Jaco Botha
is op 17 September 1972 gebore. Hy gaan skool op Worcester en voltooi sy tersiêre studies aan die Universiteite van Stellenbosch en Kaapstad. Verskeie van sy artikels, prosa en gedigte verskyn in publikasies in Suid-Afrika en Nederland. Sy mees onlangse publikasie is ’n bundel kortverhale getiteld Sweisbril en word uitgegee deur Human & Rousseau.
|
|
|
Kinderspeletjies
Kara nooi my om vir die naweek by haar in Pinelands te kom kuier.
Ek pas die huis van n Belgiese couple op, sê sy oor die telefoon. Hulle is nog vir twee weke in Europa en die plek is lieflik so n regte cottage-gevoel, met hoë bome, n voëlbad en n stoep.
Ek is daar voor jy kan sê coitus interruptus, sê ek, bly oor die uitnodiging. Ek het reeds lankal nodig om uit die middestad weg te kom die lewe van n vryskutjoernalis, veral een wat in Afrikaans skrywe, is n leë en honger bestaan.
Kara kom laai my by die stasie op. Syt n geel somerrok aan en ruik na sonbrandolie en piesangs.
Dis so lekker, ek lê al heel oggend en tan op die agterstoep, sê sy terwyl ons deur lanings bome met die reuk van water en gesnyde gras ry.
By n klein winkelsentrum, soos wat mens maar in hierdie areas kry, stop ons vir proviand. Kara koop kaas en Italiaanse brood by die supermark, terwyl ek n bottel witwyn, ys en whisky by die drankwinkel aanskaf. Ek glip ook vinnig by die apteek in om kondome te kry. (My en Kara se vriendskap is van so n aard dat ons elke dan en wan teen mekaar leun om staande te kan bly in hierdie strawwe land waarin ons lewe.)
Die huisie ís dan ook skilderagtig, soos wat Kara dit aan my beskryf het inderdaad cottage-like. By die hout motorhek word ons verwelkom deur die bekommerde geblaf van die worshond, Peppi. Met n lyf soos n Cadillac en n ontstellende ereksie spring hy teen ons bene op en snuffel aan ons pakkies.
Nee Peppi, wag nou eers, sê Kara terwyl sy sukkel om die voordeur oop te sluit.
Die huis is koel en neem ons in met n gevoel van gemoedelikheid en hoë plafonne. Ons sit ons pakkies in die kombuis neer en in die leefkamer skop ons ons skoene op die houtvloer uit.
Deur die middag eet ons roomys, drink witwyn en lees poësie. Ek maan myself gedurig om stadig te beweeg; om nie die gesprekke en gevoel van romantiek af te jaag en so enige latere transaksies van die liefde te bedonder nie.
Gevolglik streel ek maar Peppi se ore, praat oor my jop as vryskutjoernalis en probeer om nie te veel te kwyl terwyl Kara bostukloos in die middagsonnetjie baai nie.
So is dit nog vir jou exciting? vra Kara en draai op haar maag.
Wat? Ek gee vir Peppi n grondboontjie aan. Hy lek luierig dog dankbaar aan my hand.
Jou werk.
Werk is mos maar werk. Sou graag meer wou verdien.
Maar tog, sê sy en lig haar stem dramaties, is dit nie soortvan n roeping-job nie, die joernalistiek?
Ek sien skielik n angle en Peppi grom wanneer ek hom te hard aan sy maagvelletjie knyp. Ja, ek skat daar is iets. Maar roeping is n amper te morele term. Daar ís wel iets aan die ontbloting van n storie. Die scoop; die wow wat ons altyd jaag. Dit maak dit tot n mate bevredigend.
Iets eroties, lag sy. Sy ken my te goed.
O, sonder twyfel. Ek trek my bene tot teen my bors op. Daai storie wat ek oor die geskiedenis van die Jong Dames Dinamiek gedoen het oh baby.
En so verloop die middag in die quaint, klein huisie in die voorstad van Pinelands.
*****
Agter in my slaapkamer was daar n kas, vertel Kara daardie aand, terwyl ons voor die vuur lê. Ten spyte van die feit dat dit al diep in September is, het ons besluit om kaggel te maak, en die vlamme kombineer heel goed met ons whisky en die stem van Sting op die CD-speler.
Na die vierde whisky drywe ek salig teen die hoë plafon en kyk van bo na my en Kara, soos na twee uitspattige karakters in n sepie. Its beautiful, man, dink ek en sien hoe my karakter een van die knopies van Kara se naghemp los glip.
Maar die nice ding van hierdie kas was, sê Kara, is dat dit deurgeloop het na die solder. Amper so n Anna Frank-effek. Baie geheimsinnig.
Kan ons die tafel n bietjie skuif? vra sy later. Dit raak nou te warm hier langs die vuur.
Ek het jou gesê dis te warm vir kaggel maak, lag ek en skuif die tafel terwyl sy die blompot vashou sodat dit nie omval nie.
Sy vertel my verder hoe sy en haar vriendin Liliana as twaalf- en dertienjarige meisiekinders die dakkamertjies van haar ouerhuis in Oudshoorn verken het. Met kerse en flitse het hulle die bleek beentjies van spreeus en rotte ontdek. Dit het vir hulle n speelplek geraak waar niemand van hulle geweet het nie.
Eers het ons net daar gesit en stories opgemaak oor wie dalk al hier in die dakkamer moes weggekruip het bankrowers, geheime agente, vroue wat van heksery aangekla is. Die volgende keer het Liliana kerse gebring dit is ook sy wat die rotgeraamtes in die agterste kamer ontdek het.
Terwyl Peppi saggies begin snork en die whiskybottel al leër raak, vertel sy my van haar en Liliana se geheime en rituele.
Kom ons gaan bad, sê ek later, wanneer die luim daarna vra.
So, vra sy, wil jy nie hoor van die seks nie?
Wat de fok?
... Die kere toe ons daar sonder ons klere gesit het nie? vra sy stuitig en struikel effens oor die kombers waarop ons gesit het.
Maar jy is dan ... Julle was net babies, sê ek heeltemal te nugter.
Baie nuuskierige babies, sê Kara terwyl sy teen die trap op beweeg.
So, julle het daar kaalgat gesit met julle kerse en muisbeentjies en rotgeraamtes. Julle het julle verbeel julle is heksies? vra ek later terwyl ons saam in die Belge se bad sit.
O ja, sê sy en lig haar been sodat ek die onderkant kan skeer. (Dit was natuurlik my briljante voorstel, die skeerdery ou campaigner, lag ek in my spreekwoordelike mou terwyl haar bene al gladder word.)
Ons het towerspreuke, n brousel van my pa se likeurs en Marie-beskuitjies gehad. Wat wil n heks nou meer hê?
En wanneer het dit toe gebeur?
Die seks? vra sy.
Ek lig die skeermes en knik.
Pervert, sê sy.
Jy t die storie begin.
Ek weet nie. Ons het maar net geëksperimenteer. Maar soos kinders wat dokter-dokter speel.
Maar julle was kinders.
Kinders kry nie orgasmes nie, sê sy en bly dan eers vir n oomblik stil. Dis Liliana wat eerste gevra het of sy aan my kan vat. Toe wou ek natuurlik aan haar ook voel. No big deal, dit gebeur mos maar.
Versigtig begin skeer ek langs die sagte wit lyn wat haar bikini tydens vroeë lentebesoeke aan Clifton getrek het.
Jy sal dit nodig hê, sê sy en wys na die bottel skeerroom bo-op die badkamerkassie.
Mmm, sê ek en laat sak my gesig in die water.
Dit is nog so lewendig in my kop, sê sy later in die slaapkamer en lig haar boude dat ek haar kleinbroekie kan aftrek.
Dis n aangrypende verhaal, sê ek terwyl ek wonder hoekom mense enigsins hul nagklere aantrek as hulle weet dat hulle dit in ieder geval weer gaan uittrek. My mond beweeg stadig oor Kara se maag. Nogal n nice joppie wat ek hier gedoen het, sê ek terwyl my tong al laer oor die ronding van haar pensie beweeg.
Nee man, dit kielie, lag sy en sug. n Aangrypende storie, inderdaad. Jy mag dit natuurlik aan niemand oorvertel nie.
Maar dit druis direk in teen die eed wat ek afgelê het.
Eed? lag sy terwyl haar lyf begin beweeg.
Ek lig my gesig. Natuurlik. Dis soos die Eed van Hippokrates, maar anders as die dokters sweer ons joernaliste bloot enige vorme van moraliteit of etiek af. Al wat saak maak is die storie.
Mmm, sê sy en trek my hoër op teen haar lyf. Ek sal jou dan natuurlik moet toor.
Peppie se ereksie neem nou die lengte en omvang van n dertig-nul-ses-geweerkoeël aan. Fokkof man, sê ek wanneer hy verder met sy snoet tussen my en Kara se lywe probeer inwikkel. (Ek is so oop vir voorstelle as die volgende ou, maar  ... )
Sorrie, sê ek en sleep die spartelende worshond tot in die gang. Agter die toe slaapkamerdeur huil hy weemoedig vir meer as n halfuur.
Ek en Kara vry uitgelate. Haar lyf is glad en honger vir aanraking en plesier. Ek proe aan die fliesies tussen haar tone en vorm haar bene tussen my handpalms. Ek streel die holte van haar rug terwyl sy saggies aan my tepels kou. Ons proe mekaar se asems terwyl elkeen die spikkels in die ander een se oë probeer ontleed. Ek tart haar met klein aanrakings en skynpenetrasies. Sy trek aan my baard en stamp my voor die bors.
Dan, uiteindelik, kan ons dit nie meer hou nie en naai verbete vir n minuut of tien. Uitgeput val ons terug teen die Belge se natgeswete lakens terwyl Peppi vir oulaas sy misnoeë agter die toe deur uitkreun.
Daardie nag slaap ek moeilik langs Kara se gladde lyf. Ek droom van twee dogtertjies, besig met n kinderspeletjie, wat om my draai en vreemde spreuke in my ore fluister. Ek ruik die mufheid in die dak terwyl growwe toue om my polse skuur. Skerp naeltjies trek strepe oor my kaal bors; ek hoor rotte skarrel en spreeus kras.
In die oggend word ek met n babbelas wakker. Ek strek myself uit en stap dan na die badkamer. Deur die klein venstertjie kan ek n koejawelboom in die Belge se agterplaas sien. Ek borsel stadig my tande en wonder of hulle kinders het.
Terug in die slaapkamer gaan sit ek op die bed, aan die kant waar Kara geslaap het. Vir n oomblik kyk ek na die spatseltjies bloed op die laken en trek dan die donskombers daaroor.
boontoe
|