NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Bloemfontein word Hollands

Die SAVN het 1-5 Julie vanjaar die vierde agtereenvolgende jaar ’n kursus in Nederlandse taalverwerwing met finansiële steun van die Nederlandse Taalunie aangebied. Vanjaar het die Departement Afrikaans en Nederlands en Moderne Europese Tale aan die Universiteit van die Vrystaat as gasheer opgetree.

Soos in die verlede is studente van regoor Suid-Afrika na Bloemfontein uitgenooi. Vier en dertig studente het die kursus vanjaar bygewoon. Die volgende universiteite het almal een of meer studente na Bloemfontein gestuur: die Universiteit van Natal (Pietermaritzburg), die Universiteit van Stellenbosch, Unisa, Rhodes-Universiteit, RAU, die Universiteit van Pretoria, Vista, PU vir CHO, die Universiteit van Wes-Kaapland, en die Universiteit van die Vrystaat.

Die Winterskool behels ’n komponent taalverwerwing asook kultuur- en literatuurstudie. Drs Marleen Coutuer was verantwoordelik vir die taalverwerwingskursus en dr Jerzy Koch vir die kultuur- en literatuurmodules.

Marleen Coutuer is verbonde aan die Talencentrum van die Universiteit Gent en lê haar veral toe op tweedetaalverwerwing. Die sentrum spits hom teenswoordig toe op praktykgerigte navorsing. Die doelstelling van die projek is die ontwikkeling van multimediamateriaal vir internet-gebaseerde taalkursusse.

Dr Jerzy Koch beklee die leerstoel Nederlandistiek aan die Universiteit Wroclav. Hy doseer ook aan die Universiteit Poznan. Die Martinus Nijhoffprijs is in 1995 aan hom toegeken vir sy vertalings uit Nederlands in Pools. Ook Afrikaanse werke, onder andere Sewe dae by die Silbersteins, is al deur hom in Pools vertaal.

Die studente het na afloop van die druk en leersame week elk ’n bywoningsertifikaat ontvang. Die studente-terugvoer getuig daarvan dat hulle die kursus nie alleen geniet het nie, maar intens waardeer het. Deur die ywer van die SAVN en die finansiële bemoeienis van die Taalunie is waarde tot hul lewens toegevoeg.



Bloemfontein verras uit die staanspoor

Dit is laat in die aand, baie koud, en ek sit in ’n oninspirerende koshuiskamer in Bloemfontein! Het ek nie ’n fout begaan nie? Wat maak ek hier?

Die volgende oggend, onderweg na die eetsaal, verdwaal ek en my medebroeders en -susters in die verdrukking. Wat het my besiel - hier staan ek soos ’n boereworsrol toegewikkel in elke moontlike kledingstuk uit my koffer.

Ons bereik nietemin wel die Flippie Groenewoud-gebou sonder om ons neuse as gevolg van vriesbrand te verloor, maar daar wag twee vreemde siele ons in. Dr Jerzy Koch lyk soos een van die tsaar se lyfwagte en sy metgesel soos ’n makelaar van ’n bekende versekeringsmaatskappy!

Bloemfontein het dus uit die staanspoor buitengewone beloftes ingehou. Beloftes het heel vinnig werklikheid geword - al die vreemde gesigte het in bekende gesigte verander. Alhoewel die twee dosente se voorkoms aanvanklik ’n onuitwisbare indruk gelaat het, het dit gou geblyk dat hulle ook kundiges is met besondere kwaliteite.

Marleen met haar innige menslikheid en natuurlike omgang met studente het Nederlands leer pure plesier gemaak. Sonder dat ons dit wis, het ons die essensie van die Nederlandse grammatiese sisteem ten minste passief onder die knie gekry en dit selfs gewaag om ons nuut verworwe Nederlands op haar uit te probeer!

Dr Jerzy Koch, weer, het beïndruk met sy verbluffende kennis van die Nederlandse én Afrikaanse literêre wêreld en sy unieke, droë humorsin. Onder sy leiding het ons gou besef waarvan ons nog altyd verstoke was en dat fantastiese Nederlandse films inderdaad bestaan!

Ek kan die Nederlandse Taalunie nie genoeg bedank vir hoe ons almal se lewens verryk is nie. Dat Nederlands net ’n klipgooi van die eie werf is, het ek vaagweg vermoed, maar dit nooit gewéét nie! Hiervoor, en ook vir die herontdekking van Bloemfontein, baie dankie!

Terrence Carney



Uittreksel uit Nuusbrief van die Suider-Afrikaanse Vereninging vir Neerlandistiek, September 2002

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.