OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Vrae uit Douspoor deur A van Wyk en E Erasmus

Aapstreke

  1. Rosanne Solomons dien die minister “wyer as haar posbeskrywing” Wat beteken hierdie uitlating?
  2. Waarvoor is Rosanne “keelvol”?Wat het haar in die begin aangetrek tot die minister?
  3. Mevrou minister word as ’n “wêreldwyse vrou” beskryf.
  1. Beskryf haar houding en haar kleredrag.
  2. Watter afleidings kan hieruit gemaak word?
  1. Wat word bedoel as die verteller sê dat die halwe waarhede “deesdae ook moeiliker word”?
  1. Watter tekens is daar dat die minister se vrou “in beheer is”?
  2. Watter tekens dui aan dat sy ook swaar deur die omstandighede geraak word?
  3. Die verhaal word as ’n speurverhaal aangebied. Haal op bl 28 ’n sin aan wat ’n suggestie is van ’n moordplan waarby ’n vrou betrokke is.
  4. Wat word moontlik bedoel met die kurator se vraag “… na meer as net Rosanne se telefoonnommer?”
  5. Die uitlating van die opsigter oor Suzy wat soos enige vrou is aan wie hy net ’n klomp “promises” kan maak, word ’n blatante aanval op die vroulike intellek. Stem jy saam? Motiveer.
  1. Verduidelik hoe die oom die twee gorillas gepaai het sotdat hy uiteindelik die kleintjie kon vat.
  2. Waarom “knipoog” die minister vir Rosanna? Beskryf ook Rosanna se karaktertrekke soos dit hier aan die leser geopenbaar word.
  3. Na Suzy se bloedstollende gil het die wind “gedraai”. Dit suggereer ook ’n wending in die verhaal. Sê kortliks wat hierna gebeur.
  4. Die minister sterf “aan die hand van ’n vrou”. Verduidelik hoe die slotsin ironiese betekenis kry binne die konteks van die verhaal.
  5. Watter tipe verteller word hier aangetref?
  6. Verduidelik kortliks hoe die verskuiwing van fokaliseerder in die verhaal terselfdertyd ’n uitsteltegniek kan wees.
  7. Bespreek kortliks die verband tussen die titel “Aapstreke” en die inhoud van die verhaal.

Responsvrae

  1. “Die minister in die verhaal word prototipe van die meeste politieke figure in Suid-Afrika en elders.” Bespreek.
  2. Sou jy reken dat die minister sy verdiende loon gekry het?
  3. “Die minister stel nie net belang in plesiertjies met vroue nie, hy misbruik hulle.” Bespreek.

    boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.