|
|
Ontwaking - Deel 4Grys KlipNou móét sy eenvoudig kyk. Sy ontsluit die soen en loer af na sy broek. Toe sien sy dit - die linkerbroekspyp wat skoon met 'n tent staan. Vir 'n oomblik is sy verdwaas en besef dan dat sy voël slap was toe hy kom sit het en nou windskeef staan. Baie verlig dink sy nie eers oor wat sy doen toe sy die tent aanvat en die broek wegtrek sodat die tentpaal na sy regmatige penorent plek al langs sy maag op kan verskuif nie. Toe sluit haar vingers weer daarom en sy lig haar mond om weer gesoen te word. Terwyl sy besef dat hy nie wil soen nie, maar haar so stip aankyk, kom sy ook agter dat iets anders voel. Vat en weer vervat en sy besef hy het nie 'n onderbroek aan nie. Voel die rooi in haar wange opstyg omdat hy haar so stip aankyk en laat sak haar kop op sy bors. Tog kry haar vingers 'n wil van hulle eie en daar 'n vinnige paar drukkies en so 'n heen en weer wikkel of twee voordat sy net haar vingers om sy stam vou en dan stil lê. "Dit voel lekker, maar gaan hy nie nou te gou kom nie, soos die voorspeler gesê het? Ek wil sien hoe dit gebeur. Ek wil máák dat dit gebeur. My nuuskierigheid is nou geprikkel. Hier is mos nie 'n kondoom nie en ons kan niks anders doen nie." Dan krap iets in haar geheue. Wat is dit nou? O ja. Die wyn. Ons moet so 'n bietjie aanvul - dalk werk dit weer soos vroeër. "Ek is dors," sê sy en begin regop sit. Hy leun oor en gee die glase aan. Sy sluk en sluk weer. Kom agter dat hy nog nie gedrink het nie, maar vir haar pal sit en kyk. Sy verskuif anders en stamp aan hom en daar mors van sy vol glas op sy bors. Hy lag en sê: "Is dit nou my beurt om onder die wyn deur te loop? Gelukkig het ek nie my hemp aan nie." Dit was nie baie nie en sy sit haar glas neer om sommer met die hand sy bors skoon te vee. In die holte waar sy ribbes bymekaarkom, lê so 'n klein poeletjie wyn. Vinnig buk sy vorentoe en lek die wyn op met so 'n slurpgeluid. "Lekker. Dis hoe wyn gedrink moet word. Van 'n warm lyf af." En sy begin om te giggel. "Ek weet nie wat oor my gekom het nie. Ek het nog nooit sulke dinge gesê of gedoen nie. Dit kan tog nie die wyn wees nie, want ons het so stadig daaraan gedrink." Weer skuif die blos in haar wange op toe sy sien hy sit haar so sedig en dophou terwyl sy nie kan ophou giggel nie. Dan skuif hy so 'n klein bietjie. Terwyl hy haar vas in die oë kyk, drup hy nog van sy wyn in die dammetjie waar sy ribbes bymekaarkom, wat nou 'n bietjie groter en dieper geword het. Nog sê hy nie 'n woord nie en kyk haar net aan. Deels omdat sy onder sy blik wil uitkom en deels omdat sy nie weet wat anders om te doen nie, lê sy weer vorentoe dat haar een bors teen sy maag druk en slurp die wyn op. Daarna lig sy nie op nie, maar gee nog so 'n paar lekke oor sy borskas. Dis so lekker wanneer haar kaal bors teen sy vel druk. Weer is die tepel penorent op sy pos. "Ek wonder of hulle nie gaan moeg word nie." Nog 'n giggel met haar neus teen sy een tepeltjie. Wat is besig om haar oor te kom? Haar ma sal haar nie nou ken nie - kaal bolyf teen 'n man se kaal bolyf vasgedruk en lippe rooi van die wyn wat sy pas van sy borskas afgedrink het. "Boggher my ma. Ek dink nie sy het ooit in haar lewe 'n orgasme gehad nie en ek het reeds een agter die rug!" Sy swaai om en wys hy moet sy regterbeen onder haar deurtrek. Sy gaan lê daarna tussen sy bene met sy piel direk tussen haar borste terwyl hy sy been teen die leuning rus. "Dis baie beter," sê sy. "Vir jou of vir my?" is dadelik die antwoord, "maar ek is seker dit kan nóg beter", en vir 'n oomblik is sy nie seker of hy dalk ontevrede is nie. Dan sit hy sy hand agter haar kop en wriemel haar hare deurmekaar. "Dit is nie die meisie wat ek die afgelope maande leer ken het nie, maar indien enigsins moontlik sien ek 'n groot verbetering!" sê hy en lag lekker. Hy sluk die laaste van sy wyn weg en sit die glas neer. Met albei hande vryf hy langs haar sye waar haar borste uitbult soos sy op hom lê. Sy laat sak haar kop en met haar mond oop teen sy maag gedruk maak sy soos 'n kat wat spin. Weer lag hy en begin sag sy naels gebruik om die effek op haar borste verder te verhoog. Hy kan voel hoe haar tepels tussen hulle weer styf word en weet dat die kalmerende effek van die breek wat hulle geneem het, nou vervaag het. Sy geniet dit so baie wanneer hy haar streel - dis asof hy presies weet waar en hoe om dit te doen. Al die variasies en telkens iets nuuts wat haar stadigaan weer die hoogtes invoer. Soos nou weer toe sy voel hoe sy voël hier tussen haar borste 'n poging aanwend om orent te kom. Weer en nog 'n keer. "Ek wonder hoe doen hy dit?" Sy dink aan iets en trek van haar spiere saam asof sy knyp om nie te piepie nie. Knyp en los, knyp en los en nog 'n paar keer. Sy kan voel daar is meer daarby betrokke as net die toemaak van die pispypie en wonder of dit is wat hy doen. "Maak weer so, asseblief." "Hoe?" "Soos jy netnou gemaak het. Hier tussen my borste." Skaamteloos! Maar tog so lekker. Weer beweeg sy voël, probeer orent kom. Weer en nog 'n paar keer. Sy bly nuuskierig. Haar regterhand gly af, oor sy dy en tussen haar bene in. Plaas haar handpalm reg oor haar doos. Weer knyp sy en los; knyp en los; 'n paar keer. Sy kan tog iets voel - daar is een of ander aksie wat plaasvind, maar sy het nie 'n piel nie en weet nie of dit die regte ding is wat sy doen nie. Hy sê niks; hou haar net dop. Weer voel sy hoe sy voël saamtrek. "Doen jy dit deur te knyp, asof jou blaas vol is en jy moet keer dat niks uitkom nie?" "Ja. Hoe weet jy? Dit is presies dieselfde. Behalwe dat 'n mens knyp en hou wanneer die nood hoog raak, maar hier is dit knyp en los. Knyp en los." "Ja. Ek kan iets by my ook voel wanneer ek knyp en los." "O. Dis interessant. Ek het dit nie geweet nie. Mag ek …" Vir 'n rukkie is daar 'n stilte. Dan, sonder om 'n woord te sê, draai sy om om op haar rug te lê. "Gee my jou hand." Sy plaas sy handpalm na ondertoe op haar doos. (Heel trots oor wat sy met omtrent geen huiwering doen nie en ook oor die woord wat sy in haar gedagte gebruik het. Dit maak nie eers saak dat ek so pas gevoel het hierdie slaapbroek is ook al deurweek nie. "Ek raak skaamteloos!") Knyp en los; knyp en los. Knyp en los. "Ja," sê hy. "Maar dit is nie so prominent voelbaar as by ons mans nie." "Is daar by julle ook so 'n ligte gevoel van … van … sê maar lekkerkry, van die knyp en los soos wat ek nou vir die eerste keer voel?" "Nie wat ek al agtergekom het nie." Weer probeer sy voël om weg te kom, dié keer agter haar rug. (Sy loer vinnig af na sy hand wat nog steeds op haar doos lê. Doodstil. En sien dan haar tepels staan steeds orent - en voel gou heel tevrede dat haar borste nie onder haar oksels in verdwyn wanneer sy op haar rug lê nie. "Nie te sleg vir 'n ou vrou van 26 nie," lag sy vir haarself.) Kom ons doen dit reg, dink sy by haarself. Dis nie sy voël of 'n tril nie, maar sy piel. Mans het piele en vrouens het dose. Amper outomaties wil 'n mens byvoeg: "And never the twain shall meet." Sal dít nou nie 'n ramp wees nie. En weer die spontane giggel en lag. Iets wat haar borste baie interessante manewales laat uitvoer. Sy weet daar is 'n "p"-woord vir haar doos, maar dan gaan sy voel sy vloek dit en met die plesier wat sy daar onder ervaar het, is dit die laaste ding wat sy nou wil doen. Miskien sal sy later meer moed daarvoor hê - wanneer die plesier haar weer oorweldig het. Hy vind die ritmiese geskommel van haar borste baie interessant, maar sy aandag word nie soveel afgetrek dat hy nie nuuskierig is nie. "Wat is dit hierdie keer? Weer aan iets snaaks gedink? Wat was dit nou?" "Sommer net 'n gesegde wat in my kop opgekom het. 'n Oue, in Engels: "And never the twain shall meet." En giggel sodat haar borste weer klein golfies maak. Fassinerend. "Dit is nie so snaaks nie. In watter verband het jy daaraan gedink?" "Nee wag. Hierdie keer gaan ek nie dadelik sê nie. Dalk later." Sy sit stadigaan regop sodat hy sy hand van haar doos moet wegtrek. Hy gly sy palm langs haar maag op en vou dit om haar bors. "Ons wyn is amper op," sê sy, en sluk die laaste bietjie in haar glas weg. Deel dan die kwartbottel wat oorgebly het en sluk dan weer alles op. Hy maak ook sy glas met een teug leeg. "Daar is nog iets in my tas wat ons kan drink. Hou jy van muskadel?" "O, ja. Baie. Toe ons jonk was, was daar altyd met Sondag-middagete muskadel, wit óf rooi, aan tafel. Ons kinders het ook elk 'n kelkie gekry. Ek kry altyd herinneringe aan wonderlike kos en geure wanneer ek muskadel oopmaak. Hoe outyds my ma ook al was, sy kón lekker kook." Toe hy opstaan om kamer toe te gaan, sien sy dat sy kortbroek steeds voluit tent staan - asof dit 'n kompasnaald is wat wys waarheen hy op pad is. Maar toe hy met so 'n lang, slanke bottel terugkom, wys die kompas grond toe. "Is dit waarheen hy nou op pad is - mat toe?" wonder sy met 'n vinnige beklemming totdat sy onthou dat daar nie 'n kondoom byderhand is nie. Iets wat ewe skielik vir haar nie meer so voordelig lyk nie, maar haar tog weer gerusstel. Hy het mos gesê hy het nie sulke planne nie - maar dit was voordat sy hom aan die steel beetgekry het! Gaan hy haar toelaat om te keer dat hy blouballe kry? Of sal hy dit liewer self wil doen in die privaatheid van die badkamer? Dit met 'n gevoel van teleurstelling wat haar verras. "Hierdie is die Rhona-muskadel. Dis iets besonders van die Graham Beck-landgoed. Jy moenie dit verwar met wat jy waarskynlik as kind geniet het nie." Sy staan gou op en gaan haal skoon glase. Nou is sy glad nie meer so bewus daarvan hoe haar borste beweeg wanner sy voor hom opstaan en buig en loop nie. Dit het sommer gou heel natuurlik geword. Sy geniet wel die manier waarop sy oë haar borste volg wanneer sy beweeg - al moet sy so stilweg met haar skouers die beweging aanhelp. Ook die donker nat kol hier onder in die mik van haar slaapbroek pla haar nie; sy het gesien hy het ook 'n nat kol voor op sy kortbroek - sommer op twee, drie plekke soos sy voël rondgeskuif het. Hulle sit weer. Die prop is uitgetrek en hy skink die glase 'n derde vol. "Jy weet seker dat die alkoholvlak van muskadel veel hoër is as in wyn. Ons moet dit nou kalm vat." Sy kyk hom direk aan. "Dink hy ek is 'n kind?" Sy tel die glas op en neem 'n groot sluk. "O, dis heerlik. Regtig lekker," en maak die glas leeg. "Kan ek nog kry asseblief?" "Nee, wag eers. Onthou dis 'n klein botteltjie hierdie. Ek wil myne eers drink, maar nie uit die glas nie." "Wil jy 'n koppie hê of sommer direk uit die bottel?" Sy kan voel hoe die muskadel haar maag warm maak - nie op dieselfde manier as wat vroeër die geval was nie, maar nog steeds lekker. "Nie een van die twee nie. Jy het netnou vertel hoe lekker smaak rooi wyn van die lyf af. Nou is dit my beurt. Ek wil weet of muskadel ook so goed smaak." "Maar muskadel is dan so taai! Rooiwyn is nie. Jy vang my weer. Maar OK dan. Mits ek ook nog 'n beurt kan kry. Hoe wil jy dit doen?" "Kom lê hier op die mat." Sy gaan lê op haar rug. Die mat se hare kielie so 'n bietjie en dan besef sy waar sy so oopgestrek voor hom lê, vou haar slaapbroek styf om haar lende - weer daardie mooi woord, dink sy - en omdat hy langs haar heupe gaan sit het, is omtrent al die detail van haar doos vir hom duidelik sigbaar deur die nat materiaal. Materiaal wat steeds natter word en dus baie deursigtig. Sy wil-wil haar bene eers oormekaar vou, maar laat sak hulle dan weer. "Wat gaan jy doen?" "Ek gaan die muskadel in jou mooi diep naeltjie gooi en dit dan versigtig drink. Wat dan oorbly, sal ek alles uitlek sodat jy nie taai voel nie. Of nie so baie nie." Versigtig gooi hy van die muskadel tot haar naeltjie mooi vol is. Hy leun vorentoe en drink versigtig van die muskadel en lek daarna diep om dit mooi skoon te maak. Die gevoel van sy tong op haar maag en die een hand wat hier bo-op haar dy rus - met sy vingerpunte 'n aks van haar doos af - sodat hy sy mond by haar naeltjie kan kry, laat haar bloed weer jaag. Haar tepels staan weer orent en haar borste voel vol. "Nog ene," sê hy. Terwyl hy skink, kyk sy na sy profiel en hoe die spiere in sy skouer speel terwyl hy baie versigtig die bottel omkeer. Sy strek haar hand uit en vryf oor sy arm. Dit moes sy nie gedoen het nie. Die bottel beweeg skuins en 'n klomp muskadel loop teen haar maag af. Instinktief gryp hy haar slaapbroek en probeer dit uit die pad trek, net om haar hele doos voor hom oop te trek. Sy gil verbouereerd en probeer orent kom - weet nie mooi of die oorsaak van die skrik die aftrek van haar broek en die prentjie wat hom in die gesig staar, is nie, en of dit die gevoel van die muskadel was wat op pad "ondertoe" was nie. Al wat haar poging om orent te kom bereik is om al die muskadel wat reeds geskink was, verder te laat afloop en in haar slaapbroek weg te sink. Wat 'n taai gemors. "Wag net. Ek moet gou gaan afvee en vir my 'n skoon broek kry." "Aikona. Jy gaan my nie my muskadel ontneem nie. Al gaan ek nie alles kan red nie, wil ek hê soveel ek kan kry," en hy druk haar weer plat op haar rug. Haar hande het die slaapbroek weer op sy plek teruggetrek en dis met konsternasie dat sy sien hoe hy afbuig, haar naeltjie deeglik skoon lek en dan die muskadel se spoor ondertoe neem. "Los. Jy gaan my nie keer om soveel van my muskadel as moontlik te red nie," en hy trek haar slaapbroek af sodat hy die muskadel wat aan haar vel kleef, kan oplek. Eers wil sy stry; probeer onsuksesvol om die broek hoër te trek. Besef tog dat die heel kritieke darem toe is en begin om op sy tong te konsentreer. Hy lek van haar naeltjie af tot net by haar dooshare. Dan gaan hy dwars en lek van haar heupbeen af tot onder feitlik in haar lies - moet die slaapbroek nog effens aftrek om dit te doen. Leun dan oor en doen dieselfde van die ander heup af. Sy ril van lekkerkry van die gevoel van sy tong oor haar vel. Veral wanneer hy laer beweeg. Haar gedagtes gaan aan die werk. Sy wil hom terugkry vir wat hy nou hier aan haar gedoen het. Hoe gaan sy dit regkry? Sy dink aan iets, maar weifel eers. Sal hy nie dink sy is skaamteloos nie? Sal hy nie dink sy is 'n slet nie? Die voorspeler - wie was hy nou weer? - sou dit nooit toelaat nie. Maar sy kom agter dat die hand wat haar slaapbroek se rek aftrek, nou op haar rus, terwyl hy steeds van hoek tot kant lek. Sy hand rus reg bo-op haar plesierknoppie - haar klitoris, deel van haar doos, korrigeer sy haarself - wat maar moeilik gaan, want die fyn bewegings wat sy lyf na sy hand oordra soos hy besig is om te lek, is net genoeg om die vulkaantjie weer in rat te kry. Dit laat haar besluit. Sy gaan dit wragtag doen! Sy lê nog 'n rukkie stil met toe oë terwyl hy met sy lekkery voortgaan, al weet sy dat die laaste van die muskadel in haar hare - haar dooshare! - en in die slaapbroek sit en dit gaan hy nie maklik bykom om af te lek nie. Die rede vir die stil lê is om die maksimum plesier te kry uit waar sy hand rus. En nou gaan dit nog beter. Sy hand het lewe gekry en beweeg met meer mening. Sy maak haar oë oop toe sy bewus word hy lek nie meer nie, net om te sien hy sit met 'n glimlag op sy gesig vir haar en kyk. Vir die soveelste keer slaan die blos op haar wange uit. "Ek wil nog muskadel hê, asseblief." "Sekerlik. Ek sal skink." En begin om op te staan. Sy hand druk sommer heelwat harder om die opstaanslag te vergemaklik. "Nee wag 'n bietjie. Ek wil ook proe hoe smaak muskadel van 'n warm lyf af. Jou beurt om te kom lê." Hy gee 'n glimlag, amper asof hy weet wat kom, en gaan lê uitgerek op die mat. Sy kyk dadelik na die voorkant van sy broek om te sien hoe die toedrag van sake is. Ja-nee, sy piel is steeds styf en lê mooi op na sy naeltjie net soos sy dit wou gehad het. Toe bemerk sy weer die nat kol bo vooraan sy broek - baie groter as vroeër. "Natuurlik! Mans word mos ook nat wanneer hulle opgewonde raak. Wat is nou weer die woord wat hulle volgens van haar maats gebruik? Jags; wanneer hulle jags raak." Ditsem! Nou weet sy hoekom die voorspeler sy voël langs haar voorste gleuf op en af gevee het voordat hy met sy gejol begin het. Hy wou haar met sy voël nat maak om makliker in te glip omdat sy nie nat was nie. As hy maar net geweet het hóé nat sy kan word as iemand net reg te werk gaan. Sy voel skoon trots op die nat kol in haar broek. Die ene wat nie na muskadel ruik nie, maar na iets veel meer opwindends! Sjoe! Maar sy het vanaand al baie geleer. En nou gaan sy haar lesse 'n stappie verder stoot. En vir hom sommer ook een leer. Sy bring die muskadel nader en gooi versigtig 'n bietjie in sy naeltjie. Buig laer om dit by te kom en voel hoe hy dadelik met sy een hand begin om met haar borste en tepels te speel. Vinnig kom hulle orent - hulle het mos al genoeg oefening vanaand gehad. Toe sy vir die tweede keer skink (teen sy gekla dat dit weer sy beurt is - hy het mos twee keer geskink), is sy reg. Sy gooi eers die naeltjie mooi vol en toe 'n straaltjie muskadel afwaarts oor sy maag na sy broek toe. Druk hom terug toe hy orent wil kom en begin dadelik lek. Begin by sy naeltjie en dan af tot by die broek se top. Daar lê 'n klein hoeveelheid muskadel teen die broek se bokant en sy lek-lek daaraan toe sy agterkom dit is nie net materiaal waaraan sy lek nie en ook nie vel nie. Sy loer onthuts en sien iets roois wat net-net by sy broek bo wil uitkom. "Ga!" dink sy. "Ek het nou net aan sy voël gelek! Nee, nie sy voël nie. Sy piel. Dubbel ga! Maar ek kan niks werklik snaaks proe nie. 'n Muskusgeur wat nou wil deurslaan, maar niks onaardigs nie." So opgevang in haar eie reaksie is sy dat sy eers by nadenke daaraan dink dat toe sy "daardie" lek ingekry het, het sy hele lyf voluit geruk en dat hy nou op sy elmboë rus en haar skaapagtig aankyk asof hy mooi moet nadink oor wat sy gedoen het. Dit bring haar weer by haar sinne. "Lê!" gebied sy, "Ek is nog nie klaar met my muskadel nie. Noudat jy regop wil kom het jou naeltjie leeggeloop en ek wil dit alles hê." Hy sak terug en sy soek die spoor van die muskadel wat afwaarts koers gekies het toe hy wou regop kom. Hoe nader haar tong aan die broek se top kom hoe meer gespanne word hy. Sy kan dit sommer aanvoel. Maar wanneer sy sywaarts loer terwyl sy lek, sien sy niks wat by die broek wil uitsteek nie. Dan sien sy dat die bult in die broek nie meer so groot is soos vroeër nie - sy besef sy skrik het hom minder styf gemaak. Dit laat haar aan die een kant goed voel vir die prentjie wat hy voor sy oë gehad het, maar terselfdertyd ook 'n bietjie sleg voel; sy wil hê hy moet die hele storie net soos sy geniet. En sy barometer sê dit is nie nou meer die geval nie. Sy sal maar kyk wat sy daaraan sal kan doen. Terwyl sy lek, sit sy haar linkerhand voor op sy broek neer en voel sommer dadelik dat daar nuwe lewe kom. Sy trek stadig die broek af en probeer om haar hand oor die piel te laat gly. Sy loer en sien dat die rooi kop weer stadig bo die broek verskyn. Net so loer-loer. "Weet wat jy besig om te doen?" hoor sy hom vra. "Ja, natuurlik. Net wat jy aan my gedoen het." En daarmee trek sy die broek heelpad af so ver as wat die rek dit toelaat. Sy lig haar kop en kyk na wat sy blootgelê het. Hy het alles vlugtig met sy vry hand probeer toehou, maar toe sy hand laat sak - 'n teken dat sy haar sin gaan kry. "Is dit nou hoe 'n piel lyk? Groter as wat ek verwag het, maar nadat ek hom reeds 'n paar keer vasgehou het, nie so 'n groot verrassing nie." Sy vat dit tussen haar vingers vas en vou hulle om die stam. Stadig trek sy terug - ál vorentoe en sien hoe die rooi kop onder die los vel verdwyn. Dan anderkant toe, afwaarts, en weer kom die rooi kop te voorskyn. Sy sien dat net daar waar die broek se top was, 'n klein bietjie muskadel agtergebly het. Sy trek die vel vorentoe om dit oor die kop te laat vou en buig dan die piel om die kop in die muskadel te smeer. "Wat maak jy nou, meisiekind?" Sy weet nie of die stemtoon een van kommer was oor wat sy doen nie en of dit eerder dui op - amper sê sy vir haarself "groter opgewondenheid" - maar korrigeer haarself en dink "jagsgeit". So 'n beskrywende woord. "Lê stil, ek is besig met my muskadel." En sak haar kop laer om 'n lekker lang lek oor sy punt te gee. Nog een. Sy proe eintlik net muskadel, alhoewel daar met die tweede lek 'n reukie by was wat baie sekerlik nie uit die muskadelbottel gekom het nie. Sy sit die punt in haar mond en gee 'n suig om te sien of daar nog muskadel is. ("Dit was dom. Daar is mos 'n beter manier om die muskadel by te kom.") Sy trek die vel terug en sien die hele kop uitkom. Nou gee sy weer 'n lek en 'n suig, al kan sy sien daar is nie eintlik meer muskadel oor nie. Die nuwe smaak en geur is nou meer dominant en sy is nog nie seker of dit lekker is of nie. Toe sy weer haar mond nader bring, kom sy hand vinnig en omvou die objek van haar aandag. "Meisiekind, weet jy nie jy speel met vuur nie?" Hy trek egter nie sy broek op nie en sy kan steeds die rooi kop bo sy vuis sien uitsteek. "Hoekom?" "Is jy dan onnosel? Weet jy nie wat 'n man aanvang wanneer sy penis gestimuleer word nie? Het jy niks van jou ervarings by die voorspeler geleer nie? Weet jy nie wat gebeur by sy penis wanneer 'n man kom nie?" "Dis nie 'n penis nie." "Wat? Wag 'n bietjie; wat is nie 'n penis nie en moenie die onderwerp verander nie!" "Dit is nie 'n penis nie - daardie … daardie … stuk wors wat jy so styf in jou hand vashou. Dis 'n piel!" "'n Wat?! Waar kom jy daaraan?" "Ek ken woorde en name. Ek weet mos dat 'n penis so 'n slap ou dingetjie is wat in die prentjies met so 'n bogie bo-oor die testikels hang. Skoon onskuldig. Asof dit heeltemal skadeloos is. Wat dit ook is. 'n Penis kan niks skade doen nie. Daardie … daardie ding met sy rooi kop wat jy vashou … O mag … Wat jy vroeër vasgehou het en wat ek soos roomys gelek het, is 'n piel. Dis 'n heeltemal ander ding as 'n gewone ou penis. Wat het van hom geword? Is daar fout?" "Ekskuus, maar 'n ou het 'n sekere gemoedstoestand nodig om sy ereksie te handhaaf. Om deur 'n mooi en halfkaal meisie vertel te word dat dit nie sy penis is wat hy in sy hand het nie - bloot uit selfbeskerming nè, glad nie uit skaamte nie - maar dat dit sy piel is, is meer as genoeg om selfs die mees selfversekerde man impotensie te gee. Jy is mos slim en weet wat impotensie is, nè?" Sy wil begin praat, maar bly stil; 'n glimlag vou om haar mond en sy sê: "Impotensie is wanneer 'n man net 'n penis het en nie meer 'n piel nie!" Sy bars uit van die lag en hy het nie 'n keuse nie, maar moet ook maar saamlag, veral toe sy tussen die lagbuie deur sê: "Ek hoop nie dis die laaste sien van jou piel vir vanaand nie. Die aand het nou net begin interessant raak."
LitNet: 16 Februarie 2005
Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |