|
|
Bespreking van gedigtedeur Mildred JacobsAs jy weer skryf Ingrid Jonker Kantelson, die bundel waaruit dié gedig kom, is n versameling wat postuum in 1966 verskyn het. In dié bundel word talle temas en motiewe uit haar vroeër werke herhaal. Liefde en liefdesverhoudings staan sentraal in die oorgrote meerderheid van haar gedigte, wat dikwels op n afwesige geliefde gerig is. In As jy weer skryf is daar n persoonlike gerig-wees (volgens die ondertitel). Opvallend in die gedig is die nostalgiese toon aangebring deur die verwydering van die geliefde. Die gedig in sy geheel is n herinnering die woord onthou kom twee keer as n enkelreël in die gedig voor. So verkry dié woord, deur die herhaling, en as enkelreël, beklemtoning. Die oomblikke wat onthou moet word, is intens intieme oomblikke, kleurryke beelde wat glashelder in die geheue opgeroep word: die goue blaar, die blou moederkappie (n wilde orgidee). Sy vra die afwesige geliefde om die momente te onthou, terwyl dit in werklikheid sy is wat dit in herinnering roep: die ... afwesige wandelinge / teen Tafelberg wat nou so duidelik opgeroep word. Die rede vir die vervreemding tref ons aan in reël 7 (die langste reël in die gedig): sy het weggegaan en bevind haar nou in Lissabon. Dat dit nie net n tydelike weggaan is nie, blyk uit die woorde: Ek wat my bloed vermeng het met die bloed van / Die son saans in Lissabon. In reël 8 val die funksionaliteit van die allitererende klanke op: deur die herhaling van die s-klank word elke woord ast ware uitgelig terwyl terselfdertyd die reëlmaat van die versreël verhoog word. Deur middel van die alliterasie word die verwydering verder beklemtoon. Tog bly sy, ten spyte van die vervreemding, een met die geliefde. Hy is nie net deel van haar nie; hy is n weerspieëling van haar. Sy het hom met haar saamgedra soos n spieël. Prof. D.H. Steenberg wys in sy Simbolisme in die Afrikaanse Digterlike Tradisie daarop dat die spieël sedert die Middeleeue twee kante besit: n negatiewe kant wat die verganklikheid kan onthul en n positiewe kant wat die vermoë het om die ewige te weerspieël. Vir die digter gaan dit om daardie dinge wat verby is, maar ook om die dinge wat sy vir ewig met haar saamdra. Die momente wat verby is, skryf sy op die oop bladsy / van (haar) treurigheid. Dit is herinneringe wat haar tot weemoed stem, daarom is die hele toon van die gedig dié van somberheid. Die son dit wat warmte en vreugde behoort te verskaf is ... nou vir altyd bedek / met swart vlinders. Dit is n gedig wat spreek van eensaamheid, daarom die swaar nostalgiese toon, teweeggebring deur n liefde wat verby is, maar n geliefde wie se teenwoordigheid nie prysgegee wil word nie. Die voorthunkering is opvallend ook in die vloeiende versbeweging, verkry deur die aanwending van die enjambemente, en sluit dit op hierdie wyse aan by die tema van nostalgie. Die gedempte toon van sagtheid en teerheid word betekenisvol deur die enjambemente ondersteun. Met sy oneweredige verslengtes en die afwesigheid van leestekens is die gedig n vryevers. Let op hoe die gedig met sy herhaling van versreëls en die allitererende klanke n ritme opbou sodat die gedig uiteindelik n hegte eenheid vorm.
Bitterbessie dagbreek Ingrid Jonker AGTERGROND Die gedig is geskryf in die volksversmetrum, wat in n groot mate aansluit by die metrum wat Boerneef in sy verse beoefen. Daar kan baie gesê word oor die volksversmetrum, maar vir ons doeleindes is dit belangrik om te weet dat daar in die gedig n opvallende metries-ritmiese reëlmaat te bespeur is. In toon en vorm is die gedig, Bitterbessie dagbreek, dus nou verwant aan die volksvers. Wat gou opval, is die eenvoud in die toon en formulering, asook die sangerige aard en vloeiendheid van beweging in die gedig, grootliks teweeggebring deur die afwesigheid van leestekens. BESPREKING STROFE 1 STROFE 2 STROFE 3 STROFE 4 Die laaste strofe begin met die woord eggo en dui op die slotsom waartoe die digter kom. Wat hier vooropstaan, is die onegtheid, die weerklank. Let op hoe die effek van die eggo verkry word deur die herhaling van antwoord in reël 2. Wanneer die aanvangsreël in die slotstrofe herhaal word, is dit soos n finale gevolgtrekking waartoe sy kom: daar is geen vooruitsig op die herstel van die verhouding nie.
AGTERGROND Reeds met die titel van die gedig is dit duidelik dat dit in dié gedig om die digterskap gaan. Wat eerstens opval, is die reëlmatige strofebou en die verslengtes, planmatig gerangskik om n bepaalde patroon voor te stel. In die gedig trek die digter n parallel met die moeitevolle opbou van die skip in die bottel en die planmatige opbou van die gedig voor dit na die leser gaan, dus op sy pad gestuur word. Hierdie parallelisme word regdeur die gedig gehandhaaf sodat die gedig tegelykertyd op twee vlakke beweeg: die bowevlak waar dit gaan om die bou van die skippie in die bottel en die dieper betekenisvlak (of die benedevlak) waar die digterskap betrek word. STROFE 1 STROFE 2 STROFES 3 EN 4 Waar die digter in stofe 3 die klem laat val op die skeppende woord, nog steeds parallel met die bou van die skippie in die bottel, verskuif die aksent in die laaste strofe na die bou van die skippie. Maar dis nog steeds die stellasies vers / wat groei tot boeg en mas / en takelwerk. Opvallend hier is die wyse waarop die enjambement die oorloop van strofe 3 na strofe 4 die parallel tussen die twee onderskeie take ondersteun. Deur middel van die enjambement vloei die inspannende arbeid van die digter en die banneling ineen. Net soos die skippie stelselmatig opgebou word, ontwikkel (groei) ook die gedig. Ná die moeisame en gekompliseerde taak voltooi is, kan die skippie in die bottel, en die afgeronde gedig, op hul onderskeie reise voortgaan. Belangrik hier is die aandagstreep (-) wat n aanduiding gee dat die taak voltooi is. Vir die digter beteken dit die reis na die leser en onbekende bestemmings, net soos die bottel met sy inhoud. Die alliterasie in die laaste reël (geslote agter glas) beklemtoon die volbragte taak. Net soos die banneling in sy verbeelding met die skippie terugkeer na sy vaderland, keer die digter terug na syne sy geestelike vervulling by die voltooiing van sy skepping. Deur die verhewe taak onthef hy homself van sy bannelingskap en onderneem hy die reis na die land van sy drome sy verlange.
Die beiteltjie N.P. Van Wyk Louw Dié gedig is n voorbeeld van n gedig wat hom tegelykertyd op twee vlakke handhaaf: n bowevlak en benedevlak. Op een vlak kan die gedig gelees word as die uitbeelding van die geweldige effek wat n oënskynlike nietige daad kan hê. Met die lees van die gedig ontvou algaande egter n tweede, dieper vlak wanneer die leser vermoed dat die beiteltjie inderdaad suggestief simbolies is. Die gegewens waarmee die digter werk, word op so n wyse aangebied en gemanipuleer dat die beiteltjie as onbeduidende voorwerp bo die natuurlike uitgehef word. n Baie eenvoudige omskrywing van die begrip simbool is dat dit n konkrete voorstelling is van n abstrakte idee; dus: n voorwerp wat iets anders, gewoonlik n abstrakte saak, verteenwoordig. Om vas te stel hoe n voorwerp as simbool figureer, moet daar altyd gekyk word na die konteks of verband waarbinne hulle gebruik word. In die eerste reël van strofe 1 val die klem op die onbeduidendheid/onbenulligheid/nietigheid van die beiteltjie. Met die herhaling en die verkleiningsvorm word die voorwerp drie keer gereduseer tot sy kleinste vorm. Daarna tot in strofe 3 sê die digter wat hy met die beiteltjie gedoen het: hy het hom getik en geslyp en daarna op n klippie getoets om die effektiwiteit daarvan te bepaal. Ons let op hoe die digter nog in die eerste drie strofes beheer het oor die beiteltjie. Vanaf strofe 4 word die onstuitbare mag van die beiteltjie uitgebeeld; n mag wat progressief al groter word: eers breek die klippie, dan word die grys rots gekloof, gevolg deur die sagte aarde, die land, die planeet en uiteindelik die heelal (die bars wat dwarsdeur die sterre loop). Saam met die groterwordende mag van die beitel ontwikkel ook die spreker se trots in die mag van die oënskynlike nietige beitel, en daarmee saam ook sy geloof in wat die beitel alles kan vermag. In strofe 5 sê hy: so moet n beitel slaan / wat beitel is, of hoé? en in strofe 7 sê hy: met n bars wat van my beitel af / dwarsdeur die sterre loop. Die vermoede (wete) dat die beiteltjie simbool is van iets veel groter, veel dieper, noop die leser om die gedig weer van vooraf te lees om te kom by die dieper betekenis. Die vraag wat ontstaan is: waarvan is die beitel simbool? Van dié gedig het Van Wyk Louw self gesê: Die poësie is te ryk vir een enkele -isme, net soos die simbool te ryk is vir een enkele betekenis. Vir N.P. Van Wyk Louw kan dit wel hier gaan om die mag van die taal of die woord, meer spesifiek die digterlike woord. Wanneer die digter begin met die klein klein beiteltjie, kom dit neer op daardie klein begin; net die idee wat uitgebrei moet word. Die woord klink is suggestief, want die poësie klink, werk met klank. Ook die woord kry is suggestief dis immers n gawe wat hy ontvang het. Aan daardie idee word geslyp. Die herhaling dui hier op n voortdurende proses. Soos aan die beitel, moet daar vorm gegee word aan die woord; dit moet verfyn en afgerond word en eers as dit blink hy dus tevrede is met die resultaat kan hy dit toets. n Belangrike verstegniese middel wat in die eerste strofe deur die digter aangewend word, is die herhaling van die ei/y-klank. Deur middel van die assonansie word die kleinheid en die eenvoud van die instrument (taalinstrument) beklemtoon. Ook die reëlmaat van die versreëls word deur die assonansie verhoog. In strofe 2 begin die toets n klein begin met die klippie op die rots. Die kernreël begin met die aandagstreep: mens moet jou vergewis (dus sekerheid kry), gevolg deur die dubbelpunt. Daar moet nou gekyk word of die instrument die toets kan deurstaan. In strofe 3 span die digter al sy vermoëns in om die toets uit te voer. Hy gebruik die woord slaat n versterkte vorm van slaan en toon daardeur die krag wat hy uitoefen. Die sterkte van die beitel; die krag van die woord volg na die eerste dubbelpunt in strofe 3. Die tegniese vaardigheid is reeds merksaam in die vergelyking: so skoon soos langs n voeg. Wat nou volg, is die figuurlike gevolge van die kap van die beiteltjie, ingelei deur die woordjie toe. Die digter se betrokkenheid word nooit uit die oog verloor nie. Dis opvallend in die eerste drie strofes hoe die Ek telkens aan die begin geplaas word. Wanneer hy praat van my tien vingers, langs my voete, plaas hy hom te midde van die kettingreaksie. Deur die werkwoorde volg die leser die pad wat die beitel oopgekloof het: eers bars, dan skeur en in strofe 5 loop die donker naat deur my land tot dit uiteindelik na die wortel toe kloof, dus na die kern; die begin van die bestaan. Op hierdie stadium is dit nog n donker pad: die gevolge is nog duister vir die digter. Ook dit wat duister is, sal uiteindelik na die lig kom. Wanneer die digter sê: so moet n beitel slaat/wat beitel is, of hoe? is dit asof hy vir n oomblik terugstaan om sy handewerk, maar ook sy geestelike intellek in oënskou te neem. Uit die of hoe spreek n tevredenheid. In strofe 6 word die gevolge van die eerste daad voortgesit op sy progressiewe pad. Opvallend in dié strofe is die kontraste tussen duisternis en lig die goue afgronde wat tegelykertyd duisternis en lig suggereer; die hoogtes: die kranse, en die laagtes: die vlak groen see die digterlike woord wat hoogtes kan bereik, maar ook laagtepunte. Kenmerkend in die strofe is die talle allitererende kombinasies wat telkens die stukrag van die woord beklemtoon. Vgl. goue afgronde; verdwyn vlak. Die gedig eindig in strofe 7 met n hoogtepunt wanneer die voorafgaande gedagtes tot n kern saamgetrek word. Die dag wanneer die ... nag/daar anderkant oop gaan, is vir die digter n wonderlike ervaring uiteindelik sien hy die lig. Die bars of beiteltjie loop dwarsdeur die sterre. Aan die vermoë van die intellek is daar geen perke nie. Opvallend is hoe die voortvloeiing, die stukrag ook deur die enjambemente in die laaste strofe onderskraag word.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |