Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Levi's®/LitNet Origins of songs
Moontlik gemaak deur/Supported by: Levi's®


Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar gesels oor die band, eerlikheid, kritiek, waar die lirieke van “Hemel op die platteland” ontstaan het en beantwoord vyf vinnige vrae.

Hunter Kennedy
“In ons band het jy nooit ‘n idee hoe die song gaan uitdraai nie. Jy skryf ‘n deel en dan skryf jy nog ‘n deel en dan kyk jy of hulle langs mekaar pas.”

Hemel op die platteland?

Hunter Kennedy

As gevolg van ‘n moerse gebrek aan aandag van my kant af in die Afrikaans-klas kan ek ongelukkig nie een taalverskynsel in hierdie liriek identifiseer nie. Ek steur my nie veel aan struktuur of ritme of fokkin wat ook al dit is wat lirieke cool maak nie. Ek neem aan taalfundi’s sal dit sien as onnosel en barbaars; ís seker. As julle my kuns sien, sal julle sien dat ek ook ‘n fok voel vir vorm of ‘n verfkwas. As Antjie Krog nooit enige iets daaroor gesê het by die NP van Wyk Louw-ding nie, weet ek nie of mense so groot deal oor ons lirieke sou gemaak het nie. Dis vir my moeilik om deesdae na die lirieke te luister – ek vind dit naïef en aspris. Wás seker, en ís seker maar nog steeds. Ek kan ook nie enige iets regtig duidelik onthou nie en my kronologie, feite en stories mag dalk heeltemal verkeerd wees.

Hunter

Ons spel fok met ‘n f want dis hoe ons dit sê. Soos ons al duisende male vir mense gesê het, skryf en maak ons musiek wat baie impulsief, en wat ons ervaar as eerlik, is.

Johnny het die intro riff geskryf. Francois het die woorde wat ek geskryf het, se melodieë op een van sy riffs uitgefigure. Op daai stadium het Wynand en Francois nog sound gedoen en in die stad gebly. Ek het in ‘n skateshop gewerk. Johnny en Jaco het nog geswot en by die huis gebly. Ons het toe al seker vir so vier maande geoefen. Die songs wat ons toe al gehad het, was nog baie punk en ons wou eintlik van daai “college”-klank af wegbeweeg. Die “rockerige” intro wat Johnny vir ons geskep het, het juis daai wegbreking moontlik gemaak.

In ons band het jy nooit ‘n idee hoe die song gaan uitdraai nie. Jy skryf ‘n deel en dan skryf jy nog ‘n deel en dan kyk jy of hulle langs mekaar pas. As hulle nie pas nie, skryf jy nog ‘n deel wat tussen die ander twee dele kan in. So gaan dit maar aan totdat dit reg klink of jy nie meer dele het vir daai song nie. Die uiteindelike produk is meer as gewoonlik drasties verskillend van die oorspronklike gedagte.

Dis moeilik om te verduidelik waar iets vandaan kom of hoe om iewers uit te kom as jy self nie weet nie. Of weet, soort van, maar die aanwysings is so obskuur dat jy nie dink enige iemand wat nog nie daar was, sal die vaagste benul hê waarvan jy praat nie.

Anyway, ‘n paar van ons (almal behalwe Johnny) het gedink alles is kak en iemand het een of ander tyd ‘n klomp kak met ons gepraat en toe glo ons dit. Die geselskap was meestal siniese grappies oor geloof, corporates, media, dom mense, wit mense, Afrikaanse mense en natuurlik onsself. Die koerante het ons vrees gestreel. Nuwe opnames het aaklige statistieke vorendag gebring en dit het nie gelyk asof dinge goed gaan nie. Navorsers het met dik bekke saamgestem. Daar is onderhoude gevoer met omgewingsielkundiges. Skade is aangerig en niemand wou die skuldlas dra nie. Daar was wanindrukke oor potensiaal. Situasies het versleg. Wreedheid het toegeneem en niemand kon enige iets daaromtrent doen nie. Ons nasie was stomgeslaan, maar het nie omgegee nie. Ongepubliseerde studies het geïnsinueer dat ons almal ‘n prys betaal. Wetenskaplikes het na data gekyk en besluit ons almal behoort baie bekommerd te wees. Niemand het meer geweet wat normaal is nie, en party het geargumenteer dat dit ‘n goeie ding is. Niemand het terug gestry nie. Niemand het enige iets uitgedaag nie. Angs het die meeste mense se dae opgesuig soos ‘n spons. Almal was bang en gefassineerd met landwye gruwelstories. Navorsing het dit ondersteun en ons was seker die samelewing was op die neerdalende deel van die mallemeule wat ‘n natuurlike siklus is. Ons was verdoem. Ons het dit verdien. Ek was so fokkin moeg.

So wat nou? As jy wil skryf moet jy skryf.

“Hemel op die platteland”

Kan jy my skroewe vir my vasdraai?
Kan jy my albasters vir my vind?
Kan jy jou idee van normaal by jou gat op druk?
Kan jy?
Kan jy apatie spel?
Kan iemand dalk ‘n god bel
En vir hom sê ons het hom nie meer nodig nie?
Kan jy?
Kan jy apatie spel?

Reguleer my.
Roetineer my.
Plaas my in ‘n boks en merk dit veilig.
Stuur my dan waarheen al die dose gaan.
Stuur my hemel toe ek dink dis in die platteland.
Dis hemel op die platteland.

Die lirieke is redelik voor die hand liggend. Ek het in Tygervallei gewerk, in ‘n winkelsentrum in die middel van die noordelike voorstede van Kaapstad se bourgeoisie. Nou fok, as jy ooit iets wil leer van mense, hou hulle dop daai Saterdag na payday. Die meeste van “As jy met vuur speel” is in die ultraviolet lig van ‘n doodstil weeksdag in ‘n skateshop geskryf. Ek was die enigste werknemer en was die meeste van die tyd ongoddelik verveeld.

Fokofpolisiekar

‘n Groot vereiste vir ons band is om woorde te kry wat nie gou oud gaan raak nie. Ons oefen elke aand en speel dan nog live minstens een keer ‘n naweek, so as die kak vir ons boring raak, is ons gefok. Die struktuur van die lirieke word ook eintlik maar net deur toeval bepaal. Die meeste van die sinne was deel van verskillende insetsels in my dagboeke.

Dit was fokkin snaaks vir lank om daai woorde aan die Afrikaanse nasie te verkondig en te weet die mense se kinders gaan dit love. Nog nie so geïndoktrineerd nie, jy sien. Het ten minste nog verbeelding en ‘n gesonde sin vir humor. Mens sal dit nie glo nie. Maar ons het eintlik lank onder mekaar gestry oor of die woorde nou eintlik te “heavy” is of nie. Moet ons vir God bel of net ‘n god?

Ons het by RAU opgetree en mense het geskree: “Moenie ‘Hemel op die platteland’ speel nie!” Ons het net agt songs gehad op daai stadium, so net die idee daarvan was absurd. Na die tyd het ‘n baie ontstelde sportliefhebber vir Francois gesê hy gaan hom doodmaak. Oor daai song. Omdat daar GOD in staan. Is hy fokkin mal? O wag, hy’t gesê: “Ek gaan jou doodmaak! Ons is almal fokkin Christene hier!” ‘n Meisie het ook al gevra wat “Japatie” is.

Fokofpolisiekar

“Hemel op die platteland” was die vyfde song wat ons ooit geskryf het. Ons weet nog steeds nie hoekom hy nou juis die “hit” is nie.

Ons het die studiotyd vir “As jy met vuur speel” (ons eerste EP) gebook nog voor ons die geld gehad het om daarvoor te betaal. Die wonderlike ding wat karma is het toe vir ons ‘n oudisie vir ‘n Duitse versekeringsmaatskappy se advertensie losgeslaan – wat ons toe gekry het, as die backing band vir ‘n tienjarige meisie wat maak asof sy Avril Lavigne is. Ons het vir agt ure rondgespring en nek geswaai op ‘n 30-sekonde soundclip wat konstant herhaal word vir R27 000. Net genoeg vir die recording. Aanvanklik het ons gedink “Maak of braak” gaan die treffer wees, maar JP de Stefani het aangedring dat “Hemel op die platteland” die ene is. Wys jou wat ons weet. Hy’t gescheme die intro klink soos “Eye of the Tiger”.

Die cd is toe klaar, maar ons het iemand gekort om die goed vir ons te druk en te versprei. Wynand het een aand klank gedoen vir Valiant. Hy gee toe ons cd vir Albert, eienaar van Rhythm records (Valiant se platemaatskappy en later ons s’n). Rhythm het vir ons verspreiding gekry deur ‘n maatskappy, Bowline. Liny, ons publicist, het blykbaar gewonder hoe hulle ons ooit gaan bemark met ‘n naam soos Fokof. Ek sien vandag in die Rapport Tydskrif het hulle nie eens meer Francois se interview gesensor nie.

Normale prosedure, stuur cd’s na radio stasies toe. Niemand stel belang nie. ‘n Rukkie later is ons blykbaar die eerste Afrikaanse band met ‘n Afrikaanse song wat geplaylist is op 5FM. “Hemel op die platteland” was daardie lied, maar het nooit die charts gemaak nie. Maak nie vir ons saak nie, dit was vir ons die grootste grap ooit – ‘n klomp dronk, deurmekaar laaities se dronk, deurmekaar musiek in ons dronk, deurmekaar taal op die grootste, meestal Engelse radiostasie in die land.

Natuurlik saam met die blootstelling kom die kritiek. Die snaaksste ding is, die mense was meer bekommerd oor ons wat arrogant genoeg kon wees om enige deity oor die telefoon af te sê as wat hulle was oor die feit dat ons dink dat almal wat dink hulle gaan hemel toe gaan, is dose.

In die begindae was alles ‘n moerse ernstige grap. Booking agents en venues het nie geweet waar ons inpas nie en dan sal ons opeindig om vir ou tannies wat onder kombersies sit in Nelspruit te wys hoe die jongmense kots.

Ons wou graag ‘n video maak en ná die “sukses” was “Hemel ...” die obvious keuse. ‘n Video vir die akoestiese weergawe word ook beplan.

Theo Crous het ons toe genader om ‘n akoestiese weergawe van een van ons songs vir die CD4-ding te doen. Hy het “Hemel ...” voorgestel. Ons was in elk geval van plan om ‘n akoestiese tipe cd later uit te bring, so ons het dit gesien as ons kans om te “eksperimenteer”. Die hoofverskil is dat “Hemel op die platteland” nou in die middel gesing word en aan die einde. Ons manier om ‘n bietjie orde te skep uit die chaos uit. Dit was baie interessant om te beleef hoe die akoestiese atmosfeer ‘n melancholiese spin op die angs van die oorspronklike sit. Johnny het vir ons ‘n “strings”-deeltjie geskryf wat aan die einde saam met die dromme bykom. Daar’s ‘n klavier-ding wat Johnny ook speel. Ons het baie mellower musiek begin luister. Ons het die akoestiese weergawe so eenvoudig as moontlik probeer hou en het eintlik baie daaruit geleer. Kennis wat ons toe op die ou einde kon gebruik om “Monoloog in stereo” te kan skryf.

Fokofpolisiekar

Een van die dinge wat my persoonlik nogal verbaas het, is hoeveel mense nie ‘n probleem gehad het met die lied nie. Inteendeel, elke woord vir ons terug skree wanneer ook al hulle die kans kry. Dit wys vir my dat dit altyd ‘n goeie plan is om net totaal en al eerlik te wees. Daar is tog niks oorspronklik onder die son nie, so ons hedendaagse uitdaging is maar net om die woorde ‘n bietjie rond te skuif en dalk in ‘n moderne milieu te sit. Jy’s ook definitief nie die eerste persoon wat voel soos wat jy voel nie. Dit gaan oor om dit so duidelik as moontlik na soveel ore as moontlik te kan versprei. Die meeste mense is ook in elk geval nie so seker oor hoe hulle voel nie, so as jy wat ook al jy sê met genoeg oortuiging sê, sal hulle jou glo.

Vyf vrae aan Hunter Kennedy

What excites you about the local music industry?

The people involved seem really amped to make it a plausible profession. It seems like the whole scene is picking up and a platform is developing. We’ll see if it lasts. I also think the standard is lifting slowly and I can’t wait to see what hybrids are going to come out of this country.

What pisses you off about the local music industry?

The low standard of production. People refusing to spend money but expecting the bands to generate cash for them.

Are radio stations doing enough to promote local music?

I don’t think the bands are doing enough to get radio play.

If you had to give an aspiring lyricist some advice in one sentence, what would it be?

Be totally honest but don’t expect people to be totally honest towards you.

What can local artists do to promote an awareness of HIV/Aids?

Become part of a bigger community of artists who are dedicated to spreading the message is the easiest way, I guess.


Skryf aan ons/ Write to us: webvoet@litnet.co.za



LitNet: 15 November 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.