|
|
KaramelmanBabyMy karamelman, wie behalwe ek om hierdie komiteetafel weet van die soetheid van jou liggaam? Jy hou jou duur vulpen so saaklik oor die kraakheid van die agenda - en net ek weet van die sekuurheid waarmee jy soms oor die blankheid van my liggaam skryf met wellus-ink. Vandag hou jy jou toffiesoet-bors weggevou in 'n strepieshemp, maar gisternag kon ek die knope van 'n ander ewe vars hemp een vir een oopknoop en my palms oor jou klein tepeltjies vryf. Gisternag. Toe jy by my voordeur ingeloop het met die bekendheid van 'n inwoner byna, en my nadergetrek het sodat jy my uit die kantoorrok kon haal vir jou om 'n terstonde slet te word. Met elke knoop wat oopgeknoop is, het my dye meer vloeibaar en sagter geword, en toe die blou rok en wit onderklere van my val, kon ek nie verhelp om dit as simbolies te sien van die weereense val van rasse-andersheid en die kantoorbeleid nie. Oor die klerehopie het ek net so maklik getree soos oor die eerste lippe-offer van my wit stamboom aan 'n Hindoeman. Hierdie bloed wat so roep na jou lieste as jy steeds in stilte jou bruin oë op my liggaam hou terwyl jy tydsaam jou mansjetknope afhaal - bedrieg dit dalk my konserwatiewe moeder? Sal sy ooit weet van die onstuimigheid van behoefte wat uitspring in my tepels terwyl ek kyk hoe jy jou hemp uittrek, dit stil oor my oupa se riempiestoel sit? Sal sy weet dat ek geen keer het aan my asem en hart wat nou skaamteloos begin jaag nie? En steeds hou jy my dop uit dieselfde oë wat seker 'n generasie gelede oor toonbanke en rolle roksmateriaal met dieselfde voorbedagte rade laat kyk het na my ouma - en dalk my eie ma? My Lief, ek weet nie waarom ek altyd moet tjoep-tjoepstil staan sodat jy elke draad klere van jou ook afhaal nie, want ek kan vir jou so mooi vertel hoe daardie lyf my lok en laster teen my eie onbedwange lus. Maar ek doen soos dit vir ons goed is. Hoe slettig is my wit liggaam nie as ek sien hoe jou manwees gereed is vir my nie. Die hek na Inhibisieloosheid en Vooroordeel is nou omgestamp, en ek loop onbevange in my Lief se hande in. O! Om daardie donker manlikheid vir die eerste keer in my mond te neem, en my tong oor die gladheid te vryf! Om met my hande oor daardie bruin dye te vee, om my twee hande soos leë bekertjies te laat gly tot teen die klein, soepel boude, en om die twee netjiese saadballe in my hande te voel … dis die mooiste toetree tot oorgawe waarvan ek weet! En om dan op te staan van my knieë voor my Lief, met my stywe tepels teen sy bene op te vee, oor sy manlikheid, oor sy naeltjie, en om my mond vir sy tong oop te maak en toe voel dwing met dieselfde vreugde as waarmee sy vingers my liefdeslippe oopmaak, is soos koel marmervloere onder koors-sole. My Lief hou sy liggaam se honger onder bedwang terwyl hy die eers-skaam pêreltjie vind tussen my dye en dit tot dwingende pit van 'n nat, nat, en oorryp liefdesvrug vee en streel. Met klein kringbeweginkies bly sy vinger pols-pols oor my klitoris terwyl hy met sy warm en nat mond oor my voorkop, dan my wang, dan my nek, dan my hals en dan Goddank! dan my tepels speel. Oor my tepel sluit hy sy lippe, en soog hy my van enige ordentlikheid in die trek-los-trek-los van tande, en lippe. En skielik wil ek uit oorvloed sensasie vir my beminde dieselfde gee as wat ek nou ervaar - en lei hy my tot voor die spieël in my kamer; draai my om sodat ek 'n afloerder is wat na twee mense kyk wat gereed is vir doodgewone volbloed naai. En skielik is Hindoeman en Afrikanervrou ewe aardsjags, en is daar geen keer aan die sterresproei van heerlikheid as hy my effe vooroor buig sodat hy my gemaklik kan penetreer nie. Geen eksklusiwiteit aan die ritme en die warm wrywing van twee liggame nie, geen verskil in die taal van ongeduldige stu teen klimaks nie. 'n Niksheid wat alles behalwe polsende geslagte verteer - en wat roep! roep! na verlossing. In die spieël sien ek die rooi rosies wat my Minnaar se lippe op my skouers los, en sien ek hoe my borste soos dik vla deur sy vingers mors terwyl ek my rug krom maak om hom dieper en digter toe te laat aan my liggaamskern. As ek op my wit linnelakens teruglê, en my Lief innooi, staan my vrug in donkerrooi verwelkoming, en gly die donker behoefte met daardie sekere verlossingsbelofte so diep en so glad in dat ek voel hoe die pit van daardie lustige vrug oper en oper bars. As my laaste heining meegee, en ek verswelg raak in 'n eindelose papawersekstase, voel ek hoe my Lief se bruin heupe dwingender raak, en sien ek in sy oë dat hy nader en nader aan sy eie afgrond beweeg … maar hy trek homself eers uit my oorvloedpoesie, en trek vir my 'n sigbare nat verbond van poesie tot pram waar hy sy vrugtige staf tussen my borste laat rus vir die voortstuende ritme van sy kruis. Hoe roep my eie nattigheid nie na daardie heerlikheid wat nou in my borste nestel nie! En my Minnaar lig sy liggaam effe-effe om plek te maak vir my hand se pad na my eie tweede beloning, en dat gierigheid van die hele pakket eerder bevredig sal word as ek soos 'n kind op die skoot getel word en homself dieper as ooit laat ingly. En as my beminde se toffie-oë nat raak, sy mond versag tot soete waansin, dan lig ek my poesie vir die volgende offer en neem ek elke druppel semen van die Hindoeman wat ek liefhet, en wat niemand nou, om hierdie tafel, kan vereenselwig met 'n oorgawe van sinne nie. Sou iemand gesien het hoe hy sy hand onder my romp inglip net voor "Matters arising from the previous minutes"?
Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |