|
|
Sondige Sondagspeletjies: Deel IIBrombeerKlik hier vir Deel I
“Ag, sit sommer die goed daar in die eetkamer neer,” het jy oor jou skouer geroep en in die gang af verdwyn. Ek het die stoele staan gemaak teen die muur en toe ek orent kom, het ek effe lighoofdig gevoel, maar dit toegeskryf aan die son en die drank. Daai koppie koffie sou nou lekker afgaan. Daar was ‘n vrouetydskrif op die eetkamertafel en ek het belangeloos daardeur staan en blaai. Toe ek opkyk, staan jy in die gang – totaal skaamteloos naak. Ek kon my oë nie van jou afhou nie. “Wil jy ook kom stort?” het jy onskuldig gevra en net so bly staan asof jy my wou uitdaag om weg te kyk. Ek kon nie. Ek het elke detail van jou perfekte liggaam ingeneem: die slanke skouers en parmantige borste met die ligte sproetjies en daai harde, donker tepels – wat selfs langer en groter was as wat ek vermoed het; jou plat maag; die swelling van jou breë, vroulike heupe; die amper kaalgeskeerde, aanloklike plompheid van jou poesie en jou lang, gladde bene. Ek kon voel hoe my voël weer bokspring. “Ek sien jy hou van dit wat jy sien. Kom stort saam met my dan kan jy voel óók terwyl jy my was,” het jy gesê en jou hand na my uitgesteek. Jou stem was amper onhoorbaar bo die gedruis in my ore. Ek kon voel hoe my pols in my lies klop. Iewers ver het ek ‘n sirene gehoor, maar dit was asof op ‘n ander planeet. Ek het die tydskrif neergesit en stadig, effe onseker, nader gestap en diep in jou groen oë gekyk. Die stort was knap vir twee en ons het beurte gemaak om onder die warm strale water te staan. Jy het eerste begin om my te was: my skouers; my bors: my maag; my arms; en dan af na my stywe voël – wat jy saggies seep gesmeer het. Jy het die vel weer ver teruggetrek en die taai kop gewas dat die skuim so staan terwyl jy my selfvoldaan in die oë kyk. “Soos Xaviera Hollander gesê het: ‘If you don’t keep it clean as a whistle, it won’t get blown …’” My enigste antwoord was ‘n kreungeluid en ek het gewonder hoe jy van Xaviera Hollander weet. “Nou my beurt,” het jy gefluister en vir my die koekie seep aangegee. Jy het jou rug op my gedraai en ek het begin om jou skouers en nek te was. “Ouch!” “Wat’s fout? Maak ek jou seer?” het ek verbaas gevra en ophou was. “Nee, gaan aan. Ek dink net ek het vandag seerder gebrand as wat ek gedink het. Jy sal my met aftersun moet insmeer sodra ons klaar gestort het, asseblief.” Ek het weer begin seep smeer: eers jou lae rug en dan met beide hande oor die kurwes van jou heupe en dan oor jou stywe boudjies. Toe my vingers naby die spleet kom, staan jy effe wyer met jou bene en ek aanvaar die uitnodiging. My een hand seil tussen jou boudjies in en oor die rosie van jou kringspier, wat onwillekeurig onder die aanraking pruil. My hand beweeg egter verder af en tussen jou bene in. Ek voel deur die seepskuim ‘n ander sagter, gladder nattigheid en my middelvinger sak soos ‘n warm mes in botter tussen jou skaamlippies in. Nou kreun jý en druk jou boude teen my voël aan. My ander hand reik om jou en ek begin jou borste was. Eers een – al rondom en dan oor die stywe tepel, wat ek saggies tussen my vingers knie – en dan die ander een ook. “O dônner, jy maak my jags,” het jy gehyg en jou kop na my toe gedraai. Ek het jou vol op die mond gesoen en ek kon voel hoe jou tong tussen my lippe beweeg. Praat van jags, het ek gedink terwyl my voël ‘n duik in jou sagte boudjie druk. Nadat ons klaar gestort het is ons net so kaal kamer toe, waar jy – nadat jy vir my die aftersun aangegee het – jou op jou maag op die bed neergevly het. Weer eens het ek die kurwes van jou lyf bewonder – van waar die vallei van jou sonbruin rug oorgegaan het in die volmaakte heuwels van jou wit boudjies en af oor jou ferm, gladde dye. Ek het ‘n groot blerts van die blou jel in my bakhand gespuit en langs jou gaan kniel. “Brrr,” het jy gesê en liggies geril toe ek die koel jel oor jou rug begin invryf. Ek kon die hoendervel soos braille onder my vingerpunte voel. Ek het die jel egalig oor jou hele rug gesmeer en op teen die heuwel van jou boudjies. “Haai, ek het nie daar gebrand nie,” het jy gegiggel. “Ek weet, maar hulle is so dônners mooi, ek kan dit nie help nie,” het ek geantwoord en begin om jou bobene in te smeer. Ek het agter jou knieë begin en opwaarts gewerk, tot net onder jou boudjies, waar ek met my duime die voutjie onder elke boud gestreel het. Jy het saggies gekreun en jou bene wyer oopgemaak. Jou diep-pienk, skoongeskeerde koekie het skaam-uitdagend vir my geloer. My voël het weer gebokspring teen my maag. Ek wou jou hê en het kras gefluister: “Erika, ek wil jou naai.” Jy het op jou sy omgerol en weer speels vir my geglimlag. Daar was naakte wellus in jou groen oë. “Ek dog jy gaan nooit weer vra nie. Maar eers wil ek hê jy moet my eet, asseblief. Sandra reken jy is nogal baie goed daarmee.” Ek het skielik verstyf. Bespreek my vrou ons kamersake met jou, het ek gedink? Jy het onmiddellik besef dat dit die verkeerde ding was om te sê. “Sorry, ek het dit nie so bedoel nie. Sy kon regtig net nie uitgepraat raak daaroor nie en ek het gedink … ek wou … ek wíl self voel,” het jy gepleit en jou hand op my wang gesit. “Okay dan,” het ek skielik vasberade gereken toe my manlike ydelheid weer terugkeer. Ek het jou amper hardhandig op jou rug gedraai en jou bene opgelig tot jou knieë teen jou tieties gedruk het. Jy was totaal weerloos en toeganklik voor my gesig. Ek het weer ‘n oomblik net sit en kyk. Jou mooi boudjies was wyd gesper en die roosknoppie van jou kringspier was ‘n sagte, gekreukelde bruin-pienk en net bo dit het jou opgewonde dosie blink-nat en geswel geblom. Die binnelippies was dik gepof van opgewondenheid; jou klit het prominent uitgestaan – halflyf uit sy skede – soos ‘n klein kordate soldaatjie. In die sagte vel rondom hierdie lieflike prentjie was daar nie ‘n teken van ‘n enkele skaamhaartjie nie. Ek het laer gebuk en het die soet, aardse reuk van jou jagsheid diep ingeasem.
My gesig was so te sê in jou oop koekie en ek kon hoor hoe jy na jou asem
snak toe ek my tong saggies teen jou nat spleet druk. Jou sappe was selfs soeter
as wat ek ooit kon droom. Ek wou dit gulsig oplek, maar het besef dat my sogenaamde
reputasie hier op die spel was en het saggies al met die buitelippies langs,
al rondom jou dosie gelek. Jou kreungeluide het my vertel dat ek op die regte
pad was. Jou hande het deur my hare gespeel en ek kon kort-kort jou naels op
my kopvel voel. Ek het my een middelvinger weggedruk in jou liefdeskede, terwyl ek bly lek het, en toe die vinger goed nat en glad was, het ek dit weer uitgehaal. Daarna het ek dit in klein sirkeltjies oor jou kringspier gevryf en gevoel hoe dit onwillekeurig saamtrek. Ek het ophou lek en geprewel: “Ontspan, ek sal jou nie seermaak nie.” Jy het en skielik het my vinger jou agterdeur maklik en egalig gepenetreer. Jy het iets tussen ‘n sug en ‘n kreun geuiter. Dit was warm en styf om my vinger. Ek het weer jou klit begin lek en jy het sulke sagte tjankgeluide gemaak. So het ek vir nog ‘n paar minute aangehou en al vinniger en harder gelek terwyl ek jou van agter met my vinger genaai het. “O dônner, maar dis lekker. Moenie nou ophou nie, asseblief. Ek is so naby … ek voel … ek gaan kom,” het jy gekerm en my kop teen jou sopnat dosie gedruk. Ek het jou op my beurt so met my middelvinger stywer teen my mond vasgedruk. “O bliksem, ek kom NOU!” het jy geskree. Jy was heel in my mond en ek kon voel hoe jou klit teen my tong pols en jy styf om my vinger saamtrek voor ek die vloed soet sap van jou orgasme gulsig afgesluk het. Ek het opgekyk en my vinger versigtig verwyder. Jy het jou bewende bene laat sak. Stadig het ek oor jou geklim tot ons gesig aan gesig was, en ek het jou diep gesoen. Jy kon jouself op my lippe proe, maar dit het jou nie afgesit nie. Jy het my vurig teruggesoen. Toe ons asem skep, sê jy: “Sodra ek my hartklop weer onder beheer het, sal ons voortgaan met jóú versoek van vroeër. So by the way, Sandra mag maar oor jou brag. Ek het nooit geweet dit kan so hemels wees nie – veral toe jy jou vinger …” “Dít, ou suster, is deel van die geheim,” het ek geantwoord en van jou afgerol.
Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |