|
|
Ringkoppe bymekaar om oor Afrikaans en Nederlands te besinNa afloop van die ALV-kongres wat op Dikhololo gehou is, het n klompie kundiges spesiaal een dag langer in die boendoe agtergebly om te besin oor die stand van die onderrig van Afrikaans en Nederlands aan Suid-Afrikaanse universiteite. In die lig van sosiale, ekonomiese en politieke veranderinge het dit dwingend noodsaaklik geword dat n deeglike bestekopname en toekomsbeplanning gedoen word, en aangesien van die land se belangrikste kundiges hoeka byeen was, het die SAVN besluit om dié gulde geleentheid aan te gryp sodat koppe bymekaar gesit kon word. Meer bepaald was die doel met die indaba dat saam besin word oor die uitkomste van die studie en onderrig van Afrikaans en Nederlands in Suid-Afrika. Die moontlikheid en wenslikheid van n gemeenskaplike kernkurrikulum het onder andere onder die loep gekom. Verder het konkrete planne vir die uitbou van Afrikaans en Nederlands oor die medium- en langer termyn ernstig aandag gekry. Die bedoeling was dat konkrete planne en strategieë uit die beraad voortvloei, sodat dit dan wyer bekendgestel en te gelegener tyd ter diskussie voorgelê kan word. Die program het soos volg daar uitgesien: Donderdag, 3 Oktober: 20:00 22:00 Vrydag, 4 Oktober
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |