Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pêlle of maatjies

Spykerman

5 November. ’n Dag wat ek nie sommer gou sal vergeet nie. Dit was een van daai warm, lustelose dae, nie ’n wolkie in sig nie en net so effe briesie wat waai. Die kollege is gesluit en die vervelige vakansie lê voor.

Met dié sware gedagte lui my telefoon en ek word deur Annette uitgenooi om oor te kom na haar toe. Sy het ook vir ons ander pel, Wilna, gevra om oor te kom. Met geen ander planne nie, spring ek op my fiets en sit af na haar toe vir een van daai onvergeetlike gebeurtenisse in ’n ou se lewe.

Ons drie is al jare vriende, en deels onafskeidbaar. Van laerskool af is ons pelle. Doen alles saam, swot saam, lag en huil saam en al sulke dinge. Die ander noem ons die drie musketeers. Waar een gaan, gaan die ander.

Annette was die slim een onder ons, lank, skraal en baie sexy met skouerlengte raafswart hare. Haar borste nie te groot nie, maar ek het altyd die begeerte gehad om met hulle te speel. Wilna, aan die ander kant, was weer die effense tomboy. Nooit iets anders gedra as kortbroeke nie. Winter en somer. Sy was nogal sexy gebou gewees vir haar lengte en haar borste was voller as dié van Annette. Ook al die begeerte gehad om hulle te fondle. Ek self was gemiddeld gebou. Nie juis ’n Tom Cruise nie, maar daar was darem ’n paar meisies wat na my gehunker het, maar hulle is vinnig in kennis gestel dat ek nie beskikbaar is nie.

Op pad na Annette se huis toe stop ek sommer by Oom Sakkie se Dop Shop vir paar lekker koue Smirnoffs. Dit sal darem lekker afgaan daar langs die swembad.

By Annette se huis aangekom, spring ek van die fiets af en laat dié maar self tot stilstand kom teen die hekkie langs die muur. Soos gewoonlik klop en stap ek maar net in, maar dié keer was dit anders. In die deur staan Annette soos ek haar nog nooit gesien het nie. Kort, uitgerafelde denimbroekie wat styf span en ’n kort, rooi, stywe toppie, en so sigbaar soos daglig, sonder ’n bra. Vir ’n oomblik het dit gevoel asof die hele wêreld gaan staan het. Ek kon my oë nie van haar afkry nie. Ek kon voel hoe die jagsheid my brein oorneem en hoe daar so ’n verdikking in my onderbroek is.

“Gaan jy nou die heeldag daar staan, of gaan jy inkom?” vra Annette laggend en loop gatswaaiend binne. Wilna was soos gewoonlik al in die swembad met kortbroek en t-shirt. Skok nommer twee. Sy het blykbaar ook vergeet om ’n bra aan te trek en haar nat hemp span mooi om haar vol borste.

Wat de hel is hier aan die gang vandag! In my lewe het ek dit nie verwag nie. Was nie lank nie of Annette duik in die swembad in, ook met ’n kortbroek en t-hemp. My oë staar net voor my uit en ek kan voel my voël is besig om te swel.

“Komaan, join ons!” laat weet Annette. Sonder om te huiwer skop ek my plakkies uit en duik ook sommer klere en al in. My gholfhemp is gelukkig lank en verskuil darem die knop in my broek.

“Wat lyk jy so geskok?” vra Wilna.

“Fokkit girls, julle sal my mal maak. Wat het julle laat besluit om dit aan my te doen?” vra ek.

“Wat?” vra Annette so ewe onnosel terwyl hulle albei voor my staan met hulle nat hemde wat span oor daai borste met die harde tepels wat ek al so begeer het. “O, dit — ag, ons het sommer net lus gewees om jou reaksie te toets. Ons het al gesien hoe staar jy na ons.”

“Is dit so obvious?” vra ek. Met dié draai hulle om en swem kant toe. Ek klim uit en gaan sit op die wal.

“Ek het vir ons ’n paar Spins gebring. Stel julle belang?” vra ek en met dié gedagte begin meneer Jags ernstig oorneem.

“Dit sal lekker wees, thanks,” sê hulle saam. “Nou ja, klim uit en kom kry, ek is nie ’n waiter nie,” sê ek doelbewus. As hulle dan wil wys, sal ek hulle die geleentheid gee.

Skok nommer drie. Vlugtig spring hulle uit die swembad, sonder die kortbroeke, net met hulle g-strings aan.

“Wat de fok  ...” stotter ek.

“Jy het gesê kom haal, nou gee, laat ons drink,” kom dit van Annette.

Nou heeltemal gefok staar ek na die twee hier voor my. Annette, lank, sexy, nat t-hemp, stywe nippels en wit deurskynende g-string wat aan haar mooi skoongeskeerde doos vaskleef; Wilna dieseldfe, maar sy het ’n bietjie meer hare waar Annette niks het nie.

“Toe gee, laat ons drink,” sê Wilna. Ek kom tot my sinne en deel die Spins uit.

“Nee, girls, julle smokkel met my fokken kop vandag. Het julle dit afgespreek om so met my kop te smokkel?” sê-vra ek. “Wilna, jy van alle mense. Ek kan nie glo dat jy sulke dinge kan doen nie; nie dat ek omgee nie. Nou die dag het jy arme ou Arno amper in ’n koma in geklap toe hy jou wou gelukwens met jou verjaarsdag.”

“Ag, dit is nie so erg nie, maar hou jy darem daarvan?” vra sy.

“Wat de fok dink jy, lyk ek vir jou soos ’n fokken moffie?” Ek kan nou nie waag om op te staan nie. My voël is so styf, ek voel skoon lighoofdig.

“Toe drink, moenie laat ons vir jou wag nie. Daar is nog in die yskas. Ons het ook gekoop,” sê Wilna.

Teen die tyd dat ek ’n sluk vat, is die Spin al warm. Ek sluk dit met so ’n paar slukke weg en vat nog een. Annette en Wilna staan op en loop die huis binne. Instinktief draai ek om en beloer hulle van agter af. Mooi was nog nooit lelik nie, en ek ken die verskil tussen kak en modder, en dié is beslis nie modder nie, dink ek by myself. Wat sou hulle nou besin het om dit te doen? Na al die jare. Ons het al baie gepraat oor seks en met wie sou ons graag in die bed wou spring, maar nooit na mekaar verwys nie. Ek staan op, trek my nat hemp uit, gooi my handdoek oor my skouer sodat die onderste punt my knop in my broek versteek en stap agterna.

“Waar is julle?” vra ek.

“Hier in die TV-kamer,” antwoord Annette. Ek loop gang af tot in die kamer.

“Koop jy jou broeke met of sonder die knop?” vra Wilna. “Jy hoef dit nie weg te steek nie. Ons het jou lankal gesien. So los maar die handdoek scheme, jy bullshit net jouself,” sê Annette.

“Julle is twee bliksems, weet julle dit. Julle team sleg op teen my,” sê ek en gaan sit. Hulle hemde is al effens droog en die regop tepels skyn nie meer deur nie, maar wys nog.

“Wat van ’n bietjie musiek?” vra ek ewe verlig.

“Kies jy maar,” sê Annette, met die doel dat ek moet opstaan met die knop in my broek. Dié keer laat ek nie op my wag nie en staan op sonder om ’n verskoning te soek. In die hoek van my oog sien ek hoe staar hulle my aan. Ek is nou nie gestraf met ’n reuse voël nie, maar is ook nou nie afgeskeep nie. Dit wys nogal duidelik in my broek.

Ek kry ’n CD met ’n verskeidenheid sangers en sit dit op. Ek hou nie juis daarvan om een na die ander song te luister na dieselfde sanger nie.

Die atmosfeer daal effens terwyl ons een na die ander Spin drink en musiek luister. Die goed is mos erg agterbaks. Jy kan ’n dosyn sit en uitdrink en niks makeer nie, maar waag dit net om op staan om te gaan pis of iets en dan donner die goed jou mos met ’n baseball bat van agter af.

Dit is presies wat toe gebeur. Na die vyfde of sesde Spin het die twee mos nou die groot nood en staan op om toilet toe te gaan. Heel elegant hou hulle die handdoeke vas. Hulle het nie ver geloop nie, toe staan hulle stil en hou aan mekaar vas, toe weet ek hulle het in die baseball bat vasgeloop.

“Nou?” vra ek. Ek hoor net hulle begin giggel, laat val die handdoeke en loop lag-lag die gang af. In die toilet lag en gesels hulle kliphard. Alkohol maak ’n mens doof ook. “Bliksem, my kop draai nou,” hoor ek Wilna sê en hulle lag verder.

Hier moet ’n man ’n plan maak, dink ek by myself. Pelle of nie, hulle het begin met die game. My kop draai ook effens, maar darem nie te erg nie. Ek gaan sit in die middel van die vloer en wag vir hulle.

“Nou?” vra Annette toe hulle hand om die lyf terugkom sonder die handdoeke.

“Nou gaan ons ’n game speel,” sê ek. “Sit,” beveel ek hulle en ewe gehoorsaam gaan sit hulle bene gekruis voor my. Wat ’n picture!

“Nou wat gaan ons speel?” vra Annette. Wilna sit net en giggel. Sy is nie juis een wat drink nie. “Toe, wat gaan ons speel? Vroteier?” skerts Annette.

“Nee, ons is nie in ’n fokken kleuterskool nie. Truth or Dare,” sê ek.

“Verduidelik,” vra Anette ewe belangstellend.

“Jy kies een van die twee en een van die ander vra jou ’n vraag. Kies jy ’truth’, moet jy die vraag eerlik beantwoord en kies jy ’dare’ moet jy uitvoer wat aan jou gevra word. Duidelik?” Albei verstaan. “Wie is eerste?” vra ek en ewe kordaat willig Wilna in.

“Truth or dare?” vra ek. “Truth,” antwoord sy meer onseker.

“Nou goed, het jy al seks gehad met iemand wat ons ken?” vra ek.

“Nee, nog nooit seks gehad nie,” antwoord sy. Dit weet ons almal, maar dit was ’n goeie vertrekpunt op die onderwerp.

“Annette, truth or dare?” vra ek. Sy sit vir so oomblik en peins. “Ook truth,” sê sy.

“OK, het jy al seks gehad?” vra ek. Sy kry so ’n stoute smile op haar mond. “Onthou, die waarheid,” sê ek.

“Ja, in matriek op die hoogspringsakke in die stoor,” antwoord sy.

Met dié spring Wilna op. “Genuine?” vra sy effens geskok. “Jy het dit nog nooit aan my vertel nie.”

“Rêrig,” sê Annette. “Maar dit was maar ’n once-off en toe nooit weer nie.”

Ek kon sien sy skuif effens ongemaklik rond en vat-vat so voor aan haar broekie. My voël swel nog verder.

“Nou is dit jou beurt,” sê Annette.

“Truth of dare,” sê sy.

“Truth, asseblief,” antwoord ek.

“Kak man, jy is mos nie ’n moffie nie. Wees nou braaf en dare,” daag hulle my uit. Sonder om te besef wat ek sê, dare ek.

“OK, wees asseblief so waaghalsig en  ...” Hulle kyk na mekaar en knik hulle koppe saam, toe weet ek hier kom kak. Ek wou mos. “ ... En ontbloot daai knop in jou broek,” kom dit van hulle af.

“Wat de fok  ...” stotter ek.

“Toe, ons wag,” sê Annette.

Ewe onwillig staan ek toe maar op en trek net my broek af. My voël kry toe meer spasie en druk nog ’n groter knop in my onderbroek.

“Tevrede?” vra ek en ek kan voel hoe ek bloos. “Moffie-e-e,” kom dit van Annette af. “Alles, die onderbroek ook,” beveel sy my. Ek kyk vir Annette en sien haar oë glinster vol afwagting. Wilna staar net en sê niks nie.

“OK, as dit is wat jy wil hê,” en ek trek my onderbroek ook af. Daar staan ek kaalgat met my broek op my knieë. Wilna sê nog steeds niks nie en staar nog. In die hoek van my oog sien ek weer hoe Annette onwillekeurig aan haar broekie vat. Ek besef toe sy is so nat sy weet nie meer hoe om te sit nie.

“Tevrede?” vra ek. Ek kry geen reaksie nie. Albei van hulle staar net. Ek kyk af, toe sien ek hoe die deurskynende vog by my voël afdrup soos taai stroop. Ek pluk haastig my broek op en gaan sit.

Doodse stilte. Jy kan ’n speld hoor val op die mat.

“Verskoon my asseblief,” en Wilna staan op en loop so verdwaas uit die vertrek uit.

“Bring vir ons nog ’n dop as jy terugkom,” skree ek agterna om die atmosfeer te breek. “En nou?” vra ek vir Annette. “Wat is fout? Gedink ek gaan uit chicken? Toe surprise ek jou!” vra-sê ek.

“Ek het wragtig nie gedink jy sal so ver gaan nie,” erken sy. “Ek is skoon geskok van verbaasdheid,” sê sy en trek haar handdoek nader.

“O, kyk wie is nou chicken,” skerts ek.

Annette begin bloos, staan op en roep na Wilna. “Hier in die badkamer,” antwoord sy. Annette verlaat die vertrek. Dit voel asof ek in my broek kan kom van jagsheid. Wat nou? wonder ek by myself. Het die twee nou geskrik of wat? Ek hoop nie so nie. Dit het nou net lekker begin raak.

Die stilte in die huis word verbreek deur die twee wat aan die lag gaan in die badkamer. “Kan ek kom help?” vra ek.

“Nee dankie,” antwoord hulle. “Wilna is net besig om oor die skok te kom,” skerts Annette.

’n Ruk later kom hulle uit die badkamer. Wilna is aangetrek en het haar rugsak oor haar skouer.

“Nou?” vra ek.

“Ek gaan waai, die paartie raak nou te rof,” sê sy.

“O, nou is jy die chicken,” terg ek. Agter haar wys Annette vir my ek moet stilbly en help vir Wilna by die deur uit.

“Cheers,” roep ek agterna.

Die deur klap toe en Annette keer terug. Toe sy by die deur inloop, gooi sy die handdoek af en trek haar hemp uit. Hier kom dit nou, besef ek en voor ek kon opstaan, kniel sy voor my. “Toe, wys my waar Dawid die wortels begrawe het,” daag sy my uit.

Sy maak my broek los en trek dit stadig af. Skielik is daar baie spasie en my voël staan regop. “Altyd gewonder wat in jou broek aangaan,” sê sy en vat my voël vas. Ek kry so rilling deur my lyf van lekkerte. Sy druk my op die mat plat en begin my voëlkop saggies soen. “Annette, is jy seker?” vra ek haar. “Hou jou bek en lê stil, ek is lankal lus vir jou,” sê sy terwyl sy my hele styfheid in haar mond laat insink. “Maar ons vriendskap, ons kom al so ver saam,” probeer ek ewe diplomaties wees. Nie dat dit juis gehelp het nie. So tussendeur loer sy vir my met so glimlag op haar mond soos ’n klein dogtertjie met ’n suigstokkie wat ander probeer vermaak.

Sy hou op en skuif boontoe. “Het jy dit geniet?” vra sy met daai stout glimlag op haar mond. Al wat ek kan uitkry, is “Hmmmm”. Ek begin haar saggies in haar nek soen. Sy kreun saggies en begin vinniger asemhaal. Ek sak stadig af, lek haar tepels, tot by haar naeltjie en soen dit liggies. Sy begin giggel soos ’n klein dogterjie. “Asseblief, nie daar nie. Ek is verskriklik kielierig,” sê sy. Ek beweeg verder af en hou op net so voor haar kaalgeskeerde doos. Sy kyk verbaas op en vra, “Wat nou?” “Niks nie,” antwoord ek terwyl ek die stukkie wonderwerk van die mensdom aanskou. Sy lê weer terug en ek kan aanvoel hoe sy in spanning wag dat ek moet verder gaan. Eers soen ek haar saggies al om haar skaamlippe teen haar bene af. Haar asemhaling raak harder en vinniger en haar bene sprei verder oop. Die oomblik laat my onwillekeurig dink aan die t-hemp wat ek gesien het: “Lovely long legs. What time do they open?”

Ek lê plat op my maag voor haar oopgespreide bene. “Wag, sê sy” en rek agtertoe om een van die strooikussinkies op die bank te vat. Sy kry een in die hande en druk dit onder haar ferm boudjies in. “Dis beter,” sê sy en lê weer terug. Maak nogal ’n verskil, die kussinkie onder die boude. Net die regte hoogte, dink ek. Elke keer as ek haar op haar skaamlippe soen, kry sy so trilling deur haar lyf. Nogal oulik, dink ek so by myself en soen haar weer. Dié keer is sy my een voor en knyp my kop tussen haar bene vas en laat los weer. Die jagsheid het haar nou geheel en al oorgeneem. Sy neem twee vingers en trek haar skaamlippe van mekaar af weg. Sy is nat, deurweek van die vog. Stadig beweeg my kop nader en ek trek my tong deur haar oopgetrekte skaamlippe. Dié keer moan sy effens harder toe ek haar klitoris ontdek en met my tong dit stadig streel. Haar heupe het nou hard op en af begin beweeg teen my mond.

Onwillekeurig sit sy regop en terwyl sy haar stywe tepels vryf, sê sy, “O fok, maar dit is lekker. Moet net nie ophou nie.” Ek besef toe nog so twee of drie lekke en die plesier sal haar oorweldig en val haar doos toe met geweld aan. So is dit ook toe. Minute later oorweldig die lekkerte haar en sy kom. Al wat ’n spier in haar lyf is, verstyf en sy uiter so sagte gilletjie uit tussen die vinnig asemhaal. Die orgasme hou aan en aan en meteens ontspan sy en met ’n breë glimlag trek sy my nader. Teen dié tyd lyk dit of ek op die mat gepis het, so nat was dit. Ek was gereed. So styf was my voël nog nooit nie, selfs nie eers as ek gelê en draadtrek met haar in my gedagtes nie. Sy beveel my om op my rug te lê. Soos ’n wafferse cowboy klim sy wydsbeen oor my. Eers gaan sit sy op my sodat my voël tussen haar skaamlippe deur gly. Sy beweeg haar heupe heen en weer en ek moet kophou, anders kom ek sommer gou. Heen en weer beweeg haar heupe en dan gly my voël in haar nat lekkerte in tot teen die klokke. Meer het ek nie en dieper kan ek nie. Stadig en ritmies begin sy my naai. “Wat van ’n FL?” vra ek haar so tussen die eerste paar stote deur. “Moet nie daaroor bekommerd wees nie, ek is op die pil. Ek gebruik dit om my vel mooi te hou,” antwoord sy my. Dié een het ek ook al voorheen gehoor.

Minute later voel ek hoe die storm van lekkerte besig is om op te bou hier diep onder my hol waar die spier verbytrek. Sy pomp nog harder en vinniger. Weer eens kreun sy saggies terwyl haar onderlyf ritmies saam beweeg. Al hoe harder en vinniger. Gaan sy weer kom? wonder ek by myself toe die lekkerte my meteens oorweldig. Die storm van kom is besig om met ’n geweldige spoed in my voël op te stoot. Ek probeer knyp en terughou, maar enkele pompe later trek my hele lyf saam en ek stort my sade met ’n storm in haar in. Binne sekondes is dit oor en ek kry nog so paar sametrekkings agterna voordat ek ontspan.

“Toe, was dit lekker?” vra sy. Uitasem kry ek darem “Thanks” uit en sy gaan lê op my. Ons lywe is nat van die sweet en ons is albei uitasem.

Ons lê kaal langs mekaar op die mat. Is dit nou die einde van ons vriendekring? Wat sal Wilna dink van ons? maal die vrae deur my kop. Ek draai om op my maag en loer vir Annette.

“Wat nou?” vra sy.

“Ek wonder maar net, is dit nou die einde van ons jarelange goeie vriendskap?” sê-vra ek.

“Hoekom?” wil sy weet.

“Ag, ’n ou hoor en lees so baie van sulke vriendskappe wat tot niet gaan as ’n mens eers aangetrokke begin raak. Gaan jy vir Wilna vertel? Sy het seker ’n vermoede wat hier gebeur het.”

Annette spring op en hardloop kaalgat die gang af en duik in die swembad. “Kom, join my!” roep sy. Ek staan traag op, loop en duik ook in. Die koel water verfris my lyf en ek voel sommer beter.

“Jy het my nog nie geantwoord nie,” deel ek haar mee.

“Ons drie sal nog pelle bly en ek en jy sal maatjies bly — naaimaatjies,” sê sy met ’n glimlag.



LitNet: 05 April 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.