|
|
Aantekeninge by die verskyning van n geleentheidsgedig van HC ten BergeRenée MaraisUniversiteit van Pretoria Sedert hy in 1964 as digter gedebuteer het, het die Nederlander HC ten Berge (geb Alkmaar 1938) n imposante en uiteenlopende oeuvre tot stand gebring as digter, vertaler, prosaskrywer en essayis, en is hy ook veelvuldig bekroon met talle literêre pryse, waaronder die Constantijn Huygensprijs vir sy hele oeuvre (1996) en die Multatuliprijs (1987). (Vir meer inligting, raadpleeg Uitgeverij Meulenhoff se webwerf, www.meulenhoff.nl) In Hedendaagse Nederlandstalige Dichters (Stichting Ons Erfdeel, 1995) klassifiseer Brems en Zuiderent Ten Berge as een van die debutante van die 1960s wie se poësie (en poëtika) sterk beïnvloed is deur die oeuvre van die Vijftigerdigter Gerrit Kouwenaar (in teenstelling tot die oeuvre van die Keiser van die Vijftigers, Lucebert). In die konteks van die tyd waarin hy debuteer, is Ten Berge n digter wat eerder n skepper van poësie is as n ontdekker of vinder daarvan. n Intense belangstelling in en bewustheid van taal en die mag van taal, en presiese, bewuste omgang met taal, kenmerk Ten Berge se oeuvre (net soos die van Hans Faverey en Hans Tentije, wat sterk geassosieer word met die tydskrif Raster, waarvan Ten Berge die redakteur was). As digter verken Ten Berge die potensiaal wat in die taal self opgesluit lê. In sy werk kom die leser dikwels die denkbeeld teë dat woorde oor magiese krag beskik en dat taal as besweringsmiddel kan dien (in sowel sy bundel De witte sjamaan as in sommige van die verhale in De beren van Churchill staan hierdie denkbeeld op die voorgrond). Nog n kenmerk van Ten Berge se oeuvre is die voortdurende verkenning van die verhouding tussen taal en werklikheid. Op intelligente en sinvolle wyse integreer hy historiese en/of filosofiese materiaal met die skryfkuns. Hy neem elemente uit sowel ander tydvakke (periodes) as ander kulture in sy eie oeuvre oor: die Middeleeuse mistikus Hadewijch se werk vind ewe goed neerslag in Ten Berge se oeuvre as die kultuur en literatuur van die Eskimos en die Indiaanse Asteke. In laasgenoemde kulture, net soos in die Boeddhisme en die Mistisisme, het die natuurlike verhouding tussen idees (denkbeelde) en hulle tasbare manifestasies nog behoue gebly. Deur hieruit te put, beweer Brems en Zuiderent, probeer Ten Berge die tydlose oomblik skep, wat in sy poësie dikwels in die gestalte van pool- en winterlandskappe manifesteer. Die prominente rol wat die inbring van ander kulture en tye in sy werk speel, gee n aanduiding van die belangrike rol van reis (sowel fisiek as deur middel van die woord) in Ten Berge se lewe en werk. Dit vind dus ook as tema, beeld en topos (bv die pad, die drumpel) neerslag in sy oeuvre. T van Deel skryf in De inertie verdrijven (n opstel oor Ten Berge se werk in Meulenhoff se reeks Literair Moment, 1987, p 6) dat Ten Berge self, in n gedig oor digterskap, die weg (oftewel opsie) van bedachtzaam schrijven (teenoor ongereflecteerd leven) formuleer as: Met niets beginnen, met niets / eindigen want, beweer Van Deel, met leegte begint het en met leegte eindigt het. Schrijven is een vorm van leven, en wat geschreven wordt zijn levenstekens, maar onvermijdelijk ook doodssignalen [my beklemtoning RM]. Natuurlik moet n mens na regte nou ook HC ten Berge se outobiografiese essay In de kloostertuin geschreven lees, wat in dieselfde publikasie as Van Deel se opstel oor Ten Berge verskyn het. In hierdie essay laat Ten Berge hom boeiend en insiggewend oor aspekte van sy werk en sy kunsopvatting uit. Op 29 Januarie 2003 het Ten Berge ter gelegenheid van de landelijke poëziedag, gewijd aan dieren en satiren n splinternuwe gedig aan n groepie vriende en kennisse uitgestuur. Met die digter se toestemming plaas NeerlandiNet graag die nuutste weergawe van hierdie hekeldig, getiteld Het grote lak (vir Afrikaanse lesers: die woord lak beteken ook: bedrog, fopperij). Die gedig word as n fabel aangebied, en is opgebou uit agt dele. Teen hierdie tyd behoort Ten Berge se nuwe roman, Blauwbaards Ontwaken, een verdraaide geschiedenis, ook reeds in Nederland en België in die boekhandel verkrygbaar te wees. HET GROTE LAKHC ten Bergeeen fabel 1 Het was donker en leeg op de aarde Wat hij wou zien, moest hij maken: Raaf wilde niets leren. 2 Zo werd het licht op de aarde - waarna hij, vervuld van zichzelf, 3 4 Raaf spoog en bedroog, Raaf had geen mening, Het ging zoals het gaat, 5 Werd hij gepakt Hoe hoger hij klom, hoe dieper hij viel. Hij verrees uit de dood, sterk 6 Raaf was op slag Het grote lak in hem groeide. 7 Hij kraste: Fatsoen is geen doen! Zijn stem werd geprezen, Raaf kreeg het druk. Een kind zag 8 Het hemellicht doofde, Raaf vroeg zich af De inktzwarte ruimte Alles kwijnde, verstijfde, stierf af. Het was weer donker en leeg op de aarde |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |