OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Paljas: idees vir mondeling en stelwerk

Coenraad Walters en Carin Lawrie

Hierdie idees is sekerlik net maar enkeles wat op Paljas gebaseer kan word. Enige ander, veral dié wat reeds in die klas gebruik is en suksesvol was, kan gerus aangestuur word. En elke onderwyser moet natuurlik ook met die beskikbare kennis van die leerders die opdragte aanpas.

I. Mondeling: Dialoë


  1. Hendrik vertel vir Katrien dat hy bedank het op Twyfelfontein en dat hulle na Toorwater trek.
  2. Willem (ongeveer 35) se tienjarige seun / dogter kom binne met die narrepak aan.
  3. Nollie vertel vir ’n vriend / kennis van die jagluiperd en die olifante wat hy op die pad teengekom het.
  4. Die sirkusman, Bertie, verlang na Emma wanneer hulle al op ’n volgende dorp is. Hy gesels met een van die sirkusmeisies daaroor.
  5. Hendrik en die stasiemeester op Uniondale bespreek die verskyning van die sirkustrein. Hendrik se woorde kom (grotendeels) uit die draaiboek. Die ander karakter se woorde moet “ingevul” word.
  6. Jan Mol se vrou en ’n vriendin drink saam tee. Hulle skinder ’n hond uit ’n bos oor die MacDonalds.

II. Opstelonderwerpe


1. Dagboekinskrywings
  1. Jy is die jong Katrien wat in die trein sit. Aan die einde van die reis skryf jy in jou dagboek. Waarheen was die reis? Het dit ’n gelukkige of ongelukkige afloop gehad?
  2. Jy is Emma. Die aand nadat Bertie jou vasgedruk het, skryf jy in jou dagboek.
  3. Jy is Emma. Die aand na die volstruisdans skryf jy in jou dagboek.
  4. Jy is Nollie. Die aand nadat jy vir Emma onder die bad vasgekeer het, skryf jy in jou dagboek.
  5. Jy is Willem en ongeveer 19 jaar oud. Daar het vandag iets gebeur wat jou aan Manuel herinner het. Skryf daaroor in jou dagboek.
  6. Jy is Katrien. Skryf in jou dagboek neer wat jy voel oor Frans se besoeke en sy aanbod om vir jou goed van die dorp af te bring.
  7. Jy is Katrien. Die aand nadat jy en Hendrik die argument gehad het oor die oorbelle, skryf jy in jou dagboek.

2. Briewe
  1. Skryf Hendrik se bedankingsbrief as stasiemeester op Twyfelfontein.
  2. Vir die volgende oefening kan die klas in pare verdeel word. Een leerder voer dan (b)-1 uit, gee dit aan die spanmaat, wat dan op grond van daardie brief, (b)-2 uitvoer.
  3. (b)-1 Vyf jaar ná die gebeure van Paljas skryf Frans aan Katrien.
    (b)-2 Katrien beantwoord hierdie brief.
  4. Hendrik maak skriftelik beswaar by die Spoorweë se Streekshoof oor die fout wat die sirkustrein op sy stasie laat beland het.


3. Sirkussake
  1. Maak ’n kleurvolle plakkaat wat die sirkus adverteer.
  2. Skryf ’n kort advertensieberig in die koerant oor die sirkus.
  3. Skryf ’n resensie oor ’n aand by die sirkus vir die skoolkoerant.
  4. Skryf ’n brief aan die pers. Jy wonder of dit moreel regverdigbaar is om diere in sirkusse aan te hou. (Hier is dit natuurlik ook moontlik om ’n deel van die klas te laat reageer op ander se briewe aan die pers.)

4. Redenerende opstelle
  1. Bespreek die metamorfoses (veranderings) waardeur die karakters gaan.
  2. Vergelyk die sensualiteit wat deur die gepubliseerde draaiboek gesuggereer word met die heelwat “kalmer” aanbieding van die rolprent. Bespreek die redes vir die verskil.
  3. Bespreek die rol van redigering in die rolprent, en hoe dit met sensuur verband kan hou.

5. Ander onderwerpe
  1. Willem is 70 jaar oud. Hy dink terug aan hoe ’n nar eens in sy lewe ’n groot verskil gemaak het.
  2. Skryf ’n resensie oor Paljas.
  3. ’n Bekende kritikus skryf oor Paljas en kritiseer dit geweldig sterk. Volgens
    hom / haar is die rolprent van geen waarde nie, dit is swak gemaak en onoortuigend. Dit kan hoegenaamd nie as kuns beskou word nie. Skryf ’n brief aan die publikasie wat hierdie mening geplaas het en sit jou eie opinie oor die rolprent, asook jou reaksie op die kritikus se stellings, uiteen.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.