Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.



  A Bagg of Hobbs

Die ongelooflike verhaal van Suster E. & ses ander nonne

A Bagg of Hobbs

Saans wanneer die son wegsink in die klipperigheid rondom die dorp en die bougainvillas tot ’n dieper perspienk verkleur, en die rankrose hoër teen die heining ópklim; wanneer die stemme uit die nabygeleë lokasie soos asbesvesels op die wind draal  ... dan maak Suster E. die tuinhekkie tóé. Sy loop statig en regop. Sy trap presies op elke plaveisel wat na die deur lei. Dié deur van die huisie aan die agterkant van die imponerende Rooms-Katolieke Kerk.

Die woonvertrek is karig gemeubileer met slegs die noodsaaklike. ’n Bank, twee stoele, ’n koffietafel en teen die oorkantste muur ’n boekrak. ’n Eetkamerstel staan ongemaklik na links: die blad daarvan is dof-groen geskrop. ’n Potjie met lig- en donkerpienk kosmosse wat volop hier groei. Op die tafel staan koppies en pierings, ’n bakkie met koekies onder ’n vuilwit gehekelde lappie. Maar dit is nie wie Suster E. is nie, dit is bloot waar sy bly. Sy en ses ander nonne.

Ek maak die tuinhekkie oop en kies koers oor die gras na die deur; klop drie keer vinnig. ’n Non in ’n grys jurk maak die deur oop. Haar oë is deurskynend blou, onder die jurk steek twee bleek stompies uit, oortrek met fyn spatsels van are. Sy wys dat ek moet sit. Iewers in die huis hoor ek ’n stem: effens skor, dan sagter en hees — Suster E. Ek staan op en loop haar tegemoet. Sy vou my hand in beide hare toe, laat dit huiwerig gaan.

“I’m glad you came; at last. Please sit down.”

“We shall have tea?”

Haar oë flits oor my swart uniformdrag — swart los hemp, swart jean, swart tekkies.

“You would rather have coffee.”

Ek knik. ’n Ander non kom in: Suster So-en-So van Latyns-Amerikaanse afkoms. Sy praat Spaans, maar ek maak geen woord daarvan uit nie. Ek kan “hallo”, “koebaai” en “calientè” (hot, sexy) sê — en dit is hierdie nonnetjie gewis. Vol mond, donker gelaatstrekke, hoë wangbene en beautiful borste versteek agter die nonne-gewaad. Ek kyk liewers weg. My oë vind die boekrak. Ek lees die titels: hier is iets van alles. Baie Bybels (obviously).

Sy wink die erg mooi non nader — dié staan nog die heeltyd soos ’n gedweë diensmaagd langs die eetkamertafel. Ons word bedien met koffie en koekies.

“I’m really glad you came to visit us. We seldom have visitors here. We keep to ourself mostly.” Sy glimlag in my oë. Hare is donker en onpeilbaar. Ek weet nie wat haar case met my is nie — miskien wil sy my bekeer?

Skielik klink daar stemme uit ’n vertrek op. Die nonne sing. Dit is vir my so mooi dat ek kan sterf daarvan. Ek het nog nooit so iets gehoor nie. Ek ken nie die taal waarin hulle sing nie; maar dis mooi — so mooi.

“They sing beautiful, my ladies — don’t you think?”

“Yes,” sê ek skor en soek my stem. Ek moet rook. Suster E. gaan staan buite by my, terwyl ons kyk hoe die son sak: ’n oopgebreekte boerpampoen op die horison. Ek trek die rook diep in en sug dit uit.

“What is it that you want to talk to me about?” vra ek.

“It does not matter now. You are here; that is good. Finish your cigarette; then we’ll talk.”

Die lug ruik na waatlemoene en pasgesnyde gras. En Sister E. ruik skoon soos ’n wit seep, Lux of Palmolive. Ek wonder of sy weet dat ek haar inasem  ...

Ons keer terug huis toe. Die nonnesang klink op uit ’n vertrek iewers in die huis. Ons gaan sit op die bank. Sy neem my hand in hare, vleg haar vingers deur myne, op en af tot daar by die stukkie web tussen my vingers. My hande is skielik natgesweet. Moet ek haar toelaat?

“Talk to me,” beveel sy.

“About what?”

“What is on your mind?”

Ek kyk weg, haal my bril af en vryf oor my oë. Wat sê ek nou? Soek, soek in my kop rond  …

“I’d like to hear what you think,” sê ek.

“No, that’s the easy way out. Talk to me.”

Ek kyk weer na die boekrak; die baie Bybels. Ek kyk na Suster E., die non. Ek skud my kop, vleg my hand los uit hare, staan op.

“Sometimes I think that words have no relevance  ... they say nothing. I cannot talk. No words. A lot of meaning.”

Ek kyk weg. My hart klop tot iewers in my maag en laer af nog. Ek wil my hand wegvat, maar ek weet nie hoe nie. Ek is bang dat ek deursigtig raak. Dat sy eintlik tog weet wat ek dink, of eerder: wat ek voel, al wil ek nie.

“Maybe you should find the words behind the words,” sê sy.

Haar hand is steeds in myne. Sy druk haar palms teen myne en kyk daarna. Skielik lyk my eie hande so vreemd, onbekend, onseker. In die agtergrond sing die nonne steeds. Sy volg ’n kronkelpad in my palm soos ’n fortuinverteller. Sy kyk intens in my oë, penetrerend (manlike woord; maar dis al wat pas). Ek wonder wat sy lees in die kaart op my hande.

“Talk to me,” herhaal sy.

Ek kyk weer na die boekrak; die baie Bybels. Ek kyk na Suster E., die non. Ek skud my kop, vleg my hand los uit hare, staan op.

Die Spaanse non kom in en sê iets — ek weet nie wat nie, maar haar stem is sag en soet. Ek weet, soos ek nie mag weet nie, dat ek haar tong in my mond wil proe.

“Life must have been a lot easier before Christianity came, before religion and culture and language,” sê ek uiteindelik. (Bloot om my gedagtes van die donkerkop weg te vat, my oë weg van haar borste te fokus. Myself te dwing tot iets soos ’n moontlike “intellektuele” gesprek.)

“I am unable to talk, I have nothing to say, I lack all the proper words, the meanings  ... ”

Ek gaan sit weer op die bank, skielik moeg.

“Maybe there is a language beyond language...,” begin Suster E. huiwerig.

“Maybe if you become free from these things that you think represent who you are, like the church, your culture and background; maybe then you will be free to use words — without dishonesty. Do you think there can be a ‘naked tongue’ — a language free from the things that bind?”

“Maybe,” sê ek. “  … Yes, it would be like the garden of Eden — but it would then have to be the tongue of the snake  ... ”

Suster E. staan op, vat my hand. “I think we have said enough. We shall talk about this again, sometime. The language beyond language does not lie within words  ... ”

Ek loop saam met haar in ’n koue donker gang af na waar die stemme van die ander nonne opklink. Ek trek denkbeeldige patrone teen die muur met my vry hand, verwag half dat dit klam moet wees; maar dis bloot koud.

Die Spaanse non vat my hand, vryf oor my arm, druk my teen haar vas in die gang. My hart klop tot tussen my bene. Iewers in my kop wonder ek oor alles, maar ek wil nie meer weet nie en ek gee nie om dat ek wonder nie. Ek is nou by die punt van wonderlik. En as dit alles bloot ’n fantasie is, dan is dit fantasties.

Die nonne sit in ’n kring en sing. Ons gaan sit in die middel. Suster E. knoop my hemp los, my arms hang slap langs my sye.

Iewers het iemand eenkeer agter ’n naaimasjien gesit en dié knoopsgate steek-vir-steek gestik, sodat Suster E. my vandag daarvan kan bevry  ... letterlik kan oopknoop.

Sy strek haar arms om my en maak ook die beklemmende bra los. ’n Non druk my terug, sodat my kop op haar gekruisde bene rus. Suster E. raak ook nou ontslae van my ander klere en strooi dit in ’n somber hopie eenkant weg. Dan vul sy haar handpalms met my borste en trek die lyne van my lippe met haar tong na. Steeds sing die engelekore, terwyl Suster E. my oorlaat aan die Spaanse non wat met haar tong in my mond speel en dit is soet en warm.

’n Ander non beur my bene oop met haar hande, saggies. Nog een vind my iewers waar ek weggesteek was. Strek verby my taal, godsdiens, kultuur; verby die Totale Aanslag op my menswees, en vind ’n ander ritme in my lyf; doelgerig en doelbewus. My rug trek krom en ek kom: weer-en-weer-en-weer

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.