|
|
Sandy BayJaco Hough-CoetzeeDie son het oor my gelek daar waar ek agter die verlate rots op Sandy Bay gelê het. Die wind vroetelend deur my hare. My hand vol van my ereksie met jou wat in my verlange kom sit het. Daar was sandkorrels, onthou ek. Sandkorrels, jy en ek en jy en my ereksie. Die sandkorrels het vaagweg in die agtergrond seergemaak. Gekrap teen die skommelende wrywing van die bultende spier in my hand. 'n Ent van my het die branders teen die strand gestoot. Gestoot en teruggetrek. Heen en weer gestoot en teruggetrek. Maar na elke terugtrek het die skommelende branders 'n wit skuimlaag op die strand agtergelaat. Ek het lank gevat om klaar te maak, want jy was so ver. Maar tog nie, het ek later besef. Want jy was in my hand en in my verlange en in die seemeeu wat laag oor die rotse geskiet het. Maar toe ek klaar was, was daar skuim in my hand. Ek het daarna gekyk - en tussen die skuim het 'n pêrel gelê daar waar jy in my hand in vas was. 'n Pêrel gevorm deur 'n sandkorrel en wrywing en pyn en verlange en die geskommel van die branders. Ons het na mekaar gekyk, ek en die pêrel. En die pêrel het jou oë gehad.
Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |