|
|
Die noodsaaklikheid van die ontwikkelling van n leeskultuurCarole de WaalGauteng Provinsiale Biblioteek- en Inligtingsdiens Suid-Afrika bevind hom in n ernstige stryd vir die verbetering van die opvoeding en lewenskwaliteit van n groot deel van die bevolking. Die toekoms van n demokratiese land is afhanklik van n goed ingeligte, opgevoede samelewing. Dit kan slegs bereik word wanneer alle inwoners ten volle geletterd is. Elke kind behoort toegang tot boeke in sy moedertaal te hê, om sodoende blootgestel te word aan die wonderlike ervaring van lees. Lees en skryf vorm die basis van die leerproses in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel. Enige ingryping wat taalvaardigheid kan verbeter, behoort aangemoedig te word, aangesien dit n impak het op die fondament van die opvoedingsproses. So vroeg as die voorskoolse jaar, behoort n kind in die gewoonte te kom om die biblioteek te besoek en te gebruik. Hoe ouer n kind word, hoe moeiliker is dit om n biblioteekgebruik gewoonte te vorm. Navorsing het getoon dat selfs babas al voordeel kan trek deur storievertelling. Om hardop vir kinders te lees, en toe te laat dat kleuters met boeke in aanraking kom, stimuleer hul motoriese, sosiale, emosionele en intellektuele ontwikkeling. Die rol van die opvoeder Hoekom kinders leer lees? Die klaskamer behoort n opwindende omgewing te skep waar die leeservaring op alle vlakke daagliks plaasvind.
Die rol van die Gauteng Provinsiale Biblioteek- Inligtingsdiens (GPLIS) Op 28, 29 Februarie en 1 Maart word n konferensie deur ERA aangebied. Tydens hierdie konferensie gaan Minister Asmal n Dekade van Lees in Suid-Afrika aankondig. Die doel van die konferensie is om n effektiewe strategie daar te stel om n dekade van lees te verseker en dat sleutelsektore n aktiewe bydrae sal lewer. Kontak: thumper@icon.co.za Ten slotte — alle belanghebbendes sal moet saamwerk om n leeskultuur in ons land te vestig, te bevorder en in stand te hou. Eers dan sal ongeletterdheid en apatie teenoor lees hokgeslaan word. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |