|
|
'n MaanligaandMichelle PitoutDie koel luggie druk die kantgordyn bol en spoel oor die twee figure op die beddens. Mariaan draai op haar sy en staar na die gordyn. Sy lig haar hand en draai die wekker na haar kant toe. Dis halftwee. "Almal slaap nou. Net ek's wakker. Ek moes nie daai koppie koffie so laat gedrink het nie. Van koffie gepraat, my blaas wil bars." Mariaan staan saggies op om nie vir Jolene te steur nie. Sy stap die badkamer binne en trek die deur saggies agter haar toe. "So, dis beter," murmel sy terwyl sy haar broekie weer optrek en voel-voel haar pad na die deur vind. Die slaapkamer is in helder maanlig gehul; trouens, die maan skyn nou op Jolene se bed. Jolene het intussen omgedraai en slaap nou lekker wydsbeen op haar rug. Haar kort slaaphempie het hoog opgetrek. Mariaan kan nie anders as om 'n oomblik na die perfekgeboude meisie te staar nie. Haar geslag druk vol teen die Franse broekie. "As ek so gebou was, het ek elke dag kaalgat geloop. Dan sou Karel Viljoen darem 'n ander deuntjie gesing het. In plek van windgat wees, sou hy kwyl-kwyl agter my loop en snuif het." Mariaan staar af teen haar lyf. Sy gly haar hande oor haar maag en knyp 'n vetrolletjie vas. "Daar's hy - die bron van alle kwaad. Maar nou ja, met 'n vetrol of twee sal ek seker doodgaan." Mariaan draai weer op haar sy en staar na Jolene. Haar blik gly weer na die parmantige skaamheuwel wat onder die broekie bult. Sy onthou dat Jolene een middag met pouse vertel het dat sy alles afskeer en glad is soos 'n vis. "Ek wonder hoe dit voel? Seker soos 'n geskeerde skaap. Ek moet dit seker ook probeer, maar sjoe, as daai skeermeslem my moet vang, tjorts ek net daar op die plek." Jolene draai half skuins en die beweging laat die broekie se rek eenkant oopgaap. Mariaan lig haar op en staar na haar vriendin se mik. "Sjoe, ek wil kyk hoe lyk dit as dit so skoon geskeer is." Sy staan saggies op en buk oor Jolene. Die maanstrale is egter so dat alles tussen haar bene in skadu gehul is. Mariaan tel saggies die flits op en luister met ingehoue asem of Jolene nog so diep slaap. Die rustige asemhaling stel haar gerus. Sy skerm die flits se lens toe met haar hand en buig laag oor Jolene. Eers dan skakel sy die flits aan. Voor haar sien sy 'n kaalgeskeerde vel, maar dis al. Mariaan skakel die flits af. "Shit, is ek mal. Wat sal die vrou dink as sy skielik moet wakker word?" Mariaan gaan sit op haar bed. Sy voel vreemd lighoofdig na hierdie gewaagde aksie. Sy voel ook vreemd opgewerk. Haar tepels punt hard teen die slaaphemp. Jolene steun en draai om op haar maag. Haar kop is nou tussen die twee kussings. "Ditsem, nou is dit beter, weer probeer …" Weer sak die flits laer af en word aangeskakel. Die straal skyn oor Jolene se boude en sak dan laer af. Die Franse broekie se een kant bedek alles. Instinktief lig Mariaan die materiaal op en vou dit om. Weer sak die flits laer en word aangeskakel. Mariaan snak sag na haar asem. Voor haar is Jolene ontbloot en die kaalgeskeerde lippe is daar in 'n hulle volle glorie. Jolene skuif haar been effens. Mariaan sak af langs die bed en luister gespanne na tekens dat Jolene wakker is. Jolene slaap rustig. Mariaan is steeds gehurk as sy weer die flits aanskakel om te kyk. Hierdie keer is haar gesig baie naby aan die voorwerp van haar belangstelling. Hierdie keer staar sy oopmond, want die lippe is effens oopgetrek. Sonder om asem te haal, staar Mariaan. Haar gesig voel vuurwarm. Dan word sy bewus van die reuk. Sy kan Jolene ruik. 'n Skoon maar subtiele vroulike reuk vul haar neusgate. Na 'n rukkie skakel Mariaan die flits af en beweeg saggies na haar bed. "O moer, ek's gek. Maar …. Wat dink ek? … Dis verkeerd! Nee wag, ek moet slaap … maar daai lippe … ek wens ek kon net aan haar vat … en haar …" Mariaan draai weg van Jolene af en probeer haar gedagtes onder beheer kry. Stadig kom haar asemhaling tot ruste. Dan word sy bewus van die swaar gevoel tussen haar bene. Sy voel geswel en warm. Versigtig voel sy na onder. Haar slaapbroek en haar broekie is nat. Vervaard ruk sy haar hand weg en draai op haar sy. Later dommel sy weg, maar slaap baie onrustig. Die son skyn 'n warm straal oor die kussing as Mariaan vervaard regop vlieg. Jolene se bed is leeg en netjies opgemaak. Gelukkig is dit Saterdag. Haar kamermaat is seker dorp toe. Koop mos asof koop verban gaan word. Skielik onthou sy van gisteraand en haar gekheid. 'n Blos verkyn op haar wange as sy weer Jolene se vroulikheid in haar geestesoog sien. Mariaan kyk deur die venster. Ou mevrou Jacobs, by wie hulle loseer, stap stadig af na haar motor. Sy gaan seker vir haar urelange brugsessies. "Ek gaan 'n laaaannnggg bad vang," mymer Mariaan as ou mevrou Jacobs se motortjie wegdreun. Sy draai die krane oop en maak die woonstel se deur toe. Sy stroop die nagrok en broekie met een beweging van haar lyf af. Haar oog vang haar naakte liggaam in die spieël. Weer flits Jolene se kaalgeskeerde geslag deur haar gedagtes. "Ek gaan sommer ook skeer," brom sy en stap die badkamer binne. Sy klim in die bad en sak weg in die warm water. Na 'n rukkie tel sy Jolene se skeermes op wat langs die bad in 'n bakkie staan. Versigtig trek sy die skeermes oor haar skaamhare. Enkele haartjies dryf op die water as sy die skeermes oplig. Sy probeer weer, maar hierdie keer krap die skeermes haar seer. "Eina demmit …" kreun sy. "Pasop, jy gaan jou baie seer maak," kom Jolene se stem vanaf die deur Vervaard ruk Mariaan haar hand weg en swaai dwars in die bad. Jolene staan glimlaggend in die deur. Bloedrooi in die gesig stotter Mariaan: "Uh … ek kyk net … jammer …" Jolene stap nader, neem die skeermes uit haar hand en steek haar ander hand uit. "Kom kammie, laat ek die joppie klaarmaak." Sy byt die skeermes tussen haar tande vas en tel die skeerroom op. "Nee, ek weet nie …" keer Mariaan. "Kom nou … ek byt nie en het 'n meisie al kaal gesien. Ek is self een. Kom dan voel jy hoe heerlik is dit." Lam en sopnat laat Mariaan haar lei na haar bed. Jolene gooi 'n handdoek op die bed en beduie dat Mariaan moet gaan lê. Sy stap na die kombuisie en kom met 'n skotteltjie warm water terug. Mariaan voel hoe Jolene op die bed neersak. Dan neem sagte hande haar aan haar knieë en maak haar bene stadig oop. Mariaan druk die kussing oor haar gesig om die verleentheid en skaamte te verbloem. Die hande verdwyn. Skielik spuit koue skuim oor haar skaamhare. Vingers begin dit invryf in die hare. Mariaan keer net betyds 'n kreun, want die vingers maak 'n vuur in haar wakker. Haar tepels verhard. Die skeermes trek die eerste haal en sy voel die lem warm teen haar vel. Die hande, die skeermes, en nou en dan die vingers wat verder skuim invryf, hou 'n ewigheid aan. "Is jy okay?" vra Jolene se stem hees. "Mmm," steun Mariaan. Die skeermes kom weer 'n keer oor haar vel. Die hande sper haar bene oop om die laaste hare af te skeer. Mariaan voel hoe haar vog stadig uit haar drup. Die skeermes raak daaraan en trek 'n slymspoor verder. Die hande raak stil. Dan hoor sy die skeermes in die skottel val. "Amper klaar … net die skuim afvee," kom Jolene se stem van iewers. 'n Warm waslap vee liggies oor haar. Skielik is die hande terug. Sy voel hoe olie aan haar kaalgeskeerde vel gesmeer word. 'n Sagte kreun ontsnap hierdie keer. Die vingers stop vir 'n sekonde, maar beweeg skielik meer doelgerig oor haar vel. Skielik is die vingers teen haar en raak byna aan die opening. Weer huiwer die vingers. Mariaan se heupe lig op na die nat vingerpunte. Die punte dring haar effens binne. 'n Warm skok ruk deur haar liggaam en ontplof in haar tepels. Sonder om verder te dink ruk Mariaan haar heupe op. Twee vingers verdwyn heeltemal in haar. Die vingers begin stadig uit en in beweeg. 'n Hand gly oor haar maag en trek die kussing stadig weg. Die vingers raak aan haar tepels. Diep binne Mariaan voel sy 'n ongelooflike drukking opbou. "Ek gaan kom …" flits dit deur haar gedagtes. Die twee vingers maak oop binne-in haar en wikkel heen en weer. Mariaan se heupe lig krampagtig op van die matras, maar plof skielik neer as die orgasme in haar oopbars. Sy ruk haar bene op en die skielike beweging maak dat 'n derde vinger in haar inglip. 'n Ongelooflike sensasie trek deur haar lyf. Kreun op kreun bars oor haar lippe. Dis minute later as sy stadig bedaar en begin besef wat gebeur het. Stadig probeer sy regop kom. 'n Warm hand druk haar terug. Jolene se lippe sluit ligweg oor haar lippe en soen haar teer. "Kammie, ontspan, dis alles okay … Lyk my ons jaar saam gaan sommer baie lekker wees," fluister sy glimlaggend.
Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |