Multimedia-poësieprojekArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Kos en Wyn /
Food and Wine
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vonkverse

Ons deelnemende digters en hul verse

Antjie Krog

Jasper van Zyl

Rustum Kozain

Peter Snyders

Ingrid de Kok

Chris Brunette

Antjie Krog

Biografie
Antjie Krog is in 1952 op Kroonstad gebore en het daar grootgeword. In 1976 het sy die graad BA Hons in Engels aan die UOVS behaal en in 1983 'n meestersgraad aan die Universiteit van Pretoria. Krog het as digter naam gemaak (vir volwassenes, maar ook twee bundels vir kinders) en het vir haar eerste twee bundels, wat gepubliseer is toe sy maar 17 en 19 jaar oud was, die Eugène Marais-prys vir die beste debuut verower. Sy kan ook al 'n Rapport-prys en 'n Reina Prinsen Geerligs-prys agter haar naam skryf. In 1990 is die Hertzogrys vir Poësie aan haar toegeken. Met haar verslag in 1998 oor die Waarheids- en Versoeningskommissie, Country of my skull, het sy 'n wyer en meer internasionale gehoor verkry. Poetry International het haar ook na Rotterdam genooi as een van die belangrikste Suid-Afrikaanse stemme.

Gedig voorgelê vir Vonkverse
Antjie neem deel met 'n enkele, lang gedig. Klik op die titel om dit te lees.

"Tafelberg-rondeau in vier dele"


Jasper van Zyl

Biografie
Jasper van Zyl is in 1987 in die Paarl gebore en is tans graad 12-leerder aan die Hoërskool Hermanus, waar hy stééds met Rekenaarstudie op die Hoër Graad sukkel. Sewe van sy gedigte is vroeg in 2005 in Nuwe stemme 3 opgeneem. Hy werk tans aan 'n manuskrip wat hy Mens Moet Tot Die Uiterste Bereid Wees noem. Hy is webmeester van die (eens omstrede) Afrikaanse kitaartab-webblad Kitaar My Kruis. Hy beplan om na skool medies te studeer en homself later as dermatoloog of psigiater te bekwaam. Hy is ook 'n liedjieskrywer en het destyds (voor al sy band members die pad Stellenbosch toe gevat het) met sy eie akoestiese rockgroep, Roffelvuur, die Gansbaai-pastoriegarage aan die brand gespeel. Roffelvuur het in 2004 die Heuer-liriekprys vir skolebands gewen, 'n prestasie wat op papier heelwat beter lyk as wat dit werklik is. Die res van sy lewe is irrelevant, nietig en in effek bra aards van aard.

Gedigte voorgelê vir Vonkverse
Klik op die titel om die gedig te lees.

"op die boggelrûe van hul mak kamele"
"fête"
"(enbloc) in die aand om sy tafel"

Rustum Kozain

Biography
Rustum Kozain was born and schooled in Paarl. His debut collection of poetry, This Carting Life, appeared in August 2005, published by Kwela Books and Snailpress. He lives and works, as a freelance editor, in Cape Town.


Poem submitted for Vonkverse
Click on the title to read the poem.

"Kingdom of rain"

To view Rustum's poem, extracted from the Vonkverse DVD, click here.


Peter Snyders

Biografie
Peter James Snyders is gebore in Wynberg, Kaap op 14 November 1939. Hy het 'n B.A. aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi in 1989. Hy was meestal ‘n laboratoriumtegnikus van beroep maar tans is hy ‘n afgetrede, voltydse skrywer. Snyders skryf meestal in sy moedertaal, Kaaps. Hy ken al die reëls van sy eie taal en, al het hy gemajor in Afrikaans en Linguistiek (ook in Afrikaans geloop), is Afrikaans steeds vir hom ‘n taal wat dikwels met sy eie taal bots. As hy in Kaaps skryf, is hy nie onseker van homself nie. Onder die ander tale way hy studeer het, val Afrikaans, Engels, Kaaps, Nederlands, Duits, Xhosa, Zoeloe en Khoitaal.

Hy debuteer in 1980 met sy gedigte in Brekfis met vier, waar sy gedigte saam met dié van Etienne van Heerden, Daniel Hugo en André Letoit (Koos Kombuis) verskyn.

Gedigte voorgelê vir Vonkverse
Klik op die titel om die gedig te lees.

"Ek is oek important"
"Expensive Ekstratjie"
"Tighten you belt"


Ingrid de Kok

Biography
Ingrid de Kok is author of several published collections of poetry, as well as co-compiler and editor of Spring Is Rebellious and City in Words: Poems on Cape Town. Her poetry has been published in numerous international and South African anthologies and journals, has appeared in Italian, Japanese, French, and Dutch translation and has regularly been featured in a variety of literary journals, both in South Africa and abroad. She has had two fellowships in Italy - one to the Rockefeller Centre in Bellagio and one to the Civitella Ranieri Centre in Umbria. In 2005 Ingrid read at Poetry International and at the Berlin International Literature Festival.

She has a new book Seasonal Fires: new and selected poems due out through Seven Stories Press in New York in April and through Umuzi in SA in June.

Poems submitted for Vonkverse
Click on the title to read the poem.

"Reparation"
"Body maps"
"Bring the statues back"
"Too long a sacrifice"

To view Ingrid's poem, "Reparation", extracted from the Vonkverse DVD, click here.


Chris Brunette

Biografie
Chris Brunette is in 1961 in Durban gebore. Hy verwerf 'n meestersgraad in Afrikaans en Neerlandistiek aan die UK in 2005. Enkele van sy gedigte is opgeneem in Party van ons (2001), As die son kom oogknip (2002) en, in Nederland, Honderd dichters 9 (2005). Chris is tans 'n inhoudsbestuurder van LitNet.

Gedigte voorgelê vir Vonkverse
Klik op die titel om die gedig te lees.

"Dan sou hulle soos perde galop"
"digter soekende"

Klik hieronder op "low", "medium" of "high", afhangend van jou konneksiespoed, om Chris se gedig "Dan sou hulle soos perde galop" te sien. Uittreksel van die Vonkverse DVD.

video_controller



LitNet: 19 Julie 2006

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.