NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie
VERENIGINGS
Stel u belang daarin om deel te neem aan aktiwiteite rondom Nederlands? Hier is ’n paar verenigings om te oorweeg.


Die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN)

Die SAVN se doelstellings is:
  • Die bevordering van die studie van die Nederlandse taal- en letterkunde, ook in sy verhouding met die Afrikaanse taal- en letterkunde; en die bevordering van die Afrikaanse taal- en letterkunde in Nederlandstalige gebiede;
  • Die daadwerklike bewerkstelliging van kontak en samewerking met persone by akademiese instellings in Suider-Afrika wat die studie van Nederlands in sy wydste betekenis wil bevorder;
  • Die bevordering van kontakte en uitwisseling van dosente én studente met afdelings Nederlands by universiteite in Nederland, Vlaandere, Suriname, die Nederlandse Antille en Indonesië, asook met ander universiteite met afdelings Nederlands wêreldwyd; en
  • Die bevordering van kontak met die Nederlandse Taalunie, die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek en verwante instellings.

Lidmaatskap:
Die SAVN is, soos uit die doelstellings afgelei kan word, ’n akademiese eerder as ’n sosiale vereniging. Lidmaatskap van die SAVN is egter oop vir alle belangstellendes in die binne- en buiteland, asook vir die publiek in die breë. Studente kan teen halfprys lid word. Ledegeld beloop tans R50 per jaar, en is betaalbaar by me. Heidi de Villiers (e-pos: devilliersh@afrik.unp.ac.za). SAVN-lede ontvang die Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans (die TN&A), wat twee keer per jaar verskyn, gratis.

Bestuur:
Die voorsitter van die SAVN is Jacques van der Elst, dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die PU vir CHO. Die res van die bestuur (1998 — 2001) is: Dorothea van Zyl (US; ondervoorsitter), Eduan Swanepoel (UN Durban; penningmeester), Renée Marais (UP; sekretaresse), Siegfried Huigen (US; redakteur TN&A), Heinrich Grebe (UP); Anastasia de Vries, Braam de Vries, Heidi de Villiers (UN Pietermaritzburg), en Marga Stander (Uniqua).

Aktiwiteite:
Die SAVN hou elke drie jaar ’n internasionale kongres vir Neerlandistiek in Suid-Afrika. Die kongresse word op roterende basis aangebied by ’n Suid-Afrikaanse universiteit waar Nederlands gedoseer word. Die volgende kongres vind in Julie 2001 by die Universiteit van Pretoria plaas. Die algemene ledevergadering val altyd met die kongres saam.

’n Nuusbrief (redakteur: Heinrich Grebe) word twee keer per jaar aan SAVN-lede uitgestuur, net soos die reeds gemelde TN&A. Voorts ken die SAVN, in samewerking met en met finansiële ondersteuning deur die Nederlandse Taalunie, jaarliks beurse vir die bestudering van die Neerlandistiek aan studente toe (sluitingsdatum vir aansoeke vir 2000 is 30 September 1999 en aansoekvorms is reeds aan Departemente Afrikaans en Nederlands gepos); loodsprojekte soos die SAVN/Taalunie-projek (ook bekend as die Boswell/Gent-projek) vir die byskoling van Neerlandistiekdosente, en organiseer skrywersreise (in Suid-Afrika en in Nederland en Vlaandere). Vanjaar is twee vertaalprojekte aangepak, asook ’n werkswinkel (op die kampus van die Rhodes Universiteit) om studente verdere opleiding in die Nederlandse taal en kultuur te bied. Aan die einde van 1999 is daar ook ’n werkswinkel by die Universiteit van Natal (Durban) gehou om bestek op te neem van die stand van die Neerlandistiek in Suid-Afrika, veral in die lig van die transformasie wat by universiteite plaasvind.

boontoe


Die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek en die Kaapse Forum

Twee liggame is met die Nederlandse Taalunie se steun gestig ter bevordering van die universitêre Neerlandistiek en ter ondersteuning van universitêre projekte met betrekking tot die Neerlandistiek. Hierdie twee liggame is die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek (NKN, onder voorsitterskap van Piet Swanepoel, hoof van die Departement Afrikaans aan Unisa) en die Kaapse Forum (KF, onder voorsitterskap van Wium van Zyl, hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands van die UWK). Alle universiteite van Suider-Afrika waar Neerlandistiek gedoseer word, behoort tot een van hierdie twee liggame. Die NKN en die KF organiseer verskillende projekte met betrekking tot die Neerlandistiek en bied finansiële steun vir goedgekeurde projekte wat onderneem word deur universiteite wat by hulle geaffilieer is.

boontoe


De Nederlandsche Vereeniging te Pretoria
De Nederlandsche Vereeniging te Pretoria bevordert de culturele en geestelijke belangen, en verschaft ontspanning voor Nederlanders, oud-Nederlanders en hun kinderen en voor iedereen die Nederland een warm hart toedraagt. Wij organiseren:
  • Culturele, feest-, video- en spelletjesavonden;
  • Tenniswedstrijden, jeugdkampen en uitstapjes voor senioren;
  • Sint Nicolaasfeesten en Kerstzangavonden;
  • Plaatselijke Nederlandse nationale feestdagen en herdenkingen;
  • Bijeenkomsten voor belangstellenden voor Indonesië.

Bij de aangesloten verenigingen kunt u:

  • Voetballen;
  • Zingen;
  • Klaverjassen en bridgen;
  • Volksdansen;
  • Carneval vieren.

Ons maandblad, Nieuws, houdt leden op de hoogte van alle activiteiten en wordt gratis toegezonden.

DE NEDERLANDSCHE VEREENIGING TE PRETORIA
Aanvraag voor lidmaatschap

Hr/Mw/Echtpaar:................................

Postadres:.....................................

...............................................

Postcode:......................................

Telefoonnummer:................................

Geboortedatum man:.............................

Geboortedatum vrouw:...........................

Jaarlijkse contributie á R45 is ingesloten.

Handtekening: .................................

AUB posten aan Postbus 23579, GEZINA, 0031
Voor verdere informatie bel (012) 543-0015 of (012) 333-8080

boontoe


Afrikaans–Vlaamse Vereniging
Hierdie vereniging is aan die begin van die tagtigerjare deur dr. Corrie Jooste gestig. In hierdie tyd het talle immigrante uit Vlaandere hulle in Suid-Afrika kom vestig, en die vereniging het ten doel gehad om die Vlaamse immigrante se integrasie in die Afrikaanse gemeenskap makliker te help maak. ’n Tweede doelstelling was om sosiale kontak tussen die immigrante en reeds ingeburgerde Vlaminge enersyds, en tussen die immigrante en Afrikaanssprekendes andersyds te bewerkstellig.

Die Afrikaans–Vlaamse Vereniging is veral ’n sosiale vereniging, wat sowat vier gesellighede per jaar reël. Voorbeelde van sosiale gesellighede is die viering van die Vlaamse nasionale dag op 11 Julie, besoeke deur Afrikaanse en Vlaamse kunstenaars en (vanjaar) ’n Bruegel-fees. Hierdie byeenkomste word gewoonlik deur 50–100 lede bygewoon.

Lidmaatskap van die vereniging is oop vir enige belangstellende persone wat Afrikaans en/of Nederlands (veral Nederlands uit Vlaamse bodem) as taal gebruik. Ledegeld beloop R25 per jaar per gesin.

Die voorsitter van die Afrikaans–Vlaamse Vereniging is Joost Tryhou, wat bereik kan word by tel. (012) 333-8059 of per e-pos: tryhou@tryhou.co.za.

Die vereniging se posadres is:
Die Afrikaans–Vlaamse Vereniging
Posbus 24361
0031 Gezina.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.