Erotiek / EroticismArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Memoirs 5: Elona

Neil A Morum

Die pad tussen Rouxville en Zastron is maar redelik boring, veral as jy hom so baie ry soos ek. Oor sommige dele ry my bakkie vanself; ek kan meestal nie eers onthou dat ek dat daar bestuur het nie. (Omtrent halfpad maak die pad 'n lang, rustige draai om 'n klomp bome. Ek stop soms daar om bene te rek en agter 'n boom te staan. Dis warm daar - so warm as wat daardie deel van ons land kan word - en ek het al baie keer die sementdam - so ent tussen die bome in - met skrefiesoë bekyk. Mens sal lekker ongestoord daar kan afkoel as jy kans sien vir damwater.)

Ek het jou eenkeer saamgenooi en jy het eers maar langtand geknibbel aan my voorstel. Ek sou net 'n masjienonderdeel by ons agente gaan aflaai en dan onmiddellik weer terugkom en ek het regtig jou lekker gesels gesoek, maar jy was nie baie lus nie. Dit het beloftes van uiteet en sjokolade gekos om jou op die ou end te laat instem.

Ons het lekker gesels. Ek moes 'n klein bietjie meer moeite doen as gewoonlik (jy het my immers 'n guns gedoen), maar dit was heerlik om te filosofeer en soms om bloot net twak te praat. Die pad het onder die wiele deur gedreun en al korter geword.

Zastron was maar … wel, Zastron. Ek het afgelewer, papierwerk gedoen en toe vat ons die pad terug. Ons het vinnig die eerste bottels gegeurde water wat ons by die kafee gekoop het, kafgedraf. Dit was "darm warm" (jou sêding) en die bakkie se aircon was maar effentjies. Die volgende bottels se proppe het gewaai en toe kom die moeilikheid stadig maar seker.

Ek moes dringend agter 'n boom gaan staan! Al die water en die stamperige pad het chaos in my lyf veroorsaak. Gelukkig was my stilhouplekkie nie ver nie. Ek het vir jou grootogies gemaak en my wange opgeblaas.

"Wat gaan nou met jou aan?" wou jy laggend weet.

"Ek moet gaan, jy weet, um, GAAAN."

"Wa'entoe?"

"Nie iewers heen nie, man, net gaan. Jy weet mos, 'n draai loop."

"O. Um. Ek sien. Um. Ek ok."

Genadiglik was die stilhouplek voor ons. Ek het stadig so diep onder die bome ingery as wat ek kon en gestop.

"Ek is nou terug."

Met dié is ek agter die eerste boom in, my broek se rek af en Willehelm uit. Net toe die eerste deel van die stroom begin, druk jy jou kop om die boom. Ek het vervaard probeer afknyp en keer, maar Willehelm was besig en sou hom deur niks laat stuit nie.

"Ek het jou mos gesê ek wil sien."

Jy het stip na my spuitende orgaan gestaar en jou lippe natgelek. Jy het jou hand uitgesteek en, voor ek kon keer, jou vingers om hom gevou. Hy het half opgeruk, maar die sensasie was onbeskryflik.

Jy het hom opgelig en die stroom 'n ent verder laat spuit, toe begin rondbeweeg.

"Ek wou nog altyd my naam so skryf," het jy skor gesê.

Toe's dit klaar en ek het nie geweet wat om te doen nie. Jy het hom onhandig afgeskud (seker gesien in 'n fliek of 'n ding) en jy het hom probeer bêre, maar hy het in jou hand begin groei. Hy het dikker en langer en harder geword, tot ek daar gestaan het met 'n moerawiese ereksie.

Jy het stadig jou rompie opgelig en jou broekie afgetrek tot by jou sandale. Met 'n lomperige rondtrippel het jy hom oor jou sandale gehaak, en toe hulle ook uitgeskop.

"Steek my nou, hier, kom!"

Ek het vinnig van my broek en skoene ontslae geraak en toe na jou toe gedraai. Jy het teen een van die bome teruggeleun en jou heupe vir my vorentoe gehou. Ek het Willehelm afgebuig om beter in jou te kon ingly. Jy het stip vir my voël gestaar totdat hy in jou kwassie weggeraak het.

Ek het lanklaas 'n dosie met so 'n mooi bossie haartjies bygekom en dit het my goed opgewerk. Ek kon sien dat jy haar goed versorg: jou binnebene was geskeer en jy het jou haardriehoekie gevorm gehou.

Ons het verbete gespyker. Ek het my hande om jou boude gehad en jou teen my vasgestamp tot jy met 'n klein gilletjie jou orgasme aangekondig het.

Jy het my verskriklik hard vasgeknyp met jou vagina en my naderende komslag só in die kiem gesmoor (daar is mos so 'n knyptegniek vir ouens wat te vinnig kom …) Ek het uit jou uitgegly en voor jou gekniel om jou van naby te kon bekyk.

Jy was sopnat; jou lippies (lippe, eintlik, hulle was lekker dik geswel) was skoongeskeer en het geblink van ons sappe. Jou dooshare was kortgeknip, met die oulikste bossie net bokant die V van jou kittelaar. Ek het my hande op jou dye gesit en jou bobene effens gesprei. Toe ek my tong uitsteek en my kop nader aan jou bring, het jy tevrede gekerm.

Ek is mal daaroor om 'n lekker parratjie te eet, en as die vroumens dit ook geniet en my daarvan laat weet, sal ek aanhou solank as was sy kan uithou of aanhou. Jy het soms stil gehou dat ek al die slootjies en gaatjies goed kon bykom; jy het gekerm as ek jou knoppie of jou lippies suig; soms het jy geruk asof jy gif gedrink het (my sêding).

Toe was dit weer my beurt: ek het opgestaan en Willehelm in jou druppende kwas ingewerk. Jy was moeg gekom, maar jy het geweet ek moes nog klaarkry. Jy het aan my geklou terwyl ek jou so staan-staan geboor het.

Ek het 'n laaste keer teen jou vasgedruk; my balle het saamgetrek en my saad hard in jou ingepomp. Jy het my gesigsuitdrukking dopgehou en saam met my sulke kort steungeluidjies gemaak.

"Lekker?" het jy gevra. Ek kon net mompel.

"Nou moet ék gaan," het jy gesê. "Jy weet, GAAN." Jy het jou wange opgeblaas soos ek.

"Nou gaan dan maar …", maar ek was nog steeds in jou.

"So? Net so? Maar wat van …?" Jy het afgekyk en met jou kop gewys.

"Jy het my gesien, nou kan ek jou sien."

Jy het gebloos en toe so 'n weird uitdrukking gekry. Ek het gevoel hoe jou heupe ont-span en jou vagina snaaks word en toe voel ek die warm stroom om die basis van my voël spoel. Jy het my met groot oë aangekyk terwyl jy ons bene en voete sopnat gemaak het.

"Wow, shit, ek weet nie wat om te sê nie. Dit is blerrie lekkerrrr!" Jy het jou tiete deur jou hemp gebrei en toe weer om my begin beweeg en nog voor ek weer heeltemal 'n horing gehad het, het jy reeds gekom. Ek was uiteraard toe van voor af lekker jags en het jou afgetrek grond toe waar ek jou wild genaai het.

Ons het later laggend (want anders het ons ons doodgeskaam en -gebloos) ons t-hemde uitgetrek en ons bene in die dam gaan afspoel. Ek het jou nadergetrek en jou bene en jou skaamhare (waaraan my wit tapsels taai gekleef het), met my hande skoongewas. My voël het slap in die water rondgespoel en ek het gesien hoe jy kyk.

"Vir 'n eerste keer was dit nogal weird," het jy gesê. Ek moes saamstem.

"Wat het jou dit laat doen?" wou ek weet.

"Ek het nog altyd gewonder hoe dit voel. Julle ouens staan mos net so en dan is dit maklik; ons moet sitplek en tissues en wegkruipplek soek. Dis net baie moeiliker, en ek het gewonder. Dis al."

*

Ek bel jou as ek jags is en vra jou om baie water te drink. Dan gaan steek ek jou staan-staan buite op die gras tot jy kom en ons bene natmaak, of (as dit koud of besig is buite) is die stort die plek. Soms, wanneer jy regtig wild is, moet ek jou "afspoel" met Willehelm. Jy sê die warm spuite teen jou klit en jou lippe maak jou heeltemal gek: dalk is dit hoe roomys voel as die sjokoladesous daaroor gegooi word.

En as jy gek word, raak ek van my kop af …



LitNet: 19 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
Of stuur jou eie smaakvolle, smaaklike erotiese prosa en poësie na Ingrid Lehmensich by hygstories.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.