Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die tong

Jaco Hough-Coetzee


Sy tong het stadig oor die wit ewigheid van haar maag geloop — op — verkennend rondom die twee stywe heuwels, klimmend tot by die donkerbruin rotspuntjies, glyend anderkant af; kruipend het hy sy pad suidwaarts gevind.

Af.

By die klein holtetjie in die middel van die ewigheid het hy ’n wyle vertoef — tartend rondom die sagte rand. En toe verder.

Suidwaarts.

Nog af.

Sy tong het die digte swart bos binnegegaan. Ondersoekend het hy elke stukkie swart in sy mond geneem, dit om en om gevou en dit dan weer uitgelaat. Die bos het gebewe toe hy dit aan die ander kant verlaat, want voor hom het ’n gapende fontein gleuwend op hom gewag. Nuuskierig het hy aan die soutkante van die gleuf geproe. Hy het gevoel hoe die fontein rukkend voller en voller van die sout word. Dit was warm en donker. Sy tong het diep in die warm donkerte ingeduik terwyl die sout oor die kante van die gleuf geborrel het.

Heen en weer swem hy — af tot heel onder, dan weer op met die kante, buite om, en dan weer af; in en uit. Die fontein se kante bewe terwyl hy diep onder in die donker warmte lê en wag; hy voel hoe die warmte in wit, korrelrige strome oor die wande van die fontein stoot.

Stadig klim hy uit terwyl die wit stroom soel aan sy tong vasklou. Hy stap hygend terug deur die bos, bereik die wit ewigheid, maak ’n draai by die klein holtetjie, dan weer verder, noordwaarts, op en op.

Tot by die twee stywe heuweltoppe wat in die warm lug bewe.

Die man druk sy styfheid diep binne haar in. Ek is lief vir jou, sê hy amper onhoorbaar in haar oor.

Sy lê toe-oog terwyl sy sy entoesiastiese styfheid ervaar. Sy sê niks.

Ek is lief vir jou, sê hy weer, dié keer ’n bietjie harder.

Ek weet, is al wat sy later sê.

Die man kyk na haar oë wat nie na hom terugkyk nie, terwyl die ritme van sy styfheid dringender raak.

Bliksem, ek is lief vir jou, dink hy onhoorbaar.

Hy kreun effens as hy sy liefde hartseer in haar inskiet.

As hy bewend tot stilstand kom, stoot sy hom van haar weg. Hy sien hoe sy liefde stadig uit haar tap. Sy vat ’n tissue en vee dit grillerig af. Sy stap badkamer toe terwyl sy die tissue aan die puntjie vashou. Dit ruik skerp. Dan gooi sy dit in die toilet.

Die gedruis van die water gryp die man se liefde en spoel dit baie ver daarvandaan uit in ’n diep stinkende dam.

Maar hy het niks gesê toe sy later weggaan nie.

Daardie aand het sy oë heeltyd in die pad op en af geloop en tevergeefs na haar gesoek. Later, toe hy moeg in die leë bed klim, sien hy dat sy haar reuk tussen die lakens vergeet het. Hy hou die reuk vas terwyl hy aan die slaap raak.

Die volgende dag besef hy dat haar reuk ook aan hom sit. Hy het nie gebad nie, maar dit heeltyd met hom saamgedra terwyl hy woordloos na haar geroep het.

Maar die aande het donker die een na die ander gekom en hom steriel getart. Dan het hy elke keer in die leë bed gaan klim terwyl hy stil in die arms van haar reuk aan die slaap geraak het.

Op die sewende dag het hy gewonder hoekom sy nie na hom gekyk het nie. Toe onthou hy hoe sy sy liefde vieserig weggespoel het. Dit is toe wat hy dit gedoen het … hy het haar reuk van die bed afgetrek en dit in die wasmasjien gaan gooi. Terwyl die wasmasjien skuimend om en om tol, het hy onder die stort gaan staan en hom oor en oor gewas.

Die water het haar reuk gevat en weggespoel. ’n Hele ent daarvandaan het haar reuk en sy liefde mekaar in ’n diep stinkende dam gevind …

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.