OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Planne vir ’n laevlakdag

Eers: wat is ’n laevlakdag?

Enige van die volgende:

  1. ’n dag aan die einde van die kwartaal, veral na ’n eksamen, wanneer ’n mens nie met nuwe werk wil begin nie, en ’n (groot) aantal leerders hul vakansies ’n week te vroeg begin
  2. ’n dag tussen twee openbare vakansiedae wanneer skole NIE ’n ekstra afdag kry nie, en kinders (dié wat opdaag!) sinvol besig gehou moet word
  3. ’n dag waarop ’n (groot) deel van die klas weg is op ’n kamp of ’n uitstappie, en die agterblyers iets sinvols moet doen
  4. ’n dag waarop die onderwyser en die leerders net lus voel vir iets ligs, iets lekkers, iets anders!

Plan een: ’n speelse IK-toets

Kondig aan dat die klas ’n onverwagte IK-toets moet aflê. Deel die volgende vraelys uit (met skryfpapier en skryfimplemente, indien nodig), en laat dit redelik ernstig klink. Die leerders sal gou genoeg agterkom dis glad nie ernstig nie. ’n Senior-eerstetaalklas sal hierdie aktiwiteit moontlik nie waardeer nie, maar ’n juniorklas of ’n tweedetaalklas geniet dit gewoonlik. Baie van die vrae mag dalk aan hulle bekend wees, ook in Engels; sê maar net dat dit hulle kans gee om slimmer voor te kom!

Die vrae van die toets is nie my oorspronklikheid nie: dit het in die vroeg-negentigerjare anoniem in ’n Akkerjol van die Universiteit van Stellenbosch verskyn. Dis maar net my bron: ek dink nie hulle kon juis op groot oorspronklikheid aanspraak maak nie.

Vir onderwysers wat nie noodwendig hul IK’s wil verklap nie, heg ek (moontlike) antwoorde aan.

Vrae

  1. Indien jy baie moeg is, om 19:00 gaan slaap en jou wekker opwen en dit vir 10:00 die volgende oggend stel, hoeveel ure sal jy slaap?
  2. Het Amerika ’n eerste April?
  3. Hoekom kan ’n man wat nou suid van die Vaalrivier woon, nie in Gauteng begrawe word nie?
  4. Sommige maande het 31 dae en sommige maande het 30 dae. Hoeveel maande het 28 dae?
  5. As jy een vuurhoutjie het en jy gaan ’n kamer binne waarin daar ’n paraffienlamp, ’n gasverwarmer en ’n houtstoof is, wat sal jy eerste aansteek?
  6. Hoe ver kan ’n hond in ’n woud inhardloop?
  7. ’n Persoon het twee muntstukke in sy hand. Saam is hulle 55 sent werd. Die een is nie ’n vyftigsentstuk nie. Wat is die munte?
  8. ’n Boer het 19 skape. Almal behalwe tien vrek. Hoeveel het hy oor?
  9. Deel 40 deur ’n halwe en tel 5 by. Wat is die antwoord?
  10. Neem 5 lemoene van 7 lemoene en 5 appels weg. Hoeveel het jy?
  11. ’n Argeoloog maak die aanspraak dat hy ’n muntstuk opgegrawe het waarop die datum 27 vC verskyn. Dink jy sy aanspraak is korrek? Motiveer jou antwoord.
  12. ’n Vrou gooi ’n 50c by die diaken in die kollektebordjie. Die vrou is die diaken se suster, maar die diaken is nie die vrou se broer nie. Hoe so?
  13. Hoeveel diere van elke soort het Moses met hom aan boord van die ark geneem?
  14. Is dit in Skotland wettig vir ’n man om met sy weduwee se suster te trou?
  15. Wie het Händel se Messias gekomponeer?
  16. Waarheen het Paulus op die Damaskus-pad gegaan?
  17. Volgens 1 Samuel 9:2 was Saul “… ’n kop langer as enige van sy volksgenote.” Hoe lank was Saul?

Antwoorde:

  1. Drie uur lank (’n opwenwekker kan nie onderskei tussen 10 nm en 10 vm nie).
  2. Natuurlik.
  3. Lewende mense word gewoonlik nie begrawe nie.
  4. Twaalf maande.
  5. Die vuurhoutjie.
  6. Halfpad — dan begin hy weer uithardloop.
  7. ’n Vyfsent en ’n vyftigsent. (Die een wat nie die vyftigsent is nie, is dan die vyfsent …)
  8. Tien.
  9. 85 (’n bietjie wiskundige algemene kennis).
  10. 5 lemoene.
  11. In 27 vC het hulle natuurlik nog nie geweet van Christus se geboorte nie. Hierdie vraag kan ook ’n bespreking tot gevolg hê van hoe kalenders uitgewerk word, en die verskille tussen Christelike jaartelling, en dié van die Islam, asook van ander kulture.
  12. Die diaken is ’n vrou. (Hierdie verskynsel is deesdae so algemeen dat leerders dit sekerlik dadelik sal weet. Bespreek verandering in sosiale rolle van mans en vroue, en ook die gewoontes in (verskillende) Christelike kerke, veral indien daar leerlinge is wat niks daarvan weet nie en graag wil uitvind).
  13. Moses was nie op die ark nie.
  14. Nee: oorledenes mag nie wettig trou nie!
  15. Händel.
  16. Damaskus toe. (Daar is ’n “gat” in dié vraag — laat leerders dit identifiseer.)
  17. Tot hy skoon is.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.