OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Vrae uit Douspoor deur A van Wyk en E Erasmus

Offerblomme

  1. In die openingsparagraaf word die verhaal vertel van die ma-hond wat verdwyn het. Sê kortliks watter effek dit op die gesin het.
  2. Dink jy dat Ma baie positief oor oom Paul voel? Motiveer. (Gebruik slegs die openingsparagraaf.)
  3. Ma stuur ’n vertroulike briefie aan Meisie.
  1. Waaruit kan ons aflei dat dit ’n ernstige “okkasie” moet wees?
  1. Ma en Meisie vertrek met hul “Sondagklere” na Meisie.
  1. Watter tekens is daar dat Ma gespanne is?
  2. Uit watter voorval kan ons aflei dat Phoebe ook gespanne is?
  1. Die bespreking oor sonde en die sing van die halleluja bring verdere spanning mee.Watter ander tekens is daar dat daar baie onuitgesproke gedagtes is?
  2. Die leser kyk nou na Meisie en haar kamer deur die oë van Phoebe. Sê kortliks wat sy waarneem.
  3. Dis duidelik dat Phoebe deur ’n ervaring gaan waaroor niemand praat nie. Watter afleidings kan die leser maak?
  4. “’n Ewigheid het donker het op die volgende paar dae kom lê” (bl. 86). Bespreek na aanleiding van die aanhaling Phoebe se gevoelens.
  5. Die dooie kleintjies van die ma-hond word in ’n afvoerpyp aangetref. Watter moontlike rede het Ma hiervoor aangevoer?
  6. Die aand bring Ma nog rose om haar dogter te troos. Hulle huil vir die eerste keer oor die dooie hondjies. Die leser kry die gevoel dat hulle oor meer as net die hondjies huil. Stem jy saam? Bespreek.
  7. Het jy agtergekom dat die verhaal van Phoebe parallel met dié van die ma-hond aangebied word? Skryf kort aantekeninge hieroor.

Responsvrae

  1. Watter aanduidings is daar dat ons hier met moontlike kindermolestering te make het?
  2. Watter man is verantwoordelik vir Phoebe se pyn? Kyk na al die inligting wat oor hom aangebied word en dui aan hoe alles wat hy gedoen het, nuwe betekenis kry.
  3. Waarom “offerblomme”? Wat word alles in die verhaal “geoffer”?
  4. Hoe sluit die verteltegniek aan by die onderliggende temas in die verhaal?

    boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.