|
|
Francois Breytenbach Blom van KOBUS! gesels oor die band en waar die lirieke van “Jou oë” ontstaan het en beantwoord vyf vinnige vrae.
Waar "Jou oë" vandaan komFrancois Breytenbach Blom
Ek verkies die CD4-weergawe van "Jou Oë" bo die een wat op ons eerste cd verskyn het. Die albumweergawe is bizarre, far out en weird. (Later meer oor waarom dit so is.) Die CD4-weergawe is reguit en minder histeries en dis wat dit soveel meer disturbing maak. Ons wou eers "Aardskok" doen vir CD4, maar het op pad na die ateljee toe die idee laat vaar. Goddank! Die fisiese opname vir CD4 het ons seker omtrent 'n uur geneem om te voltooi. Ons het die struktuur gehou soos hy is en basies net gaan sit en hom perform. Dis mos unplugged dammit, hoekom wil jy nou rondneuk? Na die opname het ek 'n bietjie gesing op die ensemble-stuk "Sunset Ribbon Red", maar die producer het gedink ek is nie famous genoeg om herken te word nie, of ek sing kak, en ek vermoed dit is laasgenoemde, so ek is nie op die song nie. Maak 'n song! OK, laat ek probeer sin maak en 'n ou 30 watt-lampie op die hele ding skyn. Die proses van liedjies maak is vir my amper nooit dieselfde nie. Verskillende songs sien die lig op verskillende maniere. Met 'n iets soos "Hoenderman" het die kitaar-riff die hoender klank geïnspireer en sodoende die hele tema van die snit beïnvloed. So, die kitaar was eerste, toe die hoenderklank, en eers daarna die lirieke oor 'n alkoholistiese hoender uit die buitenste ruimte, omdat die hoender klank justify moet word. En die hoender fx is eintlik die leadbreak van die liedjie. Hoe main is dit? Dan met "Gee Raat" was die lirieke eerste daar en het ons musiek rondom die woorde geskryf. En "Dink jy Nou" is 'n mengsel van drie verskillende liriekstukke wat oor 'n dekade geskryf is! So daar is geen formule nie, geen vasgestelde proses nie, nie vir my nie in elk geval. Mens kan seker hierdie kans gebruik om jouself en "die kreatiewe proses" op te hemel, maar vir die enigste manier om te verstaan waar "Jou Oë" se musiek en lirieke vandaan kom moet ons teruggaan na 'n vreemde wêreld, 'n wêreld wat nie meer vir my en Theo bestaan nie, 'n tyd van waansin en oordaad waar die reuk van rookdampe en sterk drank sweef oor 'n kombuistoonbank oortrek met tientalle silhoeëtte van wit tandepasta-agtige lyne in die hartjie van die noordelike voorstede van Kaapstad. Muwha ha ha haaaaaaaa … Laat ek jou sê hoe dit was, sonder om doekies om te draai. Set the scene Ek en Theo maak al van 1999 liedjies. Om op 'n pc by jou huis op te neem is 'n wonderlike nuwe wêreld, vry van ateljees, platemaatskappye en producers. Ons doen dit as ons eie persoonlike haatbom teen die Afrikaanse musiek scene. "Wie is Kobus", "Lei My", "Die Swart", "Aardskok" en "Sondagmiddag". Ons doen dit om onsself te vermaak. Ons is verveeld. Ek het drie jaar in Europa spandeer saam met V.O.D. My band het opgebreek en Theo s'n is on the verge of collapse. Ons is verveeld, en verveling lei tot kwaadgeld. Ons het vyf songs, ons suip, rook, kyk Alien Resurrection oor en oor, ons snuif allerande kak in ons breine op, ons noem mans Kobus en ons noem meisies Hannelie. Ons besluit om te sien wat gebeur as ons die songs vir RSG gee. Ons sit 'n cd in 'n video-omslag saam met 'n klomp stampmielies. Die idee is dat as jy dit oopmaak, moer alles uit en jy't 'n groot gemors op die vloer om op te vee. That'll get their attention! Op die cd is daar net die naam KOBUS! en 'n nota wat sê: "Wie is hierdie geheimsinnige manne wat die kampusse op hol het met hulle ongelooflike musiek?" etc etc ad nauseum. Alles bullshit natuurlik. Die enigste mense wat ons op hol het met ons musiek is ons vriende en familie, want ons speel die blerrie goed oor en oor. Niemand weet van KOBUS! nie. Ons ry stad toe, maar stop eers om 'n gram te koop in Observatory. Ons maak lyne in die kar. Ek's die heeltyd geworried 'n kombi of polisiekar ry dalk verby en sien wat ons aanvang (hulle sit mos hoër). Ek gaan los die pakkie by ontvangs by die SABC in Seepunt. Ek wil nie hê een van die sekuriteit-ouens moet my sien nie, want ek het daar gewerk as klankingenieur en dit sal dalk uitkom dat ek een van die "geheimsinnige geniuses" is. My coke-bravado maak my paranoia nie veel minder nie. Ons ry terug huis toe met ons vyf songs wat speel, maak so ry-ry lyne op die N1 en lag onsself kak vir ons lekker grappie. Wel, die musiek is te hard om mekaar te hoor lag, maar ons kan mekaar darem sien lag, wat ons natuurlik nog meer laat lag. Ons kom by die huis, gooi doppe, maak lyne en kyk Alien Resurrection vir die twintigste keer. 'n Week later speel Johan Rademan drie van die songs op sy program Klankbord. Ons is so happy ons gaan braai by 'n buddy van ons om te celebrate. Ons drink whiskey en maak stilletjies lyne in sy toilet en op pad terug skryf ek Theo se kar halfpad af. By die huis is daar darem nog Three Ships. Ons maak hom oop en kyk Alien Resurrection saam met nog lyne. Teen die tyd dat die bottel leeg is kom my meisie uit die slaapkamer en begin gereed maak om werk toe te gaan. Die voëltjies sing buite in die bome. Later maak ek 'n bottel Chateau Libertas oop nes sy kopskuddend by die voordeur uitstap. Ons kap nog 'n lyn saam met die rooiwyn en gaan pc-kamer toe om 'n bietjie op te neem. Begin jy al verstaan hoekom daai eerste album so whacked-out is? Theo stuur cd's vir 'n paar platemaatskappye. Gallo en ENT is geïnteresseerd. Ons besluit Gallo is te groot en sal al ons geld steel en kies ENT. Let's get to the point Met latere beluistering, hoe lank na die opname weet ek nie, kom ek agter die woooooiiieeee's is in dieselfde sleutel as 'n kitaar-tune wat Theo vroeër neergelê het. En gelukkig kry ek 'n stukkie wat perfek pas vir die versgedeelte. Main! Dit werk great. Ek kry nog 'n bier. Ek sit 'n paar woo's voor aan die snit sonder enige kitaar en die intro is daar! Supr onglflik fokn main! Ek bou die snit in verse en kore tot ek kom by die inevitable lead break gedeelte. Ek kry nog 'n bier. Die song het 'n breek nodig. Onthou, ek bou hier 'n ding wat nog geen tema of lirieke het nie. Daar's 'n wonderlike stuk woooooiiieee's wat opbou en opbou. Ek redigeer hulle en gooi dit in die song. (As jy musiek op 'n pc maak sal jy verstaan wat ek bedoel.) Perfek! Supr ongdlik fokn far out main!! Ek kry nog 'n bier en bou 'n vreemde ritme track vir 'n tweede breek in die snit wat my amper die hele nag neem om klaar te maak want ek verander dit die heeltyd. Die idee is dat Theo hieroor 'n lead sal speel. (Hy het op die ou einde net kitaar chords laat hang daaroor, baie cool.) Teen dié tyd is ek op die Klippies (wat ek deesdae as die pis van Satan beskou). Ek gooi nog 'n verskitaar in en laat die koor loop en loop (dis nou die Engelse loop - jy sê "loep", nie die Afrikaanse een wat jy met jou voete doen nie) tot ek hom kan uitdoof. Ek het 'n song! Main! A night well spent. Ek hoor die voëltjies sing in die bome, my girlfriend is besig in die badkamer. Hoor ek haar sug of verbeel ek my maar net? Ek gaan kry nog 'n bier en luister na wat ek gedoen het. Lirieke
Ek is 'n Alice Cooper fan. Ja, ons wag nog vir die dag dat iemand 'n plaaslike kunstenaar as inspirasie noem, maar dan is rock 'n roll en sy variasies 'n Amerikaanse ding en die dag dat local whiteys hul eie regtig unieke musiek begin maak sal nooit ooit ooit ooit gebeur nie. Nooit. Vergeet dit. Nou! Vee die gedagte uit jou brein. As dit gebeur, eet ek koei-patties vir breakfast. Die hele wêreld se regtig populêre kunstenaars van Swede tot Australië speel Amerikaans-style musiek. (OK, Dana Winner uitgesluit, what is that!?) Wat van "World Music"? vra jy. Hmm ja, wat daarvan? Sien jy dit op MTV, die Groot Dier se eie persoonlike tv-kanaal wat wêreldwyd kindertjies se sagte breintjies binnedring? Net omdat ek in Afrika woon beteken nie dat ek nou ewe skielik 'n Johnny Clegg-kloon moet wees nie. Verskillende verplaaste kulture regoor die wêreld vier steeds hul herkoms, so waarom nie Suid-Afrikaanse whiteys ook nie? Ons soek altyd die een of ander middle ground, lekker ou draadsitters. Die musiekwêreld is soos dit is. Live with it or join Greenpeace. Ek wag vir die hatemail. Anyway, I digress. Alice Cooper is in my opinie steeds die ultimate shock rock god van alle tye. Gedurende sy loopbaan van oor die dertig jaar het sy musiek gereeld verander om te pas by die tyd maar steeds die core element behou van sy vroegste werk. Die duiwels wat diep binne ons almal is, die dinge wat mense nie oor wil praat nie. Soos die wete dat ons almal eendag gaan sterf, maar ons dink omtrent nooit daaraan nie, ons wil nie. (Die poephol Marilyn Manson het Alice se hele loopbaan binne vyf jaar gedupliseer.) There's nothing new under the sun, behalwe as iemand eindelik kan bewys dat die Loch Ness-monster wel bestaan. Die idee om iets skokkends of ontstellend in 'n ballade te doen kom reguit van Alice Cooper af. Hoewel dit met die eerste oogopslag vaag voorkom, is die oorspronklike idee van "Jou Oë" passie-moord, 'n welbekende Suid-Afrikaanse verskynsel. Ek het jou naam vergeetLekker vol remorse, skuld en denial nè!! Oooooooooooo … Alles was dan so lekker, hoekom is die persoon nou weg? Anyway, ek is nie 'n ou wat dinge uitmekaar trek en die "dieper betekenis" daarvan probeer uitfigure nie. Mens kan dit uit verskillende oogpunte bekyk, maar vir my is 'n song 'n persoonlike ding. Wat ek uit hom kry, en die gevoel of storie wat 'n song my gee, is nie noodwendig wat jy in hom gaan sien nie. And so it should be for you my friend. Hierdie song kan gaan oor 'n verlore liefde of een van jou sokkies wat jy verloor het. It's all in the mind, dis 'n movie. Dis ook die rede waarom dit die perfekte keuse was vir CD4. Dit gaan hoofsaaklik oor verlies. Terug by hoe 'n song lewe kry. In "Jou Oë" het die woooooo's 'n direkte invloed gehad op die manier wat ek die song sing. Om die waarheid te sê het dit die titel bepaal. Woooooooooiiii, Jou Oooooooooë. Dis als baie melankolies en dus het ek dit gesing asof ek vir twee weke net rys en water geëet het. Ek hou daarvan om 'n lied te gee wat dit verdien en daarom klink soveel KOBUS! songs na soveel verskillende bands! En ek hou van horror, en onderbeklemtoonde horror is soms nog meer onrusbarend as bloed en derms in die gesig. Die punt wat ek oor en oor opbring is: Waarom kan mense films oor moord en horror en die mees barbaarse dinge aanvaar, maar sodra dit in 'n song is, in 'n liriek is, is dit ewe skielik iets uit die bose? It's all entertainment ain't it? En so gepraat van interpretasies. Ons live performance van hierdie song, waarin ek die plastiek-opblaaspop Hannelie wys wie's baas, het al vele reaksies uitgelok. Sommige pateties Hypocritical-Calvinisties (wat tot 'n woordewisseling tussen my en 'n wannabe denker in die Afrikaanse koerante gelei het), maar die meeste gelukkig gebalanseerd, wat baie sê vir hoe ver ons gekom het sedert die (ugh!) Voëlvry-beweging. OK fok ek maak klaar, moenie so sug nie! So, beteken dit dat jy beter of slegter songs skryf as jy dronk of far out is? Beteken dit as jy iets geskryf het wat mense van hou jy 'n goeie liedjieskrywer is? Beteken dit enigiemand kan songs skryf? Ek weet nie. Maar een ding weet ek so waar as wat dwelms en dop jou eventually 'n dom stupid aap gaan maak: Jy sal nooit weet as jy nie probeer het nie. En daai girlfriend van my wat elke oggend deur die waas van ons rook en dopasem geloop het werk toe, is nou met my getroud. En al daai lyne is nou 'n vyf jaar oue vae herinnering. Ja, kan jy dit glo en ons het 'n pragtige klein babaseuntjie na twee jaar van happy getroude lewe. Beteken dit ek's nou 'n sellout? Beteken dit ek het my "edge" verloor? Beteken dit ek gaan nie meer Jägermeisters saam met jou na 'n show by die bar kap nie!? Beteken dit my lirieke gaan nou oor pappies en poepies wees? Ha! Het jy al die Huisgenoot-"skouspel" gesien? Op daai verhoog gaan jy my nooit kry nie, pellie!! "Jou Oë" bly vir my 'n cool liedjie met 'n interessante klank en al is die CD4-weergawe vir my musikaal beter, bly die oorspronklike weergawe een van die vreemdste songs wat ons tot dusver gedoen het.
Vyf vrae:a) Wat maak jou opgewonde oor die plaaslike musiekbedryf?
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |