|
|
Op soek na die Nederlandse Tachtiger Frederik van Eeden se briewe aan sy Suid-Afrikaanse familieRenée MaraisDaar bestaan al baie jare lank allerlei soorte bande tussen Nederlanders en Suid-Afrikaners. In die letterkunde is daar talle voorbeelde van samewerking, vriendskaps- en familiebande tussen skrywers en/of akademici, en voorbeelde van Nederlanders en Vlaminge wat hulle tydelik of permanent in Suid-Afrika kom vestig het. n Mens dink dadelik aan die vriendskap tussen N.P. van Wyk Louw en Jan Greshoff, Karel Jonckheere se verbintenis met Standpunte, en aan Rob Antonissen en H.A. Mulder wat hulle in Suid-Afrika kom vestig het. Onlangs het Karel Schoeman in Merksteen en Stamland uiteengesit hoe sý lewe verander is deur sy grootvader se besluit om as jong onderwyser na Suid-Afrika te kom nadat hy as skoolseun in Nederland n toespraak van Paul Kruger, president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, bygewoon het. Wat waarskynlik minder bekend is, is dat die Nederlandse Tachtigerskrywer Frederik van Eeden n niggie en neef gehad wat hulle in Suid-Afrika gevestig het: Dietlof en Johanna (Brandt)-van Warmelo. Hulle het op Harmonie naby Pretoria gewoon. Mev. Regina Arbouw-Wilkens, n onderwyseres, studeer tans Nederlandse taal- en letterkunde aan die Vrije Universiteit in Amsterdam. Daar het sy twee interessante lesingreekse bygewoon wat aangebied is deur dr. Ena Jansen, voorheen verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand. Dit het haar belangstelling so geprikkel dat sy met n ondersoek na die verbintenis Suid-Afrika/Nederland in die letterkunde begin het. Mijn eindscriptie is bij prof.dr. J.D.F. van Halsema, skryf mev. Arbouw-Wilkens. Het onderzoek richt zich op de Tachtiger Frederik van Eeden, zijn geoccupeerdheid bij de Tweede Boerenoorlog en de correspondentie die hij voerde met de Engelse lady Welby en zijn Zuid-Afrikaanse neef en nicht Dietlof en Johanna (Brandt)-van Warmelo. De vader van die twee was een broer van Van Eedens moeder. Die briewe van die familie Van Warmelo word in die Van Eeden-museum van die Universiteit van Amsterdam bewaar. Mev. Arbouw-Wilkens wil nou graag die briewe opspoor wat Van Eeden uit Nederland aan sy neef en niggie geskryf het terwyl hulle in Suid-Afrika en in krygsgevangenskap in Indië verkeer het. Hierdie briewe dateer uit ± 1895-1910. Enigiemand met inligting wat mev. Arbouw-Wilkens in haar ondersoek kan help, kan dit stuur aan rmarais@postino.up.ac.za. NeerlandiNet sal u op die hoogte hou van enige gegewens wat aan die lig mag kom. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |