiritualiteit gesien as iets goed óf sleg, as iets wat ons 1 000 jaar vorentoe of 1 000 jaar terug kan plaas. Mense is deesdae baie meer angstig, veral met al die praatjies oor wapens van massavernietiging. Dit het n invloed op ons beweeglikheid, ons kan nie meer reis waar ons wil nie, ons word ingeperk. Terloops, my mees wyd geleesde teks was n brief aan George W Bush, wat deur 250 miljoen mense gelees is, wat nogal indrukwekkend was, selfs vir my (lag). EG: Hoe wil jy eendag onthou word? PC: As iemand wat gesterf het terwyl hy gelewe het. Ek gaan veras word en my as sal gestrooi word op die pelgrimstog na Santiago. Maar as ek iets op n grafsteen geskryf sou gehad het sou dit gewees het: Hy het gesterf terwyl hy gelewe het. So baie mense sterf lank voor hul dood. Hulle doen alles, haal asem, eet, maak liefde ... maar hulle het hulle entoesiasme vir die lewe verloor. So ek wil graag onthou word as iemand wat gesterf het terwyl hy gelewe het. EG: Dankie vir u tyd, mnr Coelho, en alle sterkte met daardie wit veer. PC: Dankie! (lag). 10 Februarie 2004 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |